Jannietoor se kantoor
Spinnekop
Nou's dit sommer stil hier vandag.
Elk geval, ek sal maar blog:
"Weet jy hoe lyk 'n knoopies spinnekop?" Vra ek haar.
"Waar?" Sy sit hoër op in die bed.
"Buite in die tuin."
Waneer is dit onkruid?
Ek pluk die anderdag so blommetjie wat op ons gras grooi en gee dit vir my anderhelfte met 'n moewiese smile.
"Vir wat gee jy my onkruid?" Vee sy die smile van my gesig.

