Woes Forum
28, January, 2012, 02:37:47 pm *
Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length
News: Forums moet asseblief so na as moontlik aan die onderwerp gehou word. Onwelvoeglike kommentare en bydrae's sal verwyder word.
 

   Home   Help Search Login Register  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic: Knoffel roomys  (Read 3152 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Ya.acov
WOES!!!

Posts: 3130


Kyk op


« on: 07, March, 2009, 03:53:14 pm »

Hier is 'n groep mense wat aan 'n "organisasie" behoort, waartoe net sekere mense genooi word.

Die span hou van tyd tot tyd knoffel-aande, dan is dit van voor tot agter knoffel.

'n Paar jaar gelede het een van hulle met 'n resep opgekom, genoem "Knoffel roomys", maar die resep is nooit bekend gemaak of beskikbaar gestel nie.

Is daar enige iemand wat vindingryk genoeg is om roomys te kan maak, met 'n knoffel geur.

Dit hoef nie 'n beproefde resep te wees nie, want dan is die poel van deelnemers dadelik afgeskaal na 'n moontlike aantal kandidate van minder as twee.

As ons hier die ideale resep kry, noem ons dit Woes knoffel roomys-resep.


Logged

BKY
Piet Magriet
Forum Mechanic
WOES!!!

Gender: Female
Posts: 8379

Om te weet is om te verstaan.


« Reply #1 on: 07, March, 2009, 05:27:57 pm »

Knoffel in jou roomys!!!
Eish!  Nou het ek ook alles gehoor!
Ek hou van rum in myne, sommer so 'n lekker rum en roesyntjies met 'n ekstra tottie rum oor! occasion14
 bootyshake
Logged

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
Ya.acov
WOES!!!

Posts: 3130


Kyk op


« Reply #2 on: 07, March, 2009, 05:44:30 pm »

Maar PM dan is jy in uitgelese geselskap, en baie dinge raak nou vir my duidelik.

Dis juis die rm en knoffel die volgende dag wat 'n mens deeglik bewus gemaak het dat die knoffel-aand die vorige aand was.

So "rum and roesyntjie" klink maar baie na aan "rum en knoffel".

Logged

BKY
Piet Magriet
Forum Mechanic
WOES!!!

Gender: Female
Posts: 8379

Om te weet is om te verstaan.


« Reply #3 on: 07, March, 2009, 09:02:10 pm »

 icon_biggrin
Ek eet knoffel uit selfverdediging.  Jy weet, as ek saam stink dan ruik en nie die ander se stink nie.
Ek speel net, ek is vreeslik lief vir rooipeper, knoffel, gemmer en kaneel.  Hoe sterker die  kos hoe lekkerder.
Dit is waar ek my "gif" vandaan haal.   toothy9
'n Regte rissiepit!  bootyshake
Logged

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
Lorraine
Die Super Kokkedoor

Gender: Female
Posts: 2221


I am a pig, and as a pig, I have always stood out


« Reply #4 on: 08, March, 2009, 09:01:50 am »

Ek is mal oor roomys en ek is mal oor knoffel.  Maar die twee saam?  Ek sal my kop moet laat lees!  Vir so 'n resep sal 'n mens jou kop moet krap, maar ek dink die meeste mense sal hul koppe skud daarvoor.  En nog 'n klomp sal dink dat mense wat knoffelroomys eet van hul kop af is!

 icon_scratch
Logged
McFarlan
Guest
« Reply #5 on: 08, March, 2009, 11:22:45 am »

al resep wat ek ken van knoffel (wat ek, weet werk) is die volgende:

As jy las het van muskiete en wil nie gif gebruik om hulle te spuit nie, plaas knoffel in jou kamer se vensterbank en plaas knoffel onder jou kussing. Dit hou die muskiete weg.

As daar een of ander vreeslike siekte uitbreek. Kap knoffel fyn. Maak 'n klein sakkie van linne. Plaas die gekapte knoffel daarin en stik die boonste gedeelte toe.

