Eksosentriese Komposita: Skrywer's hulp (2)

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel.
Verwysing: 
Aangedra en gedeel slegs vir opvoedkundige waarde. Bronne word vermeld onderaan die werkstuk.

Eksosentriese Komposita: Die kruiemiddel waarmee daar kleur en geur aan die alledaagse spreektaal gegee word. Met die gebruik van hierdie eksosentriese woordeskat probeer skrywers/digters om holruggeryde woorde te vervang met meer oorspronklike en treffende uitdrukkings.

Daar is soveel pragtige voorbeelde wat ons kan gebruik. Ek haal 'n paar kleurvolle woorde aan wat my gelok het:

Klipneuker (skertsende naam vir geoloog)

Eenpotjie-knapsak (benaming vir vrypostige kind)

Jan-suur-in-die-maars (aanstellerige persoon)

Hempie-raak-my-gatjie-nie (iemand wat gou kwaad raak)

Half-koffie-half-melk (kleurling)

Antjie-tatarat (skinderaar)

*Kleurvolle groete op die vraag hoe gaan dit met jou?
Houtbank / goed voorspoedig lekker

Fyntonne / Klopdisselboom

Fluitwiel (Namakwalandse positiewe groet)

Oopketel / besonder voor die wind (Namakwalands)

Loskatrol / voorspoedig verloop.

*Negatiewe antwoord op hoe gaan dit:
Beenkou: swaar (Bolandse Afrikaans)

(op) baadjieval / deurmekaar

Hakskeen-stootskeen / moeilik, swaar

*Ander name vir 'n polisieman:
komkommerkuit

*Ander name vir berede poliesman:
Gou-gryp

Bottelbeen

Bloubottel

Bloujas

Platpoot

Gesperbeen

Doringhakskeen

Goewermentpaal

Hardehoed

Hardekuit

Koperknoop

Hierdie klanknabootsende woorde (onomatopeïiese woorde) vorm deel van ons eksosentriese komposita:

Koes-koestertjie (vanweë die voëltjie se koes-koes bewegings)

Sing-singertjie (sonbesie wat skril skreeu op warm somerdae)

Piet-tjou-tjou

Piet-ses-perde-wa

Koekoek

Tinktinkie

Toktokkie

Kokkewiet

Hok-hok (bromvoël)

Gor-gor (karnivore vissoort)

Doem-doempie (soort muggie)

Gat-gat (insek)

Kon-kon (soort akkedis)

Kwikkwikkie (kwikstertjie)

Dirkdirkie (geelbruin kortstertlystertjie)

Hoep-hoep (voël)

Dik-dik (bok)

Tjor-tjor (steenbras)

Gekrimpte vers wat ek saamgestel het met eksosentriese woorde slegs as voorbeeld hier geplaas:

Ek het beskrywende woorde vir sterk drank (alles sinonieme - dit sluit die titel ook in) gebruik vir die skep van hierdie vers:

Meraai vannie baai:
Bolandsous

Hanepootekstrak;
pa-ja-vir-ma
rinneweersappies,
spel:
huismoles!
©

AANGEDRA UIT DIE FORUMGANGE:
Diamantjie en die dief:

"oopketel" as benaming vir as 'n vrou lelik sit. Ons het ds gehad wat gesê het: "aai broer, daars niks mooier as n mooi vrou wat lelik sit nie!" ;-)

Piet Magriet:
Ons het altyd van die tarrentale gepraat as 'n tjirr-tjirr of tjirr-tjirretjies

Ons het 'n tortelduif in die tuin. Hy sê altyd vir sy maatjie:
"Sit-'nbietjie-soentoe! Sit-'nbietjie-soentoe! (Die "soen" word 'n bietjie langer uitgespreek en die "toe" is kort.

Piet-my-vrou.

toe-toe = kry nou klaar

pie-pie = ‘n klein kind wat kamer verlaat

donder rommel = swaar weer

kiep-kiep = hoender

tjoek-tjoek = trein

miow-miow = kat

kee-kee-kee = Langvlerkstormvoël

warra-warra = Witmalgas (ook gebruik in “moenie hier
kom warra-warra nie” kom bog praat nie.

pok-pok = Bosluisvoël

kek-kek = Ralreier

ra-ra-ra = Dwergrietreier

honk-honk = Grootflamink (ook gesê van die geluid van ‘n toeter)

ha-ha-dha-dha = Hadeda

kok-kok = Glansibis

tsui-tsui = Dwerggans

kok-kok-kok = Witaasvoël ook ‘n Enkelbandslangarend

kyow-kow-kow = Visarend

hok-ok-hok = Bruinslangarend

koow-koow-koow = Swartborsslangarend

crok-crok-crok = Dubbelbandslangarend

klooee-klooee = Breëkoparend

kewee-kewee = Kroonarend

klee-klee = Afrikaansejagarend

kow-kow-kow = Witborsjakkalsvoël

pee-pee-pee = Witkruispaddavreter

chip-chip = Dwergvalk

keep-keep = Ovambosperwer

kik-kik = Kleinsingvalk

tu-tu-tu = Kleinsperwer

kee-kee = Rooiborssperwer

kak-kak-kak = Edelvalke en ook ‘n Swerfvalk

kree-kree = Teitavalk

kie-kie-kie = Rooinekvalk

kiek-kiek-kiek = Afrikaanseboomvalk

keee-keee = Dickinsonse Valk

kiek-kiek = Kransvalk

krraae-krraae = Bosveldfisant

cackalac-cackalac = Kaapse Fisant

chee-chakla, chee-chakla = Bospatrys

kek-kek-kek = ‘n Gewone Tarentaal

keet-keet-keet = Kuifkop Tarentaal

ooomph-oomhp = Bromvoël

kree-kree = Bondkwartel

crwee-crwee = Afrikaanse Kwartel

ooooop-ooooop = Kaapse Kwarteltjie

duk-duk-duk = Kleinkoningriethaan

tik-tik-tik = Gestreepte Riethaan

qurr-qurr = Kleinriethaan

gu-duk, gu-duk = Rooiborsvleikuiken

Meraai vannie baai: Nog 'n klompie kleurvolle woorde:

Volksetimotologie: Wanneer daar vir vreemde woorde wat betekenloos voorkom, woorde vervorm/herskep word wat bekend is. Vind dikwels onbewus voor weens onkunde en soms doelbewus vir die humoristiese inslag:

Kattebelletjie: afgekrabbelde haastige nie-vormlike briefie verbastering van Nederlands - cartabel

Duisendtree: Eng. dysentery (buikloop)

Ellie-roos: Eng. early rose (soort ertappel)

Bromkaaitjies: Eng. Bronchitus

Eendjiebyter: Eng. incubator

Gryspatrys: Eng. repatriation

Halsband: Eng. Husband

Kouehart: Eng. Coward

Kraaislinger: Eng. Chrysler

Oliekolonie: Keulse water voorheen eu de cologne

Spietkop: Speed cop

Kat-se-blasies: Eng. cactoblastis

pens-en-katjies: Eng. appendicitis

blouhermaans: Eng. blanc mange

merrie-korhaan: Eng. merry-go-round

Spek en bone: Spes bona

pynkelder: Eng. Pain killer

Traansuster: Eng. transistor

Dikstertmerrie: Eng. dictionary

Dronknes: Eng. drunkenness

Bekdrywer: Eng. Back-seat driver

*BRONNE:
Tydskrif vir volkskunde en volkstaal
Kok, B. Humor in ons volkstaal
Sappige sêgoed uit Namakwaland
Afrikaans uit vroeë tyd