W

Webspinnekop

Verwysing: 
Met dank aan werelde weg

werelde weg:
webspinnekop - dan dwaal ek op die web rond soos 'n webspinnekop ...

Weerligstraal

Verwysing: 
Mac se woord aangedra deur Marcie

Marcie: Mac se besonderse uitspraak van "weerligstraal", gaan innie nuwe woes-
woordeboek opgeteken word as "pikant" vir "jy gaan bloei..."

*So gemaak Marcie! Kniebuig van Meraai.

Wangbesem (Minder bekende uitdrukking)

Verwysing: 
Afrikaanse skatkis

Wangbesem - uitdrukking vir 'n persoon se bakbaard.

Woord-tronk

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

Woord-tronk is 'n sinoniem vir skrywersblok.

Wipplanksiekte

Verwysing: 
(Mel)

Wipplanksiekte - Sinoniem vir 'Maniese depressie'.

Wolke-knieë

Verwysing: 
(Jo'e-Lo)

Wolke-knieë is wanneer in jou spore neersak of flou val.

Wilwag

Verwysing: 
(SueEe)

Wilwag – Iemand wat altyd wag dat iemand anders die werk moet doen. Of wat wag op beter dae/ beter geleenthede.

Wortelwoorde

Verwysing: 
(SueEe)

Wortelwoorde – Wyshede /diep denke - wat woordeliks na die oppervlak (geopper) word.

Woordkwale

Verwysing: 
(SueEe)

Woordkwale - As 'n skrywer sukkel om te skryf of soek na 'n beskrywende woord. Ook skrywers wat nie saamstem oor 'n spesifieke woord.

Woordkabouters (Snellerwoord vir woordbouters)

Verwysing: 
(Sandkorrel)

Woordkabouters - Klein kindertjies wat help woorde vorm vir die Woes Woordeboek.

Woordgogga

Verwysing: 
(Sandkorrel)

Woordgogga – skrywers inspirasie / As die woordgogga jou eers gebyt het, is jy geïnspireer om te skryf.

Woordskeppingsprojek

Verwysing: 
(Sandkorrel)

Woordskeppingsprojek - Projekte waar nuwe woorde gevorm word.

Woordpêreltjies

Verwysing: 
(Willa)

Woordpêreltjies – woorde wat die siel en hart aanraak.

Woordpiekniek

Verwysing: 
(Meraai vannie baai)

Woordpiekniek is wat Meraai hou as sy met die woordmandjie onder die arm gewapen die woordoes van die woordbouers tussen die Woeslanings versamel om te kom uitstal hier in die woordskuur.

Wasgoedperd

Verwysing: 
(Danie)

Wasgoedperd - tydelike hangplek vir wasgoed om droog te word.