BESKRYWENDE WOORDE WAT LAG/JUBEL/HUPPEL OF ONDEUND IS

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel vir nog ondeunde /lyne verse.
Verwysing: 
Met dank aan al die skrywers wat bydrae tot hierdie afdeling in ons boek van woorde.

WOESTERS SE VERSIES WAT JUBEL/LAG OF ONDEUND SKITTER:

Sussa se versies wat sprankel van ondeundheid:
My arm woorde kan nêwwenie sê
Hoe diep my liefde vir jou lê!

My goeie Pa het jou mos uitgebid
toe ek op straat… allenig sit!

En sedertdien het ek gesien
Hoe rég was jy vir my:

Jy maak my hartjie baie bly
…en kàn jy lekker vry!
©

Sussa: 'n Jollie rympie

Daar's 'n honger en 'n hunker
veel groter as ekself
om die skone kunste
en diepste digwerk
oop, ja oop, te delf.

My vingers brand en jeuk al,
dit tintel in my bloed:
oor net ses soete slapies
gaan ek die skool
mos groet!

Ek weet ek gaan 'n traan stort
want koebaai is mos maar seer,
maar as die klieng-klok klang lui,
sal niks my meer kan keer!
©

Natasha Dutton:
Jou wannabe!
Jou humorlose hippie!
Jy's lelik, gehoor?
Dis net omdat jy jouself inkleur dat jy nie so
bleek-doodgewoon
vertoon.

Sjoe!
Check daai gat!
Waar's jou nommer plaat, juffrou bus?
Is jou hempde weer te klein?
Oorweeg rent-a-tent!

Ai,
hoe belaglik raak die mens
as ons voor die spieël gaan sit.
Hey, Vettie, jy wat terug staar,
jy's net jaloers want ek sit hierdiekant
en jy sit vas, daar...
©

Piet Magriet:
Ek sit hier bo en kyk af op jou,
En ek weet ek is beter af as jy.
Dit is nou seker nie so lekker vir jou,
Maar ek is bly ek is beter af as jy.

Ag, ek is so jammer vir jou,
Jou pa het jou gemoer en
Jou ma het jou gevloek.
Ag shame my vriend ek sien jou las.

Maar ek was darem beter af as jy,
My ma het my gemoer en
My pa het my gevloek.
Ag shame my vriend wat ‘n las.
©

Flaf:
Mans is magic

Gesels maklik
Ongekompliseerd
Oop
Intens
Eerlik
Opreg

Of is dit ‘n illusie?
©

Blikkies:
Koos Kombuis
Ou Koos Kombuis sit in 'n hoekie
Op sy skoot lê 'n baba doekie
Sy het vergeet van die pil
Nou sit hy met die kak spil
Hy wou mos vry in donker hoekies.
©

* Met Apologie aan Koos Kombuis. Sy boek "Die geel kafee" het my inspireer om die limerick te skryf.

Robelle:
Lekker gevry

Ag maar die lewe is so swaar
party honde is gelukkig sowaar
die ander dag vertel Flekkie my
hulle slaap sommer op die duvey

By die 'Doggie parlour' word hul getooi
met 'n strikkie in die hare, so mooi
ek weet, want Tessa kom wys altyd vir my
die laaste keer het ek dit sommer afgevry

Jis, haar ma was kwaad en skree 'VOETSEK!
Ek skrik so groot ek hol uit by die hek
ek weet nou nog nie wat het ek gedoen
ek wou haar maar net op haar bekkie soen

Eendag, toe haar ma nie sien
gee sy vir my wat ek verdien
sy roep my“hey, sexy”!, kom hier
een van die dae is jy Pa, my dier!

Drie en vyftig dae later
verloor ek my knater
almal is nou die m..r in vir my!
Maar dis SY! Sy't my dan verlei
©

Kwagga: Ek wil jou verf

Ek wil jou verf in jou nek
met die lipstick op my bek
ek wil my hare oor jou streel
ek gaan jou glad nie verveel
ek trek jou al hoe nader
so raak dit al hoe later
ek voel jou hande op my lyf
ek steel jou soene deur my kuif
ek voel so lekker dronk
as ek so ongeveer oor jou pronk.
©

Rina Greeff: Slaaptydstorie

Ek kyk op.

