Gekombineerde duet in TGW struktuur

Verwysing: 
*Mel het 'n uitdaging vir 'n duet gegee. Tema moes handel oor 'n historiese persoon(e).

Ek en Outop het die TGW (toevallig gevinde woorde) in gedigvorm ingespan. Die laaste woord moet 'n beeld weergee (slegs een woord) afgelei uit die titel van die gedig. Die lengte van die reëls word stelselmatig minder soos die sand in 'n uurglas.

Pret met regse figure uit die verlede ('n *TGW bydrae)

Vir die saak of vir die sak - vra die man in die straat want
helpmekaar was mos eigentlik maar net suutjies praat
vir melkmekaar, en daar het saamvou en saamrou
mooitjies maats geworre; ons was toe ieder een
mos eers verward, toe verwarder en heelaas
die mees verwoerdste nasie in ons eie
geliefste ou V(err)aderland
berig De Buiger nou;
en almal is toe so
verlig!

*toevallig-gevinde-woorde in koerante deur Meraai en Jan Anderland