Verwysing:
(Met dank vir die leen van jou beskrywende woorde Zymrly)
* 'n Droom is die stem van môre wat jou roep om op die uitkyk te wees vir dit wat wag.
* Teken die drome van die nag aan, sodat die drome van die dag 'n plek het om vervul te word.
* Skemerdag of Donkernag, drome vat my heen op reise.
*Drome laat my swerf oor kontinente en oerwoude, wat net in die geestesoog gesien kan word.
* Donkernag of Skemerdag in drome kan ek veilig skuil.
* Drome kan jou sonder vlerke laat vlieg.
* Sonder woorde laat bieg.
* Drome laat jou sonder 'n stem bely en sonder ore kan jy die fynste musiek hoor -
sonder om jouself in realiteit te verloor.
* Donker en skemer huisves drome waar veilige vestings vir my wag.
