Die swart swaan
So hele ruk terug, iewers in Maart maand, het ek besluit om bietjie my fliekflooi aandag te besorg en kies toe ‘n film genaamd ‘Black Swan’. Nou kyk, ek hou nie van skrikmaak vertolkings en dies meer nie, maar na vele resensies het die ding nogal aantreklik begin lyk. Dit wou eerder voorkom na iets soos ‘n intense drama. En ek het gereken dat ek sommer ‘n kulturele verryking ook gaan bekom, want dit handel oor ‘n ballet danseres.
Nou toe, so gesê so gedaan. Ek gaan plak my ewe gelukkig neer met ‘n hengse pak springmielies en wurm my so terug in die stoel vir die lekkerte wat op my wag. Kort voor lank stroom ander in en ek sien families met jonges van ouderdomme tussen ongeveer agt en vyftien ook daar. Toe is my gemoed sommer ten ruste en ek waardeer my aanvoeling vir goeie familie flieks.
En daar begin die vertoning… Maar o weë, dis iets uit die poltergeist, maal tien! Dis ‘n gegil en tamatiesous gemors en so tussendeur word daar wilde ponkerlong tonele ingewerk. Genugtig mense ek’s in my fondamente geskud en die spanning tart my senuwees , terwyl my afsku vir die ander onsmaaklike bedrywighede net die ding vererger. Die vet weet wat die ouers se verduidelikings moes wees vir al die eksplisiete tonele, want dis woes verby hoor. Op ‘n sekere tydstip was die intensiteit van ‘n spesifieke vrees wekkende toneel so oorweldigend, dat ek met groot skok my been opruk en die ‘popcorn’ pak wat daarop gerus het, skiet kant toe en ‘n neerhaling van die vrolike vlokkies tref ‘n pigment gestremde langs my, en dié begin luidkeels te gil. Dis seker na aanleiding van wat sy op die skerm besigtig het en toe werk die peusel-plesiertjie ‘n element van realisme in met die aanraking. Ek het amper saam begin gil vir beide die film en die werklike swart swaan links van my en wou nog vlug vir die oop spasie regslangs, toe ‘n slag my stoel van agter ruk. ‘Oh my soul’! Kry die Freddy Krueger nonsens dan nie einde nie! Die blerrie ervaring is erger as enige ‘3D’ weergawe met al die elemente van realisme en ‘in-house’ gegillery! Die ‘black swan’ van voor, die swart gans van links, en nugter weet van wat my van agter bespring. Vir ‘n oomblik is ek gedisoriënteerd, verwar en in die oortreffende trap verwilderd. Amper slaan ek neer van nierversaking met suiwer vrees as die oorsaak!
Oomblikke later tree my reflekse in en ek kyk verwoed om, net om ‘n ongeskikte knaap te sien wat sy stert in ‘n krul getrek het omdat ek die ander lede om my so ontstel. So asof ek nou aspris my duur versnapperings op die nasie sal uitgooi. Ek wou hom ‘n ding of twee vertel het, maar gelukkig was my vermoë om ‘n situasie te oordeel nog bestendig. Want kom ek wees maar eerlik, in vergelyking met hom was ek ‘n muskiet teenoor ‘n oorlogskip. Ja nee, sak toe ewe beskeie terug en grawe maar vir die oorblywende krummels onder in my pak, effe omgekrap oor buurvrou se oorreagerende wyses van geraas maak.
Na die vertoning sluip ek druipstert daar uit. Skoon tam en leweloos, asof ek die volle lengte van die fliek gevlug het vir oorlewing. My hart het ‘mileage’ opgesit met daai een, en wankelrig sukkel-sukkel ek daar weg. In my binneste het ek myself vriendelik oortuig dat animasie vir ‘n ruk lank my voorland gaan wees… Viva Disney!
coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags