Foto hier te sien: http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=2025.0
Juenka: Die Verlore Danser
Klara maak haar joernaal oop en blaai stadig deur dit. Sy het op ‘n stadium so pligsgetrou elke dag geskryf. Haar gevoelens, haar drome en elke enkele goue oomblik van elke dag vul die bladsye. Sy vryf sag kuns oor die laaste inskrywing. Ses maande gelede.
26 Julie 2008
“Ek kan nie glo dat hierdie dag gekom het nie. John het my sopas geskakel uit Las Vegas uit. Hy het die kontrak gekry!!! Ek het geweet hy sal dit kan doen. John het my die wêreld belowe en vandag is die dag. Dit voel soos gister toe hy na die Giselle vertoning my ma geskakel het. Dat hy my tussen al die ander raak gesien het was ongelooflik. Ek onthou nog sy woorde,
“Mevrou jou dogter is die volgende Pierina Legnani”.
Nou net 2 maande later en te danke aan hom gaan ek die rol van Nikiya speel in ‘n moderne weergawe van La Bayadere. Dit gaan John se eerste produksie wees en hy sê alles waaraan hy vat verander in goud. Hy moet net my ma gerusstel dat ek veilig sal wees alleen. Ek dink nie sy vertrou hom nie. Vir haar is 18 nog te jonk al is ek die een wat vir haar sorg. Ek wens my ma kan saam kom maar ek weet dit is ontmoontlik. Sy gaan nog besig wees met haar chemo teen die tyd wat ek gaan. Nou dat ek die woorde hier skryf wonder ek of ek nie maar eerder moet bly nie. Sê nou sy het my nodig of iets gebeur terwyl ek weg is.....Nee ek glo en vertrou dat sy sal kom kyk sodra sy weer gesond is. Ek sal elke aand vir haar dans. Sy gaan gesond word, ek weet dit, ek glo dit.”
Klara sit haar joernaal op die grimering tafel voor haar. Sy kyk vir haarself in die beligte spieël. Sy het oud geword. In ‘n baie kort tyd het sy oud geword. Volwasse. Sy soek sonder sukses in haar handsak na ‘n pen. Haastig grou sy tussen die deurmekaar grimering tas voor haar. Sy moet iets skryf voor sy op stage gaan. Uit frustrasie gryp sy ‘n swart eyeliner en maak ‘n nuwe inskrywing.
15 Januarie 2009
Liefste ma
Ma was reg gewees oor John. Ma vergewe my asseblief. Terwyl ma in die hemel langs God sit pleit asb vir my vergifnis.
Ma ek mis jou
Jou dogter
Klara
“Come on Candy. Don’t let the customers wait. You are not being paid to sit around and do nothing.”
“Ek is oppad” mompel Klara onderlangs terwyl sy die joernaal vinnig wegsteek en haar dun bikini top regskuif.
Jones reageer vies.
“For the last time no Afrucaans. And by the way, stop with the ballay stuff. This is Ranchy Chicks not the Royal Alfred Hall.”
Klara staan op en loop tot reg voor Jones se dik gesig en sê:
“Royal Albert Hall jou poephol”
KOMMENTAAR DEUR MEL OP HIERDIE VERHAAL:
Ag, liewe Donderdag! Dit is fascinating hoe jy die awesome storie en prent in een klap raakvat. Goed geskryf en beslis 'n blouprunt vir die pic ook. Ek kan hierdie voorblad met die storie dadelik vergelyk! Great work!
*************************************************
McF: Die lieflike ballerina.
Nina lieflike ballerina
jy is die koninging
van al die ballerinas.
Nina pretty ballerina....PLAGIAAT!...ek haat plagiaat!
Verdomp! meisie dans! Lig jou kop! Skop op jou voete! en dans, dans. Breek die ketting van Nina die pretty ballerina. Omhels die wêreld met jou dans en word dié danseres.
Dans meisie dans...dans die seeweë se heimwee...
Dans meisie dans...
Ek skryf ( jy dans ) ek skryf (jy dans) ek breek die ketting wat my gedagtes boei...
Lieflike dansende ballerina...ek het jou uit my gedagtes geskryf...Dankie tog!
