G

Giggelsoppies (proeswoord)

Verwysing: 
*Met dank aan Piet Magriet vir die aandra van die proeswoord

Giggelsoppies: Wyn

Giggelgrassie (Proeswoord)

Verwysing: 
*met dank aan Piet Magriet vir die aandra van die proeswoord

Giggelgrassie: Dagga

Googlefoefel / Googlefoefie (Proeswoorde)

Woord in Engels: 
*
Verwysing: 
*Die woorde van PM is gebaar in kommentaar op die 'googlefoodle'

Piet Magriet:
Googlefoefel - 'n Gevryery
Googlefoefie - 'n Gekskeerder

Googlefoodle (Proeswoord)

Verwysing: 
*Met dank aan ammiemoon vir die saamgevoegde proeswoord

Googlefoodle: Ammiemoon se beskrywing na ons gesprek op die gevreetboekie en ek vra haar wat sal mens 'n verhouding noem wat onstaan as mense nou so 'kuier' oor die lug.

Geluide: Diere / Voëls

Verwysing: 
Met dank aan Piet Magriet vir die pragtige lys met dieregeluide!

aasvoëls kras - vultures scream

akkedisse piep – lizards pip

ape blaf - apes gibber

arende krys- eagles scream

beeste bulk of loei – cattle bellow

bere grom- bears growl

Grasnyer-gym

Verwysing: 
Met dank aan Lepinotus Patruelis

Grasnyer-gym: Lepinotus Patruelis se woord vir 'n eenvoudige meganiese stootmodel-grassnyer sonder enige masjien.

Giggelflater

Verwysing: 
Met dank aan Naas

Giggelflater is 'n storie wat 'n stertjie gekry het en gaan dit die wêreld om as ‘n grap skryf vriend Naas.

Gifbeker (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Gifbeker - verwysing na 'n giftige soort sampioen.

Goggatik (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Goggatik - verwysing na 'n dansparty.

Ganskop (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Ganskop is die verwysing na 'n geelpiesang.

Geelvink (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Geelvink is die verwysing na 'n "goue pond". (Na aanleiding van die kleur van 'n vink en die goue kleur van 'n pond)

Giggelmeisie

Verwysing: 
(McF)

Giggelmeisie is die sinoniem vir 'n strooimeisie. Hulle giggel mos altyd so as hulle die strooijonkers sien!

Grimlag (Ou woord afgestof deur Rina Greeff)

Verwysing: 
(Rina Greeff)

Grimlag: Vals lag - grimlag sy lippetaal

Gietergat (Proeswoord)

Verwysing: 
(Juenka)

Gietergat: Loopmaag. Het jy iets vir 'n gietergat onder jou boererate? Die kasterolie het goed gewerk vir die hoes, want nou kan ek nie waag om te hoes nie.

Griffel-rebel

Verwysing: 
(SueEe)

Griffel-rebel: iemand wat nie skryf-reëls toepas nie.