N a soveel jare kan ek nie glo dat ek my so geheel en al misgis het nie. Ek glo mos mense het meer meer goed as kwaad in hulle, dus het ek gewoonlik verby laasgenoemnde gekyk , die kwaad.
Arendsnes se Blog
Swerftog van agt-en-dertig dae deur Namibia: Deel 2
Dis die vinnigste wat ek nog ooit daar gehelp is. Daar heers ‘n ontspanne atmosfeer ook by die doeane beamptes aan die Namibiese kant.
My liefste Kind "Letjie"
Mis jou net soos ‘n moederhart kan
Wens ek kon als verban
Wat seer in jou lewe bring
En liefs geluk, wysheid en voorspoed
In jou bestaan verstring.
My hart is seer, kring meer en meer
Danksegging
Yahweh, U is my Skepper en Maker
Deur my hele lewe is U altyd daar,
nie net tye swaar of gevaar
U lig laat my lewe
en soms soos 'n arend vry
in die lug swewe.
Uitgestelde Afskeid...
.
Ek sien hom kwyn
Herkennings glans in sy oë
verdwyn.....
Sy mond skeef oop
dowwe kykers wat vra
waar is ek nou ?
Wie is ek en waarheen
moet ek gaan ???
Waar's my ma en pa ?
Troos in Lewensgedagtes
Lewensgedagte .
Elke dag is die Lewe soos ‘n boom,
Blare val af, nuwes groei uit.
Wat is die mens se lewe tog ?
Een jaar is soos ‘n breukdeel van ‘n sekonde…
HISTERIE VAN DIMENTIA; EINDE 24 Maart 2008 Paas Maandag
Nou ja, alles het 'n begin en einde, net dat ons nooit weet wanneer en hoe sekere fases in ons lewe sal eindig nie.
My sielsmaat het vertrek na sy ewigheidsbestemming.
'n Vinnige heen en weer, 2444km later Deel: 2.
Daardie aand, nadat ons bagasie afgedra is, het alles rustig geword, behalwe dat ek nie dadelik aan die slaap kon raak nie.
'n Vinnide heen en weer, 2444km later.
Wat 'n ervaring wat dit nie, 11:30amper middag het ek uit die Strand vertrek,met net een gedagte in my kop, vanaand moet ek in Henneman slaap. Kom wat wil,al is die pad hoe besig, hierdie pelgrims
Sommer net ek wat gesels
Die tyd het gevlieg van dat ek my laaste blog geskryf het. Vanaand het ek lekker met my Boeta gesels wat in die noorde van Mozambiek bly. Dit knor maar daar.
Histerie van Dimentia: vervolg 24 Oktober 2007
Dit is vyf en twintig voor vier donkernag en ek is weereens op nagwaak. My maat slaap nog nie. Die vorige nag het dit ook so gegaan. Lyk my dit gaan 'n marathon week vir wakkerbly wees.
Die histerie van Dimentia : vervolg 23 Oktober 2007.
Maandag is verby. Ek wou so graag vroeër by my blogh uitkom, maar verniet. My maat is nogsteeds wakker. Dit was 'n rowwe dag . Hy was baie deurmekaar en is nog steeds.
Die Histerie van Dimentia: vervolg 21 Oktober 2007
Gisteraand was natuurlik 'n groot aand vir my maat, het vroeg middag al kom vertel hy wil stort voor die rugby begin.
Die Histerie van dimentia:. vervolg 20 Okt 2007
Ek het vannag min geslaap en vanoggend vroeg wakker geword.Vir my kat, 'n opregte persiese wyfiekat met die naam van "Ploesie", probeer groet maar sy het net verder geslaap.Natuurlik, want sy het net
Die Histerie van Dimentia
Ek gaan met julle 'n verhaal deel wat nog lank kan voortgaan of dalk net so kortstondig kan eindig.