Naas
*Waar daar donnerweer is sal die bliksems slaan!
*Gedag ek is deur die mis, nou kom ek agter ek sit vas daarin
*Vra die wat my ken. Ek brag nooit. Ek is die beste...
*My eie oorlede pa wat Engils kon praat het altyd gesê: Knit one, slip one en pass the lipstick over. My Engils is egter maar sleg. Ek se net yes en no en netnou weer.
*My pa se gesegde: "Die dag toe ponde en sjielings rante en sante geword het het skuld berge geword.
*'n Gebraaide wortel of twee sal seker goed wees vir my ogies. My brille raak hoeka al dikker en die goudvissies wat snags daarin slaap begin al kla van drogbeelde.
*Die goudvissies bly deur die dag in my valstanneglas. Moet hulle saans uithaal want hulle voel bedreig deur die nag.
*Ek is maar skamerig vir baie mense maar ek sal my oupa se uitgerekte kruisbande, my Tweety das en my geblomde G-string afstof vir die geleentheid.
*Ek het hier vir jou 'n verjaarsdaggediggie uit die puntjie van my linkerharventrikel geskrywe
*Al moet ek ook die kar stoot tot daar, kuier gaan ek by haar kuier.
*Dit gaan vir my regtig die appelkar omvoeter as die forum deel moet word van Woes.
*Die ou skrywers het nog 'n maagdelike taal voor hulle gehad. alles wat hulle in die taal gese het was nuut. As ons dit vandag se is dit ou nuus want hulle het dit klaar gese.
*Ek weet nie of dit waar is nie want ek en die rooitaal is nie goeie maats nie maar, hulle se die manlike vorm van 'n teaser is 'n moisturizer. (hoop dis reg gespel)
GESKAAIDES GEDAGTES: VANUIT NAAS SE FB DAGBOEK
Taalreëls is die remskoen van die verbeelding.
Wanneer die lewe jou pootjie dat jy lê, sal die noodlot oor jou val.
Waar 'n wil is raak my geld altyd weg
Wanneer geld harder as rede praat is verstaan maar doof!
Intelligensie sonder insig is soos 'n kerkklok sonder tou.
Die mensdom se groot gejeuk het begin die dag toe Adam en Eva vyeblare aangetrek het.
Iemand wat bakhand staan het nie werk vir sy hande nie.
Iemand wat bedel soek nie werk vir sy hande nie!
Leë koppe is die moeilikste om te vul. (As gevolg van die baie skedel-eggos?)
Gister gehoor: As jy by jou maatjie afskryf is dit "Cripp" As jy by 'n vreemdeling afskryf is dit "Plagiaat" As jy by baie vreemdeling gelyk afskryf is dit navorsing.
Moenie van 'n ander verwag om uit jou foute te leer nie. Laat hy hulle maar self maak.
'n Oog vir 'n oog en 'n tand vir 'n tand los 'n wêreld vol blindes wat hul kos heel insluk.
Waardeloos is die wet as net een toegelaat word om hom te breek.
Die vrot van vloek lê in die proe van die taal. Laat die gewete dus die fynproewer word.
Piet Magriet
*Gooi ek toe Naas se wysheid bymekaar: My groot gekrap begin wanneer 'n man wat nie werk vir sy hande het nie, my dagtaak onderbreuk.
* ... om te sê is een ding, om te verstaan en te geniet is weer 'n ander ding
*Ek is die bier in my man se wynglas!
*Ons kon werk dat die miere ons bewonder het!
*Wat praat jy van bloomers? My se ma het altoos gesê ek is 'n late bloomer
*Hierdie stories laat my altyd diep met die hand in die boesem, want ek is mos baaaaie "slim"!
*Toe "takt" uitgedeel is, was ek te ver agter in die ry om iets te kry. Daar was 'n groot stel babbabottels, twee varkies in 'n sak en 'n scrootch neus oor, en dit is wat ek gekry het!
*Ek is nou so dikbek ek praat met niemand nie! *stamp my voet en gooi al my speelgoed op die grond!*
*Julle ouens moet nou nie die kar voor die pêre sit nie.
*Dalk skiet ek net droë kolle op plekke waar dit nog nat is.
*Ek dink my muse is terug Uranus toe!
*Ek het 'n broek vol planne vir hulle!
*M sê, Parraguai is nie ver van Holland af nie, maar ek dink nie jy kan een van die twee sien as jy op jou kop staan nie.
*Ek is soooo gelukkig! My wange kry nie kans om roes strepies te kry nie.
*Flip Flippie, firkkadel! Julle is my hart se punt!
* Dierbare mense. Lief hulle stukkend! In repe! Dan draai ek my verlang in die repies toe!
*Ek verjaar vlinders uit my hart uit!
007 het so bietjie agter die skerms gaan loer wat gebeur in die lewe van twee van ons maters tuis
.
Lepinotus Patruelis
*Hansie en Grietjie se ogies is oop. Nou sien hulle die wêreld, en vir dit wat hulle al met die kort pootjies kan doen, skarrel hulle die hele bak vol. Magrietjie het haar tande vol om hulle in die nes te probeer hou.
*Lepi sit hier met 'n beker seker so 60% die grootte van PM se makulu koffiebekers, en verlustig hom in sy ou swaktetjie. Eendag, as dit groot is, gaan dit ook vir ditself so 'n groot beker aanskaf. Dan gaan julle sien, hoe kan 'n ketel toyi toyi.
Michelize:
* ... ek is kapabel en blaas my en die botteltjie saam met die mikrogolf to smithereens. Ek het darem al konfyt gekook en dit het nogal blêddie lekker uitgekom, al moet ek nou self so sê!

The Hermes Handbags are so
The Hermes Handbags are so expensive that only the boss of company and stars can afford ,and the hermes store are only located in the biggest and fashion city,we are not easy to get a
Hermes Birkin Bags even you have the enough money if you are from the small city.But the Hermes Birkin Online shop offer very cheap hermes items to anywhere worldwide, it is amazing.