Woordeboek

EINDE VAN DEEL EEN VAN ONS WOES WOORDEBOEK

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing: 
Met spesiale dank vir elke skrywer wat toestemming verleen het dat ek spore op jou erf kon trap en jou woorde oes. 'n Baie groot kniebuig ook vir Stof vir die vermelding en aanwysing na die boekie van woorde onder die SA kunstenaars. http://www.kunsnuus.co.za/kunsnuus/090413ns.htm

Vir een jaar lank was dit my voorreg om te dwaal deur die woeslanings en forumgange sodat die manier waarop die Woesters gewoel het met woorde, vasgevang kan word vir ons nageslag.

Leestekenreëls in 'n TGG vorm

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om alles te lees.
Verwysing: 
Spesiaal geskep deur 007 vir die opvoedkundige afdeling van die Woes Forum.

Meraai vannie baai:
Ek wou vandag kom leer
oor al die leestekenreëls
en toe vertel jy my van
die gebruik van 'n komma,
tussen twee werkwoorde

Toevallige Gevinde Gedigte

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om die voorbeelde onder aan die voorgeskrewe riglyne ook te lees.
Verwysing: 
Spesiale dank aan McF vir die uiteensetting van die riglyne en pragtige voorbeelde van hierdie kreatiewe gedigvorm van sy neef.

'n Verfrissende ander manier om gedigte te skryf. Kom probeer dit gerus. Ek het die digkuns baie geniet en het sommer vandag 'n paar geskryf.

Pen-sketse: Self-portret In Woorde

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om die pen-sketse te lees.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Mel vir die voorstel van die kreatiewe pen-skets afdeling.

Meraai vannie baai:
My ma vertel ek het leer loop
met haaipolfaais
wat ewe hups
met elke onsekere treë gegee
tot teen my boude kon klap.

Seisoene van 'n vrou: Lorraine Brand

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more skakel om meer te lees.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Lorraine vir die leen van hierdie pragtige seisoen-lyne.

Ek is in Kimberley gebore maar in my hart is ek ‘n Bolandse nooientjie. Veral in die Herfs. Daar is vir my niks mooier as die bome in die Boland in die herfs nie.

Geestelike Humor: Rina Greeff

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om Rina se hele bydrae te lees.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Rina Greeff vir die leen van haar geestlike humoristiese verse

Rina Greeff: Mý ouma het vi’ my ve’tel….

Innie hemel
vallie wiele’kies vannie rystoele af
en kierie’kies
en krukke ve’dwyn somme,
somme net so;

Pannekoek Gedigvorm

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om alles te lees.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan Ya'acov vir die eerste voorbeeld van 'n pannekoekgedig waarmee ons kon eksperimenteer om hierdie gedigstruktuur uiteen te sit.

Meraai vannie baai: Uiteensetting van die struktuur vir die pannekoek-gedig van Ya'acov.

DBV

Verwysing: 
Met dank aan Gawelina vir die pragtige afkorting.

DBV: In ons dorpie staan dit bekend as "Diere Bring Vlooie"

DBKY

Woord in Engels: 
Die 'denkbeeldige yskas' waarteen ons die skommelgedigte uitstal.
Verwysing: 
Met dank aan McF vir die skep van die beskrywende afkorting

'n DBKY - Dit staan vir denkbeeldige kreatiewe yskas.
Gaan loer gerus waar die skrywers woel met woorde teen die DBKY: http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=1822.60

Vanuit my Verskombuis

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel en kom sit aan by ons woord-disse: Van kostelike gediggies tot smaakvolle reseppies. Pikant tot gekrui - vir 'n effense byt!
Verwysing: 
Met dank aan al die skrywers wat help bak en brou met woorde, vir die verskombuis.
Meraai vannie baai:
Ek dek vir ons 'n plek
in my verskombuis;
kom-proe-saam-poësie
- Bon Appetit -
©

Geestelike Humor: Lepinotus Patruelis

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om "Die stoute engel kry pak by die duiwel ..." van LP te lees.
Verwysing: 
Met dank aan Lepinotus Patruelis vir die leen en uitstal van hierdie pragtige bydrae.

Lepinotus Patruelis So gaan Lepinotus en Ta Saar anderdag toe WNNR toe.

Vanuit die Forum Tronk

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om die toneel agter die tronkskerms vooraf, en die vonnisse (boete verse) te lees.
Verwysing: 
Met dank aan al die beskuldigdes en aanklaers - kniebuig van 007 die woorddief.

Agter die tronkskerms:
Juenka: Ek stel voor ons maak 'n forum tronk oop waar 'oortreders' opgesluit word.

Sinonieme vir die 'prikker' van 'n primusstofie

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om alles te lees.
Verwysing: 
Met dank aan Piet Magriet vir die aandra en deel van die sinonieme.

Piet Magriet: Ons het sommer van 'n steeknaald of "die pompstofienaald" gepraat. Ek het die volgende saamgevat:

Primusnaald
Ruimnaald
Primusprikkel
Pompstofieprikkel

Digter's Hulp: Die leser as mededigter deur sonja brink.

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om meer te lees.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan sonja brink vir die uitstal van hierdie pragtige digter's hulp bydrae.

Dat gedigte en skrywe deels inspirasie en deels harde werk is is ‘n welbekende feit.

Woorde wat beelde skep: JJordan

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om meer te lees.
Verwysing: 
Met dank vir die leen van jou praglyne JJordan.

JJordan: Skryf my naam

Skryf my naam
met jou
toon in die seesand
vinger op ‘n stofplaat
oë tussen die wolke
neus teen ‘n wasemruit
mond op my wang
in graffiti en kalligrafie