*Kuberselfmoord : Om jou profiel te verwyder op 'n forum.
Die woord het sy oorsprong gehad na 007 haarself op 'n krul getrek het en die woordmandjie gaan verpand het vir dooswyn:)
K
Kuberselfmoord
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Klikkiebek
Klikkiebek: Piet Magriet se woord vir 'n kamera
Klikkiebekhoekie: Fotohoekie
Klikkiebek album: Foto album
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Kartonalds
Honger bly maar die beste kok. As ek regtig honger is, is selfs Kartonalds se goete lekker. En daai is nou vir jou 'n silent killer!!!
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Konfyt bekkie
Daisy se woorde as sy na haar 'sewe jarige mini tiener' kaboutertjie verwys.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Komtatore
Komtatore: Sussa se woord vir die lesers wat kommentare lewer by skryfstukke.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Kielie kwassie
Kielie kwassie: Gamos se woord vir 'n snor.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Koudslaap (Minder bekende uitdrukking)
Koudslaap is die verwysing na 'n tronk.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Kriewelkrappers (Minder bekende uitdrukking)
Kriewelkrappers - uitdrukking vir grille/geite of vol fiemies wees.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Kokkeroteenderm (Minder bekende uitdrukking)
Kokkeroteenderm - 'n persoon wat baie eet en klaarblyklik nie genoeg kan kry nie.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Krulopsolder / Kwaggakaiing (Minder bekende uitdrukkings)
Krulopsolder /kwaggakaiing: 'n koeksister (soet eetding)
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Kromkop (Minder bekende uitdrukking)
Kromkop is 'n uitdrukking vir 'n viool.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Konfoor
Die konfoor - ’n metaalbak/pot waarin ’n tessie (bakkie) met gloeiende kole gesit was waarop iets op die konfoor geplaas kon word om dit te verwarm in die 'ou dae'.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Koesnaatjie
'n Koesnaatjie is 'n eetbare vetplantjie wat in die droë westelike streke van Kaapland en in die Suidwes-Kaap aangetref word.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
- Read more
Kerkhoffie (Nederlandse uitdrukking)
“Kerkhoffie” hierdie is 'n spesiale bordjie vir die beentjies wanneer daar byvoorbeeld eend voorgesit was vir die maaltyd.
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer
Kabelpronker
Kabelpronker = Die outjies wat die kabels trek van die internet het die naam te danke aan McF. Hulle pronk glo meer as wat hulle daai kabel trek!
- Meld aan of registreer om kommentaar te lewer