Digter's Hulp: Die leser as mededigter deur sonja brink.

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om meer te lees.
Verwysing: 
Met spesiale dank aan sonja brink vir die uitstal van hierdie pragtige digter's hulp bydrae.

Dat gedigte en skrywe deels inspirasie en deels harde werk is is ‘n welbekende feit. Tog is die skepping van ‘n stuk ‘n mistieke proses waarin dit wat binne die skrywer gebeur in woorde en beelde omskep word wat dan uitendelik as ‘n geskrewe stuk werk manifesteer. Wat die meeste mense, en veral skrywers egter vergeet is dat hoe hard hulle ookal aan ‘n stuk werk, dit slegs die eerste deel van hul skepping uitmaak. Kuns is ‘n gesprek wat tussen die kunstenaar-skrywer en die leser-waardeerder plaasvind. Die voltrekking van ‘n stuk werk gebeur eers wanneer dit deur iemand onder oe gekry word, verwerk word en dan deel word van die persoon se ervaringsveld.

Sê die leser aan die digter:
"Ek hou van jou metafoor
Die mens te vergelyk met water
Kom nie dikwels in die digkuns voor"

‘Wat ek eintlik daar bedoel het…'
probeer die digterlike keer

‘En die wyse waarmee ritme
Ab-so-luut ge-me-te-bly
Dit spreek van ‘n diep begeerte
Om orde in die self te kry'

'Nee, dit is nie, sê die digter
Jy lees my daar ‘n bietjie mis
Ritme gee struktuur aan rymwerk
En wat ek daar bedoel het is…'

In vervoering raak die leser
En syg in ‘n beswyming neer
Woedend-tierend word die digter
Vasgeboei en weggesleep
Maar net voor hy deur die deur gaan
Hoor jy hom nog gillend skree
‘Dis nie wat ek daar bedoel het…’
Maar dit help hom nimmermeer.

Elke digter se gedigte
Is net syne tot hy dit
Vir die leser in die hand gee
of op publieke bladsy sit

Vanagter tralies en sterk deure
Van ons eie maaksel dan
Dig ons voort en publiseer dit
Omdat ons nie anders kan!
©