V

Vlerktuie

Verwysing: 
*Met dank aan Lox vir die skep van die woord

Vlerktuie: moet 'n belewenis wees so met die wit vlerktuie in om die huis. (Kommentaar van Lox by fotos van die 'lughawe bedrywighede' van die gevlerkte vrinne oor die erf van 007)

Vlerkruklik mooi

Verwysing: 
*Met dank aan Adelhaide vir die oorspronklike kreatiewe uitdrukking

Verkruklik mooi: Na aanleiding van fotos wat geplaas was van die gevlerkte vrinne van Outop en Meraai het Adelhaide hierdie opmerking as kommentaar gelos: Sjoe Meraai julle het voorw

Verbale gietergat

Verwysing: 
Met dank aan Juenka

Verbale gietergat: Ek raak gans en al te emosioneel as ek moet praat oor wat pla en dan hoor mens net die snot en trane gemeng met random woorde wat niks sin maak nie ...

Verdwynwyn

Verwysing: 
Met dank aan Kikkin

"Verdwynwyn" - Kikkin se woord vir daai "blou aande" wat jy sit en wyn drink om jou 'sorrows te drown.'

Voetveeg (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Voetveeg - verwysing na 'n slaaf/bediende.

Viets (Ou woord nie meer so bekend in omgangstaal)

Verwysing: 
(McF)

Viets – twee viets bene.

Vinkel-lek-lekker

Verwysing: 
(McF)

Vinkel-lek-lekker (Daai vinke wat so by die rivier rondvlieg - mense daai vleisies is vinkel-lek-lekker!)

Versierstert

Verwysing: 
(SueEe)

Versierstert – Flambojante jong man

Vakuumgesprek

Verwysing: 
(SueEe)

Vakuumgesprek – Nonsens praat

Vaakaard (Kinderwoord)

Verwysing: 
(Sandkorrel)

Vaakaard – ‘n Sogenaamde luiaard wat eintlik net vaak is. (kinderwoord)

Varknek (Proeswoord)

Verwysing: 
(Piet Magriet)

Varknek –onbeskofte persoon

Visteef (Proeswoord)

Verwysing: 
(Piet Magriet)

Visteef - ʼn vrou met ʼn skerp tong

Vlamkwaai (Intensiewe vorm)

Verwysing: 
(Piet Magriet)

Baie kwaai – vlamkwaai

Voëlvry (Proes Homoniem)

Verwysing: 
(Mrs. T)

Voëlvry – Proes Homonieme betekenis vir 'n geskeide dame (sy is voëlvry).

Vingerslinger-wals (Snellerwoord afgelei van slingerwalsie)

Verwysing: 
(McF)

Vingerslinger-wals (Bly weg van die sleutelbord as jy ietsie in het anders gaan jy dalk verdink word van vingerslinger-wals as jy 'n woordflops maak!)