Hallo aan almal. Ek weet nie of dit die gepaste onderwerp is om my woorde hierdie te plaas nie.
PM soms vertel mense leuens omdat hulle bang is vir die waarheid. Daardie benoude gevoel en hartkloppens wat mens ervaar as jy weet nou moet jy kies tussen 'n leun of die waarheid laat die bloeddruk die hoogte in skiet.
Dit kan ook wees dat iemand dalk bang is vir verwerping en dan 'n leuen vertel. Dit bring my vandag by hoekom ek benoud voel en hartkloppens het.
Die laaste paar dae het ek nie op die forum kom kuier nie omdat ek bang is. Ek het sit en wonder (of julle ) dalk wonder hoekom ek nie kom kuier nie.
Ek wou 'n leun vertel: deur te sę ek is baie besig. Dit is 'n leuen wat baie maklik deur mense aanvaar word want ons almal kry tye wat on baie besig is en nie tyd het om saam ander te kuier nie maar komende van my sal dit 'n leun wees.
Hier is die waarheid: Ek het my kuier tydelik gestop omdat ek weer in myself gekruip het. Ek sien my dokter twee keer per week sodat hy my moet help om uit die donker gat te klim.
Ek is baie bang dat hierdie mens wat ek nou is weer 'n Theuns sal word en het dus my toegang beperk tot die forum.
Ek hoop dat julle sal verstaan. Sodra my dokter my bloedvlakke reg het en my pille weer reg werk sal ek weer kom kuier.
Ek dink tog dat hierdie inpas by jou onderwerp. Dit was vir my baie moeilik om te besluit tussen 'n wit leun te kom vertel en/of die waarheid.
Dus sal ek weer kom kuier sodra my verstand nie in 'n ander rigting wil neek nie.







Al wat ek kon kry in Gatkantland. Ek het ook kopgekrap ... moenie sleg voel. Welkom in die kringetjie suster!