Ek en Maudie – Ooo ryperd…
Ons almal het al so iemand geken - ‘n Maat wat deur dik en dun by jou gestaan het, en vir wie jy sommer net dankbaar was, want hy/sy het die lewe so interessant en maklik gemaak, dat mens as’t ware sommer terug verlang na tye lank vergete. Vir my was daardie iemand my vriendinnetjie, Maudie.
Voëls van geenderse vere was ons beslis, want ons was wêrelde verskillend van mekaar, en dis miskien wat die dinamiese duo teweeg gebring het. Sy was die rabbedoe wat gewaag het en vir weinig min teruggestaan het, en ek…wel ek was die bangjan wat altyd saam met haar in allerlei onderonsies beland het, want met Maudie aan my sy, het moed homself darem soms in my gestaaf. Ek kan nie onthou hoe die vriendskap ontstaan het nie, maar ek herroep vele lawwe kwinkslae wat ons tydens ons laerskool dae gedeel het.
Op ‘n dag, soos talle ander, laai die skoolbus ons af naby ons tuistes. Sommer so met die eerste tree vanaf die bus, gewaar Maudie toe ‘n ou perd op ‘n plot werf, omhein met doringdraad wat effe lendelam skuins getrek het. Nou kyk, sy’t ‘n massiewe voorliefde vir diere, en hoe groter hoe meer bekoorlik. My kennis was so beperk van die biologiese klokwerk met alles wat betrekking gehad het tot soogdiere, reptiele en voëls, dat ek in verwondering geluister het na al die wyshede wat Maudie sou deel. So word resies perde se dieet sommer vinnig vir my uitgelê deur haar, en dit terwyl ons fluks ons weg baan na die heining. Ons steek vas voor die hindernis en sy staar met blink ogies na die ou fossiel wat lui-lui aan droë veldgras peusel. “Kom! Ons gaan eet en trek siwwies aan, dan kom ons terug”, kom dit van haar.
So gesê, so gedaan. Ons ontmoet by my ouerhuis en sy dra ‘n houer by haar. Dadelik gaan ons na die plot area wat net ‘n klipgooi van ons huis af was. “Wat het jy daar Maudie?”, kom dit van my wat my nuuskierigheid nie kan beteuel nie. “Dis suiker, dis nes swiets vir ‘n perd” Ek was aanvanklik skepties en kon dit nie indink nie, maar sowaar, toe sy daarvan op haar hand uitstrooi en uithou vir die biltong op vier stutpaaltjies, het hy dit gretig opgelek. “Jissie ek wil ok!”, laat weet ek ywerig. Die perde-swiets word spaarsamig op my palm gesprinkel en vandaar laat ek nie op my wag nie. Met geesdrif offer ek die lekkerny na oom perd, en hy beur vorentoe met entoesiasme wat myne ewenaar. Man, dis ‘n belewenis! Sy lippe flap-flap so terwyl hy homself oorgee aan die soete lafenis. Ek grinnik van plesier en Maudie giggel saam terwyl ek suiker met perde-speeksel verruil. Maar my genot was van korte duur, want Maudie het gerieflik vergeet om vir my te sê dat ek my vingers reguit moet hou… “Aaahh! Einaaa!” My gille is skril en duidelik eg. Ek onthou nog hoedat ek hees gestaan en bulk het soos ‘n asmatiese donkie, terwyl die perd my vingers tussen sy beitels vasknyp en deftig daaraan knibbel. Op daardie oomblik was ek oortuig dat ons huis toe sou jaag met my vingers in die suiker houer. Gelukkig het die bose hings ‘n sin vir humor en my uitdrukkig, gepaard met gerekte oë soos dié van ‘n ou Volla se wieldoppe, laat hom los en tande wys. Kompleet asof die bejaarde hom verlustig aan die toneel. Ek wou nog trane pik van die traumatiese pekel en onreg wat my weense worsies aangedoen is, maar het dit opsy geskuif, want Maudie het behoorlik geskater. Hoe sou dit nou lyk om te staan en tjank terwyl ‘n meisie die toneel dan so vermakerig vind? Maar ek het genoeg gehad en my kwota van perdjie kuier was gehaal en versadig. Met ‘n kortaf gegroet en verwronge glimlag los ek my maat toe net daar en staan haar af aan ‘brown beauty’.
Die volgende dag was Maudie weer borrelend oor die perd en wou gretig daarheen gaan, maar ek laat my nie tweemaal vang nie en het gevoel dat ek genoeg gehad het van diere wat aan my wil knaag. So weier ek toe op menige uitnodigings om Maudie te vergesel na die sadis van ‘n soogdier. Maar een middag klop sy aan ons deur en tot my verbasing het sy die verstokte gevaarte op wie-weet-watse manier daarnatoe gely. “Kyk hoe mak is hy”, raak sy selfvoldaan kwyt. Maar al wat ek sien is hoe die knyp-tand meneer sulke hompe uit ons grasperk trek. Ja, hy trek sommer gras met wortel en al uit! Die kaal kolle lyk na mol skade maar Maudie sien dit nie eens raak nie. Om die verwoesting te stuit gaan ek toe maar weer saam.
