Verwysing:
(Met dank aan Annie vir die aandra van die pragtige beskrywende woorde)
My hart dreun soos 'n 100 vel oorgetrekte dromme ...
deur swetende lywe hul oorwinningslied ...
en bloedbevlekte assegaaie uitbasuin ....
vrees grynslag uit die suisende bome na my ...
rukkende tent-flappe gryp na my siel ....
biskruit snoer my keel ...
sweet in my verblinde oe ...
en gebed tot God ...
'n baba se roggelende gil ...
dis 'n spies wat my saamsleep ...
saamsleep deur die dood na die lewe ...
Gelofte dag, Here, gekeer in my land, maar nooit in my hart.
