Beskrywende Woorde: Onstabiel (Muishond)

Verwysing: 
(Met dank vir die leen van jou beskrywende pragwoorde Muishond)

* 'n Hart te rowwe waters ...

* ‘n Siel op soek na ‘n eiland ...

* waar seerkry ‘n gerug is ...

* ek wandel in donkerte ...

* waar hoop net ‘n klug is ...

* ‘n hart aan skerwe ...

* ‘n verlore begrip van herstelling ...

* ellende my roeping ...

* verlange ‘n hartekreet ....

* waar ‘n traan tot ‘n stofwolk in die hede vergaan ...

* want die dood roep tot elke gevoel ...

* gister vergaan ...

* vandag verlore ...

* die môre wat op my wag so onsuiwer, vertroebel en vertraag ...

* herinnerings laat my klou aan ‘n gister wat nie meer is ...

* laat my uitsien na ‘n môre wat nooit meer gaan wees ...

* my verskoning is my naïwiteit ..

* my redding is my blindheid ...

* hoop het my ontgaan ...

* ‘n seer so ongeneesbaar ...

* selfs die uitkoms lyk vaal ...

* ‘n hart aan skerwe, verpletter en vertrap.