Danksegging

Yahweh, U is my Skepper en Maker

Deur my hele lewe is U altyd daar,

nie net tye swaar of gevaar

U lig laat my lewe
en soms soos 'n arend vry
in die lug swewe.

My verganklike nietigheid
so intens bewus van U
Genadesrus in Ewigheid.

Dankbaarheid aan U my Vader
Laat my in nederigheid
en diepe ootmoed U
heilige troon nader...

Vir altyd naby U, my ewige Vader.