Piet Magriet:
2 Konings 5 vers 25 Vanwaar Gehasi? En hy antwoord: u dienaar het nêrens heen gegaan nie.
Die gesegde word spottenderwys gebruik wanneer iemand uit die bloute verskyn.
Aangedra deur Meraai vannie baai:
Drukking van die melk bring botter voort, en drukking van die neus bring bloed voort, en drukking van die toorn bring twis voort.
Hy wat saam met 'n dief deel, haat sy eie siel; hy hoor die beswering maar openbaar niks.
As 'n mens sy slaaf van jongs af verwen, word hy op die end ondankbaar.
'n Heerser wat luister na 'n leuenagtige woord, sy dienaars is almal goddeloos.
Hy wat 'n mens teregwys, sal agterna meer guns vind as hy wat vlei.
'n Man wat sy naaste vlei, sprei 'n net uit voor sy voetstappe.
Wie die opregtes laat verdwaal op 'n verkeerde weg, sal self in sy eie kuil val; maar die die regskapenes sal die goeie beërwe.
Die hebsugtige verwek twis.
'n Koning hou deur reg die land in stand, maar 'n man wat belastings afpers, verwoes dit.
Die roede en die bestraffing gee wysheid; maar 'n seun wat aan homself oorgelaat word, steek sy moeder in die skande.
'n Opvlieënde man verwek twis, en 'n driftige man is ryk aan oortreding.
Manne wat spot, bring 'n stad in oproer, maar die wyse bring die toorn tot bedaring.
Die trotsheid van 'n mens verneder hom, maar die nederige gees sal eer verkry.
Die vrees vir die mens span 'n strik.
Wie sy land bewerk, het volop brood; maar hy wat nietighede najaag, het armoede volop.
'n Betroubare man is ryk aan seëninge; maar hy wat haastig is om ryk te word, sal nie ongestraf bly nie.
Laat 'n ander jou prys en nie jou eie mond nie; 'n vreemde, en nie jou eie lippe nie.
Swaar is 'n klip, en die sand het gewig; maar die ergernis oor 'n sot is swaarder as altwee.
Woede is wreed, en toorn kook oor; maar wie kan voor jaloersheid standhou?
Openlike teregwysing is beter as verborge liefde.
Die wonde deur een wat liefhet, is opreg bedoel, maar die soene van 'n vyand is oorvloedig.
'n Versadigde siel vertrap die heuningstroop, maar vir die hongerige siel is alles wat bitter is, soet.
Soos 'n voël wat ver van sy nes af rondvlieg, so is 'n man wat ver van sy tuisplek af rondswerwe.
'n Aanhoudende gedrup op die dag van 'n stortreën en 'n twisgierige vrou is net eenders. Wie haar teë hou, hou wind teë, en sy regterhand ontmoet olie.
Die smeltkroes is vir die silwer en die oond vir die goud, so is 'n man volgens die roem wat hy geniet.
Al stamp jy 'n sot in 'n stampblok tussen graankorrels met 'n stamper, sy sotheid sal nie van hom wyk nie.
'n Wyse bestraffer by 'n oor wat luister, is 'n goue ring en 'n goue sieraad.
Deur lankmoedigheid word 'n vors oorgehaal, en 'n sagte tong verbreek die gebeente.
Sit jou voet selde in jou naaste se huis, sodat hy nie van jou genoeg kry en jou haat nie.
'n Slegte tand en 'n voet wat swik, so is die vertroue op 'n ontroue in die dag van benoudheid.
Die noordewind bring 'n reënbui voort, en die tong wat agteraf praat - kwaai gesigte.
Om te woon op die hoek van 'n dak, is beter as by 'n twisgierige vrou en 'n gemeenskaplike huis.
'n Afgebreekte stad sonder muur, so is 'n man wat sy gees nie kan inhou nie.
Soos sneeu in die somer en soos reën in die oestyd, so pas eer nie by 'n dwaas nie.
'n Sweep is vir 'n perd, 'n toom vir die esel en 'n roede vir die rug van die dwase.
Soos die bene van 'n lamme wat slap afhang, so is 'n spreuk in die mond van 'n dwase.
Soos 'n hond wat na sy uitbraaksel teruggaan, is 'n dwaas wat sy sotheid weer ophaal.
Die luiaard is wyser in sy eie oë as sewe wat verstandig antwoord.
Die verwerwing van skatte deur 'n valse tong is 'n verwaaide asem - dodelike valstrikke.
Huis en goed is 'n erfenis van die vaders, maar 'n verstandige vrou is van die Here.
'n Deur draai rond op sy skarniere, so 'n luiaard op sy bed.
Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.
Grysheid is 'n sierlike kroon; dit word gevind op die weg van geregtigheid.
Kindskinders is 'n kroon vir grysaards, en vir die kinders is hulle vader 'n eer.
Beter is 'n stuk droeë brood en rus daarby as 'n huis vol offermaaltye met getwis.
Die begin van 'n onenigheid is soos water wat jy laat deurbreek; daarom, laat die twis vaar voordat dit losbreek.
Sagtheid van tong is 'n lewensboom, maar valsheid daarin is verbreking in die gees.
Stralende oë verbly die hart; 'n goeie tyding maak die gebeente vet.
Deur liefde en trou word die skuld versoen, en deur die vrees van die Here wyk 'n mens af van die kwaad.
Deur gebrek aan hout gaan die vuur dood, en as daar geen kwaadstoker is nie, bedaar die twis.
Soos kole die gloed en hout die vuur laat opvlam, so is 'n twisgierige man om 'n twis aan te hits.
Gedra jy jou slap in die dag van benoudheid, dan skiet jou krag te kort.
Soet is vir die mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.
Hy het 'n pynboom geplant, en die reën het dit groot gemaak.
En hulle sal uitspruit tussen die gras in, soos wilgerbome by waterlope.
Hy wat hom besig hou met as, 'n bedroë hart het hom verlei.
Dink nie aan die vorige dinge nie, en slaan geen ag op wat vroeër gebeur het nie.
Gee jou krag nie aan vroue of jou omgang aan die wat konings uitroei nie.
Maak jou mond oop vir die stomme, vir die regsaak van almal wat wegkwyn.
Wie sal 'n deugsame vrou vind? Want haar waarde is ver bo korale.
Sy sorg vir wol en vlas, en sy werk met gewillige hande.
Sy is soos die skepe van 'n handelaar - van ver af bring sy haar brood in.
Sy omgord haar lendene met krag en hou haar arms stewig.
Sy brei haar handpalm uit na die ellendige, en sy steek haar hande uit na die behoeftige.
Sy is nie bevrees vir haar huisgewin vanweë die sneeu nie, want hulle dra skarlaken stof.
Sterkte en eer is haar kleed, en sy lag oor die dag wat kom.
Haar mond maak sy oop met wysheid, en vriendelike onderrigting is op haar tong.
Opmerksaam gaan sy die werksaamhede van haar huis na, en die brood van die luiheid eet sy nie.
Die bevalligheid is bedrog, en die skoonheid is nietigheid; 'n vrou wat die Here vrees, sy moet geprys word.
Gee haar van die vrug van haar hande, en laat haar werke haar prys in die poorte.
