Braai in die baai
Braai, wat 'n eg Suid-Afrikaanse aktiwiteit, en nes die hordes daar buite wat graag daarin deel, is ek en my gesin geensins anders nie.
Gedurende my verblyf in Port Elizabeth, het ek en my jonger broer 'n woonstel gedeel en graag gebraai as die weertoestande begaafd was. Sien, ons is van die binneland, so die aanpassing en aanvaarding van die wind en vog in die lug was soms maar moeilik. Kleinboet het graag na die taai, klewerige gesig en hare verwys as 'n toffie appel gevoel. Mettertyd het ons selfs die wind trotseer, ongeag van hoe ongurig dit was, want ons tradisie moes voortgesit word. Kom wind, weer of wat ookal. Maar juis as gevolg van die wind is die inwoners van die baai nie juis kranige aanhangers van die plesierigheid nie. As, vonke en alles wat geskep kan word met die wind beland in oë en ore. Maar ons is gebore Gautengers en laat ons nie stuit nie.
Op ‘n Vrydag, laat middag, keer ons terug na ‘n dag se arbeid. Moeg geploeg en swak gewroeg by die werk. (Dit klink na 'n boerdery, maar dis verkope en kleinhandel, en om te spit in die veld of op kantoor is om te ewe. Miskien nie in fisiese moeite nie, maar julle weet seker wat ek bedoel. My pen is die spitvurk en die komper is my John Deere) Die wind lyk darem toegewend en gelukkig het ons braaivleis om oor die kole te haal. Ons slaan die bereidings vlugtig aanmekaar, van musiek tot opslaanstoele, en daar gaan ons. Met die vuurtjie wat lekker knetter en die gemeng van afrikaanse musiek snitte en soms iets vanuit die 80’s wat die agtergrond verkleur, het ons ‘n makietie van twee, en ons gee nie om nie, ons raas soos ‘n hele span. Elk neem ‘n verversing in die mout afdeling en pomp die musiek ou maat! En so verloop die ‘VIP’ verrigting vir ‘n wyle, heel feestelik.
Ek het ‘n flater wat homself ten toon stel wanneer ek op okkasie miskien iets onder die proppie of vanuit die vaatjie neem… Ek raak ‘n kranige knaagdier, met ‘n allemintige hongerte wat knop trek op die magie. Na so een blikkie ‘hobbs’ brul my maag toe ewe ongetem vir my, en lê ek weg aan Simba skyfies en dies meer. Maar later het ek al die peuselhappies kafgedraf, en skarrel op woonstel toe vir iets om die onplesierige geneul op die pens te bekamp. “Waar’s die chips?” vra ek aan kleinboet, en dié laat weet dat ek reeds ons voorrade uitgeput het. Na my soektog deur ons yskas en die kaste was daar toe een redelike opsie: Grondboontjie botter broodjies. Ek pak ‘n paar snye brood uit, pleister die menere toe met ‘n dik laag skippy, en trippel weer na onder.“Ouwie! Wat is daai?” (Dis 'n bynaam, afkomstig van my naam) “Dis my snacks”, glimlag ek breed, en nadat hy homself te pletter gelag het, doen ons voort met ons kuiertjie. Later betrag hy my vermakerig soos wat ek met die een hand aan my ‘boer-maak-‘n-plan-knibbel-bedryfie’ hap, en met die ander, nog ‘n slukkie koring water afwerk. “Hahaha! Ouwie, jou chassis werk mooi man, daai ding sou my al lankal sooikoors gegee het!” En die feestelikheid duur voort…
Later is dit goed skemer en nadat ons al die hout in die vuur gewerp het, het ons besef dat die vlamme met hul helder oranje geflits ons lus maak vir ‘n selfs groter vuur. Ons wil ‘n kampvuur hê! Maar ons hout is gedaan… Ek trek toe ‘n stel afval-houte uit die tuin en ons stook die goed aan die brand. Maar dis soos ‘n kind wat lekkers geproe het voor ete, en ons wil nog hê! Nóg vuur, nóg hout! Ons raak soos besete houtkewers en maak jag op al wat ‘n plank, tak of stomp is. As ek nog ‘n paal uit die tuin te voorskyn bring, word ek eers geprys vir my bevinding, voordat kleinboet die groottes met mag middeldeur trap soos ‘n krygsvegter van ouds. Die kleines was dalk om die tuin te versier en om die grens van beddings en grasperk te skei, maar ek is nie seker nie. Alle geval, daar staan die vlamme hoog en dit lyk of ons gaan jag maak op die groot vyf. Die motorhuis se agterdeur was by ons braai area, en dié het so ‘n hout deurstopper wat waarskynlik die ding moes oophou op tye. “Woefff!”,blaf die blok toe ons hom in ons bosvuur dompel en ons oge blink in verwondering. “Wag, ek kry nog” sê my gretige broer, en mik vir die landheer se hout heining. “Hahaha! Nee wag, ons kan die ‘picket fence’ ‘n ander keer offer”, lag ons saam. Alte lekker die geselligheid!
Mettertyd is die vleis op die rooster en ons het ons eie Spur aan die gang. Die vleis word geklits met lekkende vlamme en ons is in ons element. Maar ‘n mens klets oor alles en nog wat, en as daar skielik stilte heers, dan kyk jy rond. En daar word ons bewus van ons buurman se wasgoed op die lyn. Ons ‘window shop’ toe sommer en bekyk die spulletjie. Ek vind nogal aanklank by ‘n effe af-ertjie groen hemp met ‘n spinnekop op. Ek laat nie op my wag nie en trek die ding van die lyn af en dra trots my nuwe item. Kleinboet is verheug oor my seleksie en goeie smaak, en dadelik word ek meneer PE vir ‘n aand. Fotos word geneem en die joligheid op geleende klere duur voort tot laat…
Na ons makietie was ons salig onbewus van die onverklaarbare dinge wat verlore kledingstukke en hout tot betrekking gehad het. Gelukkig het ons na so ‘n week die hemp terugbesorg. “Die wind het hom afgewaai en ons het hom in die tuin ontdek”, was die verduideliking. En omdat almal die wind daar ken, was die verskoning goed genoeg.
Ons braai nog wanneer ons bymekaar kom, en almal is welkom. Geleende klere en al...
coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags