J

Janboel (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Janboel is die humoristiese verwysing na 'n deurmekaarspul.

Jiffie (Ou woord nie meer so bekend in omgangstaal)

Verwysing: 
(McF)

Jiffie – vinnige hartklop / kort-kort /opspring/bokspring/ ( my hart jiffie kort-kort van vreugde.

Jomps

Verwysing: 
Ou Woorde wat bekend was vanaf 1918 tot en met 1962 (Met dank aan McF)

Jomps – Ek jomps ʼn soentjie. (ek steel ʼn soentjie)

Jansalie

Verwysing: 
(McF - ou woord wat nie meer in die omgang taal bekend is nie)

Jansalie is 'n lamsak

Japsnees

Verwysing: 
(Jan Anderland)

Die taal van 'n Japanees gekruis met 'n Chinees in Gatkantland.

Jibsem

Verwysing: 
McF Skatkis

Plaasvervanger vir kragwoord

Jikkitie-jakkatie

Verwysing: 
McF se skatkis

Jy praat en praat maar kom nie tot 'n punt

Jik-ma-jikka

Verwysing: 
Uit McFarlen se skatkis

Uitdrukking soos in jik-ma-jikka maar jy skryf goed!