DIE STORIE MET 'FRIEND'

Almal van ons het dit op een of ander stadium gehad.... so 'n tipe vriend/vriendin.... Hulle het gewoonlik net 'n aantrekkingskrag en, alhoewel jy nie aldag mal is oor hulle nie, maak hulle jou lewe interessant.... OK, kom ons noem hulle dan net interressante 'kennise'. So het ek ook. Ek noem haar 'friend'... Friend hou daarvan om by tye (partykeer 3 weke na mekaar) klokslag 17:30 by jou 'aan te meld', koffie te drink... Voor sy en haar verloofde getroud was, sommer seker te maak dat hulle oor etenstyd daar by jou is.

Nie hieroor of daaroor nie, maar dan hoef sy mos nie kos te maak nie! So lief as wat ek haar het, wens ek partykeer net sy wil VLIEG, ver weg. Dit is vir my regtig 'n beslommernis wanneer mense nie hul tyd ken nie! Ek is moeg dat mense deur 'n weekaand tot 12 uur toe by my wil sit. Later het ek maar net met my gewone roetine aangegaan sonder om regtig kennis te neem van hulle. Dan sal hulle tot ounag toe sit en TV kyk... En ek kan dit nie verstaan nie - die aande wat hulle nie by my eet nie, gaan hulle uiteet - hoekom nie net hul eie DSTV kry nie? Dis nou nie asof hulle behoeftig is en nie sulke dinge kan bekostig nie....

Sien, die ding van 'friend' is dat sy eintlik net een groot probleem het.... haar hormone lol, man. Alhoewel sy destyds verloof en nou getroud is, moet ons 'single' mansvriende elke keer 'wickets hou... Sy nooi haarself sommer oor vir braais. Eintlik baie 'slim' as ek dit so kan sê. Kom bv op 'n Sat. middag 4 uur daar aan. As sy sien ek maak slaaie, nooi sy haarself en bly sommer daar tot 'Betrothed' (dis nou haar man) ook daar aankom... Gewoonlik met die minimum vleis en drank....

Die een aand het ek myself egter so vererg. Hulle kom weer daar aan met die kids.... vir elkeen net 1 stukkie vleis en 'n bottel St. Anna en 1 2L Coke. Kuier toe heerlik die heel aand op ons 'dop' en wyn, eet lekker saam van alles en toe dit tyd word om huis toe te gaan, pak hulle vir hulle 'n 'kosblikkie'.... F*K mense, amper ALLES wat oorgebly het - self die freaking paptert en aartappelslaai (Ek hou van paptert die volgende oggend saam met bacon en eiers, man) En sommer 2 2L's Coke ook... en die donnerse bottel St. Anna!!! En dit nadat hulle seker gemaak het hulle skep eerste op en kry die beste... selfs die ander mense se steaks...

Ek en my man was diep suur en 'in die gesig gevat' oor hul gedrag en besluit toe mos ons gaan hulle op een of ander manier terugkry.... So 'n ruk later, braai ons ook en soos ouder gewoonte nooi 'friend' haarself weer. Maar hierdie keer bring hulle toe R200 se vleis.... en drank (2 bottels) - ek het tot vandag nog nie uitgevind of my manlief iets daarmee toe doen het nie .....Betrothed (dis nou haar man), wil-wil nog sê wat gebraai moet word en wat nie, reken my man mos BOGGER DIT!!! En HY BRAAI DIE HELE SPUL.... Dit was sulke riblets en varkrashers en die worx..... Betrothed raak sulke verskillende kleure, maar (nes ons al die vorige kere) is mos te 'ordentlik' om iets te sê... HA!! Ek drink nie eens brandewyn nie, maar daai aand maak en en manlief seker daar bly nie 'n druppel drank oor nie. Ons het die Coke's wat ons gekoop het, in die kamer gaan wegsteek en net 1 2L uitgehaal vir die hele petalje... Mense, en daai ribletjies was te lekker....
Almal het genoeg gehad... Ons kuier toe nog so 'n rukkie langer.... Nou weet ek en manlief een ding seker.... as daar iets oorbly, gaan dit mos weggedra word. So 'n rukkie later, pak die 'munchies' ons toe weer van al die Richelieu en daar val ons toe weer in die caserole in.... hou nogal ewe vir 'Friend' en 'Betrothed' die bak om van hul eie vleis te eet.... en elke keer as hulle wil gaan, gooi manlief mos 'n 'loopdop' van hul eie drank.... en ons het hulle gekuier en gekuier en gekuier tot hulle sekerlik later gevoel het soos ons al die aande wat hulle so gesit het, gevoel het!!

Die slegte ding hiervan, is dat ek en manlief heeltemal uit karakter opgetree het... Ons is GENIUNE nie so nie.... en ek voel in 'n manier baie sleg dat ek nou 'na daardie vlak gedaal het'...... MAAR....aan die ander kant het ons vir hulle 'n dosis van hul eie medisyne gegee.... en ek moet sê - sedertdien kuier hulle nie meer so lank nie.... en vat hulle ook net wat hulle toekom na 'n braai...of glad nie....

EK SOEK NET IN VADERSNAAM NOOIT WEER DIE BABBELAAS WAARMEE EK DAARDIE VOLGENDE OGGEND TOE OPGESTAAN HET NIE!!!