KOMMENTAAR OP MAC SE VERHAAL DEUR MERAAI:
Maccie hierdie verhaaltjie van jou is 'n "SONG" in hoofletters!!! Toonset en laat waai. Jy het 'n wenner hier beet. Ek gaan hom ook uitstal by Woeste Lirieke met kopiereg baie duidelik aan die skepper van die pronkstuk!!!
Jy kan uit elke prentjie maar so verhaal skryf en dit dan vir ons tokkel op die ghitaar as jy die prentjie-note bygesit het ... terwyl ek gelees het aan jou storie het ek ons klompie gesien om 'n kampvuurtjie daar op die plaas en jy tokkel die deuntjie.
http://www.woesblog.co.za/%E2%99%AB-woesterse-lirieke-%E2%99%AB
************************************************
Mel: Tot die dood ons skei
Tot die dood ons skei
"Ek is jammer Mevrou Van Dyk, maar ongelukkig is u medies uitgeput en het u geen ander keuse nie" en met die beslissing, word die straf my opgelê.
Ek moet vandag my man huis toe neem. Die angs skreeu weerstand teen my hartsmure uit! Benhardt sal vanaand weer die vier mure betree waar ons ons eerste huweliksnag deurgebring het. Dieselfde spasie waar al ons herinneringe saam verstrengel lê, behalwe dat...en verder hok my verstand die gevoel van benoude onwerklikheid wat my skielik wil oorval. Ek is die een wat my rasionele denke in plek moet hou, maan ek myself terwyl ek sy kamer vir hom laastens afrond…natuurlik met sy klavier in die hoek. Die geestesteuring het my vrygespring en kan ek nog die sonskyn op my ooglede voel en my plekmeter in hedendaagse bestaan bereken. Benhardt se toestand sal nooit weer normaliseer nie.
Ek glo in alle opregtheid dat ek hom in my arms sal kan hou en die seun met die wilde kuif en dimpel in sy melkbaardken nog steeds in sy oê sal vind...die passie van sy musiek nog steeds sal hoor. Ons ken en lief mekaar alreeds vanaf die brose ontwakingstyd van sestien jaar. Eerste liefde was 'n ware verhaal vir ons en een wat ons deurentyd aan ander sou voorlees. Die eksepsionele voorbeeld van sielsverbind. Die geestelike tyd van die wêreld kon ons nooit skei nie en het ons maagdelike harte tussen mekaar gedra. Die feit dat ek soms vir maande in die buiteland was op verskeie navorsingsprojekte kon geen kraak in ons liefde nalaat nie. 'n Wolk skuif voor my oê in en die verlies gee geboorte aan 'n onbeheerbare pynsvomering wat alles in my uitmekaar skeur.
Ek vou die kombers met onvaste hande op terwyl ek sy gelaatstrekke dophou. Hy weet waar hy is, hy erken my gesig en noem my selfs op die naam. Sy geheue is in takt, alhoewel ongebalanseerd. Dit is net sodra sy onverstaanbare vereistes en herinneringstogte oor sy lippe kom dat ek verdwaas staan. Die medici reken dat dit deel van die toestand is, maar in my verdwaalde gemoed is onbegrip my maat.
"Leana...onthou jy toe jy die eerste maal voor my en pointe gedoen het? Jy het die wet van swaartekrag oorskry en my na my asem laat snak. Met my vingers op die klawers kon ek jou liggaam beheer en jy is die volmaakte danser en enigste vrou in my hart"
Ek draai my rug terwyl die trane verraad teen my wange spel. Ek het nog nooit in my lewe ballet gedoen nie…
JUENKA SE KOMMENTAAR OP MEL SE VERHAAL:
Jittel skittels, goeie grond dit is mooi! Dit is ongelooflik hoe jy die prentjie by die storie gebring het of is dit nou anders om. Jou verhaal is net so rou aan emosie soos die prentjie. Wel gedaan Mel!
PM SE KOMMENTAAR OP MEL SE VERHAAL:
Eeky creeky maar dit is goed Mel.
Werklik, julle ouens het uitstekende talent.