Met ‘n koppie tee en
‘n siestog-is-jy-baie-moeg?
se jammerkry-gesig
staan hy langs die lessenaar
by my, tussen die chaos van boeke,
lêers en rondgestrooide,
verfrommelde bondels papier.

Ek sug.

“Kom, “ sê hy, “Kom lê
so ‘n bietjie toe-oog
in my arm en ek lees
vir jou ‘n stukkie, ‘n ietsie mooi
vir so ‘n rukkie sodat jy kan ontspan.
En…,” glinsteroog
daardie oog van hom,
“Miskien, net dalkies sal die feëtjies
jou werk hier vir jou kom doen.”

Ek kén ook ‘n stoute kabouter
as ek een sien;
miskien dié een
wat my hare,
my voorkop nou soen…
©

WOORDE WAT LAG/JUBEL/SPRANKEL OF ONDEUND IS:

SueEe

*Begin

*Giggellag

*Roomysgeluk

*Somer

*Voëlvry

*Kinderlaggie

*Lentebloeisels

*Geluk

*Vriende

*Braaivleis stories

*Kuiergenot

*Liefde

*Vrede

*Samesyn

*Wyn

*Mense

*Sterre

*Groen

Mcf:
*lagwekkend

*stik - stik van die lag

*Hy lag of hy betaal word

*hartlik lag

*slap - jou slap lag

*boggel - Ek lag my 'n boggel

*suurlag - asof hy asyn gedrink het

*lagspiere - jou lagspiere prikkel

*lekker - wie laaste lag, lag die lekkerste

*boer- lag soos 'n boer wat tandpyn het

*skapie/papie - hy lag hom 'n skapie/papie

*uitbundig - uitbundige lag van vreugde

ONDEUNDE WOORDE/LYNE:

Maryna:
* Leë - empties

* Poefies in jou spoor en gly huistoe!

* Kom ons maak soos beesmis: val in die pad (kom ons gaan)

Naas:
*Ek weet nie meneer.

* Waar's Naas? Naas is nou net hier uit met 'n visstok en 'n wortel. Ek dink hy het gaan donkies jag op die nationale pad.

Aspoesterjie:
Ek was ook al in die Kaap en ek dink nie Oom Naas gaan donkies op die nasionale pad kry nie, behalwe daar op die N2 na die R300 afdraai. Die naaste wat oom daar aan donkies gaan kom is die esels wat die Taxies bestuur en hulle gaan nie vir 'n wortel stop nie.

Jan Olivier:
Aspoestertjie, ek hoor die WNNR het navorsing gedoen en gevind die meeste taxi ongelukke word veroorsaak deur die moer wat die stuurwiel vashou

Annie:
Waar's Naas? Hy het vis geëet toe vang die kat hom / Hy het appels gaan pluk, toe loop hy weg saam met die slang.

Is hy nie hier nie? Kom kyk hier in my laai. [dis nou as iemand kan sien hy is nie in my kantoor nie]

ONDEUNDE WOORDE OOR DIE WIND:

Vossie:
Vandag het dit weer 'n vlooi uit die hond se *** gewaai! (skoonpa se sêding)

Flippet! Vandag het my hond weggewaai!

Naas:
Watter soort hond het jy gehad Vossie? Was dit dalk 'n Rondwaailer?

Hier by ons het die suid-oos so hard gewaai dat die hoender dieselfde eier vier keer gelê het.

bertha badprop:
*Poepelamasiekie (daar was so hand speletjie - poepelamasiekie (uitgespreek poe - pe-la-ma-sie-kie en elke keer as ek die knaap se naam moes sê het ek tone-om-krul gelag.)

*Kieliebakkie (die ander woord wat my tot laat in die aande laat giggel het was die term kieliebakkie...miskien giggel ek maar net omdat ek in der waarheid kielierig is...)