Eksosentriese Komposita: Die kruiemiddel waarmee daar kleur en geur aan die alledaagse spreektaal gegee word. Met die gebruik van hierdie eksosentriese woordeskat probeer skrywers/digters om holruggeryde woorde te vervang met meer oorspronklike en treffende uitdrukkings.
Daar is soveel pragtige voorbeelde wat ons kan gebruik. Ek haal 'n paar kleurvolle woorde aan wat my gelok het:
Klipneuker (skertsende naam vir geoloog)
Eenpotjie-knapsak (benaming vir vrypostige kind)
Jan-suur-in-die-maars (aanstellerige persoon)
Hempie-raak-my-gatjie-nie (iemand wat gou kwaad raak)
Half-koffie-half-melk (kleurling)
Antjie-tatarat (skinderaar)
*Kleurvolle groete op die vraag hoe gaan dit met jou?
Houtbank / goed voorspoedig lekker
Fyntonne / Klopdisselboom
Fluitwiel (Namakwalandse positiewe groet)
Oopketel / besonder voor die wind (Namakwalands)
Loskatrol / voorspoedig verloop.
*Negatiewe antwoord op hoe gaan dit:
Beenkou: swaar (Bolandse Afrikaans)
(op) baadjieval / deurmekaar
Hakskeen-stootskeen / moeilik, swaar
*Ander name vir 'n polisieman:
komkommerkuit
*Ander name vir berede poliesman:
Gou-gryp
Bottelbeen
Bloubottel
Bloujas
Platpoot
Gesperbeen
Doringhakskeen
Goewermentpaal
Hardehoed
Hardekuit
Koperknoop
Hierdie klanknabootsende woorde (onomatopeïiese woorde) vorm deel van ons eksosentriese komposita:
Koes-koestertjie (vanweë die voëltjie se koes-koes bewegings)
Sing-singertjie (sonbesie wat skril skreeu op warm somerdae)
Piet-tjou-tjou
Piet-ses-perde-wa
Koekoek
Tinktinkie
Toktokkie
Kokkewiet
Hok-hok (bromvoël)
Gor-gor (karnivore vissoort)
Doem-doempie (soort muggie)
Gat-gat (insek)
Kon-kon (soort akkedis)
Kwikkwikkie (kwikstertjie)
Dirkdirkie (geelbruin kortstertlystertjie)
Hoep-hoep (voël)
Dik-dik (bok)
Tjor-tjor (steenbras)
Gekrimpte vers wat ek saamgestel het met eksosentriese woorde slegs as voorbeeld hier geplaas:
Ek het beskrywende woorde vir sterk drank (alles sinonieme - dit sluit die titel ook in) gebruik vir die skep van hierdie vers:
Bolandsous
Hanepootekstrak;
pa-ja-vir-ma
rinneweersappies,
spel:
huismoles!
©
AANGEDRA UIT DIE FORUMGANGE:
Diamantjie en die dief:
"oopketel" as benaming vir as 'n vrou lelik sit. Ons het ds gehad wat gesê het: "aai broer, daars niks mooier as n mooi vrou wat lelik sit nie!" ;-)
Piet Magriet:
Ons het altyd van die tarrentale gepraat as 'n tjirr-tjirr of tjirr-tjirretjies
Ons het 'n tortelduif in die tuin. Hy sê altyd vir sy maatjie:
"Sit-'nbietjie-soentoe! Sit-'nbietjie-soentoe! (Die "soen" word 'n bietjie langer uitgespreek en die "toe" is kort.
Piet-my-vrou.
toe-toe = kry nou klaar
pie-pie = ‘n klein kind wat kamer verlaat
donder rommel = swaar weer
kiep-kiep = hoender
tjoek-tjoek = trein
miow-miow = kat
kee-kee-kee = Langvlerkstormvoël
warra-warra = Witmalgas (ook gebruik in “moenie hier
kom warra-warra nie” kom bog praat nie.
pok-pok = Bosluisvoël
kek-kek = Ralreier
ra-ra-ra = Dwergrietreier
honk-honk = Grootflamink (ook gesê van die geluid van ‘n toeter)
ha-ha-dha-dha = Hadeda
kok-kok = Glansibis
tsui-tsui = Dwerggans
kok-kok-kok = Witaasvoël ook ‘n Enkelbandslangarend
kyow-kow-kow = Visarend
hok-ok-hok = Bruinslangarend
koow-koow-koow = Swartborsslangarend
crok-crok-crok = Dubbelbandslangarend
klooee-klooee = Breëkoparend
kewee-kewee = Kroonarend
klee-klee = Afrikaansejagarend
kow-kow-kow = Witborsjakkalsvoël
pee-pee-pee = Witkruispaddavreter
chip-chip = Dwergvalk
keep-keep = Ovambosperwer
kik-kik = Kleinsingvalk
tu-tu-tu = Kleinsperwer
kee-kee = Rooiborssperwer
kak-kak-kak = Edelvalke en ook ‘n Swerfvalk
kree-kree = Teitavalk
kie-kie-kie = Rooinekvalk
kiek-kiek-kiek = Afrikaanseboomvalk
keee-keee = Dickinsonse Valk
kiek-kiek = Kransvalk
krraae-krraae = Bosveldfisant
cackalac-cackalac = Kaapse Fisant
chee-chakla, chee-chakla = Bospatrys
kek-kek-kek = ‘n Gewone Tarentaal
keet-keet-keet = Kuifkop Tarentaal
ooomph-oomhp = Bromvoël
kree-kree = Bondkwartel
crwee-crwee = Afrikaanse Kwartel
ooooop-ooooop = Kaapse Kwarteltjie
duk-duk-duk = Kleinkoningriethaan
tik-tik-tik = Gestreepte Riethaan
qurr-qurr = Kleinriethaan
gu-duk, gu-duk = Rooiborsvleikuiken
Meraai vannie baai: Nog 'n klompie kleurvolle woorde:
Volksetimotologie: Wanneer daar vir vreemde woorde wat betekenloos voorkom, woorde vervorm/herskep word wat bekend is. Vind dikwels onbewus voor weens onkunde en soms doelbewus vir die humoristiese inslag:
Kattebelletjie: afgekrabbelde haastige nie-vormlike briefie verbastering van Nederlands - cartabel
Duisendtree: Eng. dysentery (buikloop)
Ellie-roos: Eng. early rose (soort ertappel)
Bromkaaitjies: Eng. Bronchitus
Eendjiebyter: Eng. incubator
Gryspatrys: Eng. repatriation
Halsband: Eng. Husband
Kouehart: Eng. Coward
Kraaislinger: Eng. Chrysler
Oliekolonie: Keulse water voorheen eu de cologne
Spietkop: Speed cop
Kat-se-blasies: Eng. cactoblastis
pens-en-katjies: Eng. appendicitis
blouhermaans: Eng. blanc mange
merrie-korhaan: Eng. merry-go-round
Spek en bone: Spes bona
pynkelder: Eng. Pain killer
Traansuster: Eng. transistor
Dikstertmerrie: Eng. dictionary
Dronknes: Eng. drunkenness
Bekdrywer: Eng. Back-seat driver
*BRONNE:
Tydskrif vir volkskunde en volkstaal
Kok, B. Humor in ons volkstaal
Sappige sêgoed uit Namakwaland
Afrikaans uit vroeë tyd




