O

Oordkind

Verwysing: 
(Pottie)

Oordkind - Ek stort nou so lekker soos 'n oordkind - Stort sonder om te dink aan water of elektrisiteitskostes want die kind gebruik die vakansieoord se geriewe en niemand gee om hoe lank hy stort nie

Onthou-gedagtes (Uitdrukking)

Verwysing: 
(McF)

Onthou-gedagtes is die naelstring tussen vandag en gister.

Outjie

Verwysing: 
Ou Woorde wat bekend was vanaf 1918 tot en met 1962 (Met dank aan McF)

Outjie – dit was ʼn manier waarop meisies hulle kêrels/jongmans aansgepreek het.

Oorverhitte-verbeelding

Verwysing: 
(McF)

Oorverhitte-verbeelding (Jy is 'n prooi van jou eie verbeeldings vlugte)

Onweermusiek

Woord in Engels: 
Heavy metal
Verwysing: 
(McF)

Onweermusiek - metalliek-musiek

Onthou-jy-laan

Woord in Engels: 
Memory lane
Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

Ons dwaal saam deur 'onthou-jy-laan' van toeka se dae met 'n kopikofi van Annie ...

Ommoertaal

Verwysing: 
(Aspoestertjie)

'n Ander woord vir 'n druifdeurdrenkte slingervel se gebrabbel is ommoertaal.

Omkyk-lisensie

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

Met 'n omkyk-lisensie mag jy nog loer na die aantreklike persoon wat verbygestap kom.
Hierdie lisensie verbeur jy die dag as jy voor die kansel jou huwelikslisensie ontvang!

Omkyk-kêreltjie

Verwysing: 
(Naas)

Omkyk-kêreltjie is nou 'n manspersoon wat met bewondering na dieselfde geslag loer.

Omkyktabak/Rastakooigoed

Verwysing: 
(Naas)

Daai goed wat jy rook tot jy jou eie gedagtes kan lees