So het dit gekom dat sy uiteindelik die meneer so op sy gemak gehad het, dat sy dit eendag toe waag om op hom te klim. ‘n Ou emmer het gedien as ‘n trap om op die perd se rug te klouter. Maar nie op die tradisionele wyse nie, o nee, sy is tog immers Maudie. Wie’t dan nou leisels en stiebeuels nodig? Sy betree die perd toe sommer met net ‘n kombers as ‘n saal. Blykbaar kan jy die ou stuur deur sagkens aan sy maanhare te trek. Die slim meisie darem! Maudie is waarskynlik ‘n tipe diere-kenner op ekstra kurrikulêre vlak en ek is geseënd om die ‘tomboy’ my maat te kan noem!
Sy maak kliek geluide en tik lig in haar landbou skoeter se sye met haar hakke, en skielik word die oue perd lewendig met oorgawe! “Ooooeee!” Skreeu die blonde meisie terwyl die perd skielik vorm wys en begin hardloop. Maudie is in die sop en vou haar arms om die perd se nek met die doel om vas te klou. Maar haar kop wip so los-los rond en dit lyk of sy ‘n sittende weergawe van die “Macarena” bemeester. En daar skiet die gloeilampie op in my gedagtes en ek besef Maudie is nie heeltemal so slim as wat ek vir haar krediet gegee het nie. Ek staan hulpeloos en kyk hoe sy ‘Durban-July’, al om die plot se heining en soms, as die gewippery effe kalmeer kry sy noodkrete geskree. “Stoooop, ooooeeee!”, neuk dit aan en ek gryp na grashalms in my gedagtes. Met dié skree ek toe sommer haar eie wyshede aan haar: “Trek sy maanhare!”. Maar helaas my raad, haar raad, die raad, is nutteloos want dit hits die ding aan om soos ‘n besetene te jaag. Dit lyk soos ‘n een perdekrag vegvliegtuig op land wat ‘n vertoning lewer soos wat die kombers in slierte agterna wapper. Maudie hang al oor kant toe en vir 'n oomblik lyk dit of sy die perd ‘hijack’, maar pleks daarvan dat sy opklim, gly sy af. Ek reken haar ervaring was seker soos die van ‘n gogga-spatsel teen 'n versnelde sportmotor se windskerm. Maar nie lank nie en die kombers vladder grond toe en ‘n kort entjie van daar, flop Maudie in die stof neer. Ek sien hoedat die perd tot stilstand kom en hyg met 'n laaghangende kop, maar sy blonde kop vlooi is darem af. My maat sukkel toe op vanaf die grond en skud haarself af met 'n geforseerde glimlag, nes myne nadat ek gebyt was. Ja né, die blinde sambok darem... Maudie het weinig min beserings opgedoen, maar haar lus vir perde is ook toe goed geblus.
Vir menigte dae daarna het ons eerder ons tyd spandeer aan koeldrank blikkies versamel, want herwinning was darem ‘n tipe van ‘n ekstra geldjie opsie. Die perd was skielik vergete, en dit het albei gepas. As ek sou uitpraat oor haar ongeluk, sou my vinger-byt ook ontbloot word. Goeie verstandhouding so tussen die twee maats, reken ek. Dis 'n geval van: My geheim is joune en joune myne, en dis hoe dit bly.
Deesdae is daar weinig min dinge wat my byt, behalwe soms vir 'n effe laks dwarsklappie van die lewe. Maar onthou, as dit lyk of jy dalk opdraend ervaar, of alles skiet oor in hiper-rat, ongeag van jou situasie… Trek aan sy maanhare :-)
christian louboutin uk
Wholesale christian louboutin uk are even provided for VIP members. Haven't got your own christian yet? Why not come to christian louboutin outlet.The newest style of Cheap christian louboutin uk sale, shoes & wallets are supply in christian outlet store online with free and fast shipping, High quality!There's the recent christian louboutin intended for 2011 of our own Louis vuitton outlet store shopping. Most of these bags possess the top quality & lowest cost!
coach factory outlet
Once visit, you will be unable to restrain loving it. Warmly welcome all of you to the Summer Sales Promotion on coach factory outlet.coach factory outlet online is a fashion brand to ensure its quality. With designer coach shoulder bags, you will always attract people's attention. The bags will emphasize your personal style and taste.coach factory outlet store generally variety within the buying price of $120.00 in order to $450.00, however they perform possess little purses as well as scarfs which are below $100.00.
louis vuitton outlet
LV bags in the louis vuitton outlet are a feminine update on an urban classic. With plenty of room for all of your essentials this covetable carryall will take you through the weekend in style.Currently there is an immense kind of demand of the greatest looking louis vuitton bags. Therefore, if you are looking for unique kinds of purses cost effectively from louis vuitton outlet usa, we can surely do your job perfectly.louis vuitton usa are simple, cheap and quick start guide to help you choose, useful for many people. More and more beautiful handbags attract many people who pick up LV Handbags from our online shop.
coach outlet online
The Coach bag is from the latest release of Coach Bags. Its crisp, scribble material, leather handle, perfectly complements the relaxed shape of this stylish pouch. All the items of coach outlet online Store fit all of your essentials and more.Most significantly, the coach designer purses of coach factory online industry won't deteriorate your individual fashions at all. Rather they would immediately change your overall looks marvelously.Brand new bags of this season are sold on the coach online outlet online. They are made from the hottest new Coach Poppy fabric. Great looking silver and red graffiti really stands out against the black fabric.
Reading your story relieves
Reading your story relieves my anxiety just like zoloft, you have done a fine job
American state insurance for mobile in florida
This page is indeed useful. I have to recognize various other info on the following submit. Hence you should supply other sorts of more knowledge about this particular aspect,Thank you.
American state insurance for mobile in florida
coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags
My essay editing service
My essay editing service will help this blog a lot! I can find other too