Laat almal in die huisgesin, self die werkers die sakkie aan die binnekant (voorkant) van die hemp, bloes, rokvasteek met 'n speld. Dit is soort van 'n waarborg dat nie een sal siek word nie. Knoffel is ook 'n natuurlike antibiotika en as jy dit inasem en/of sluk sommer 'n knoffelhuise heel in, om as natuurlike antibiotika  te dien.

Knoffel sakkies kan ook aan die kleertjies van babas gesit word. Hulle bly gesond.  icon_biggrin
Logged
Piet Magriet
Forum Mechanic
WOES!!!

Gender: Female
Posts: 8379

Om te weet is om te verstaan.


« Reply #6 on: 08, March, 2009, 11:29:06 am »

Knoffel hou ook vampiere weg! icon_biggrin
Logged

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
Ya.acov
WOES!!!

Posts: 3130


Kyk op


« Reply #7 on: 08, March, 2009, 03:39:32 pm »

My volgende uitvindsel gaan Knoffel tandepasta wees.

As julle my net wil help met die roomys...

En die planne vir knoffel beachies word nou vertaal vir indiening.


Logged

BKY
Diamantjie en die dief
Guest
« Reply #8 on: 15, March, 2009, 04:13:26 am »

Nout ek als gehoor-knoffelroomys! Bly uit die kombuis ou met snaakse naam! Gehoor swanger vroue raak lus vir roomys met tamatiesous. Die vat die koek!
Logged
Willa
Ah,Willa! op Woes en Mabooki
Weet verdomp baie!

Gender: Female
Posts: 649


keep your words sweat - you may have to eat them!


WWW
« Reply #9 on: 15, March, 2009, 06:12:03 pm »

ek eet knoffel in alles - knoffel roomys klink vir my yum!

knoffel op piesang en eier op 'n broodjie is ook konings kos

lank lewe KNOFFEL

as julle die roomys gemaak het - nooi my vir die fees  icon_biggrin
Logged

Vision without action is a daydream, action without vision is a nightmare!
Everyone is entitled to be stupid, but some abuse the privilege!

Ek is Ah,Willa! op Woes en Mabooki
daar kan julle my Afrikaans en Engelse Gedigte lees
Meraai vannie baai
Guest
« Reply #10 on: 16, March, 2009, 11:24:50 am »

Verskoon die stankie tussen die lyntjies ... so pas die voordele van knoffel besef en sommer so vir die wis en onwis die rottegif eenkant toe geskuif en paar huisies knoffel afgewurg saam met skeppie roomys.

Glo uitstekend vir gesonde harte en help met die probleem van bloedsirkulasie en voorkoming van klontvorming. Of die ouens ons belieg sal ek nie met my hand op my hart hier kan belowe maar hierdie rooinek-wyshede kan straks 'n hoofweg na beter gesondheid vir ons almal inhou: om by die topic te hou - hou die roomys byderhand vir agterna  icon_biggrin

HEALTH PROPERTIES OF GARLIC
 
Garlic is a natural antibiotic , and while far less strong than modern antibiotics, can still kill strains of bacteria that have become immune / resistant to modern antibiotics.

Garlic has anti- fungal and anti- viral properties.

Reduces yeast infections due to Candida species.

Garlic has anti-oxidant properties and is a source of selenium.

Lowers high blood pressure.

Lowers levels of LDL Cholesterol.

Helps reduce atherosclerotic buildup within arterial system.

Lowers  & helps regulate blood sugar.

Helps to prevent blood clots from forming; thus reducing possiblility of strokes and thrombosis. ( Hemophiliacs should  avoid large amounts of garlic)

Helps to prevent cancer, especially of the digestive system & prevents certain tumors from  growing larger.  Studies found it might also reduce the size of certain tumors


*met vergunning vir die tydelike leen: http://www.knoffel.co.za/knoffelklub.shtm
« Last Edit: 16, March, 2009, 11:26:42 am by Meraai vannie baai » Logged
Ya.acov
WOES!!!

Posts: 3130


Kyk op


« Reply #11 on: 16, March, 2009, 03:23:58 pm »

Die wêreld is maar klein.

Hier kom MvB al die pad van Australië, vat die bladsye hier weg en gaan sit op haar stoep en lees alles oor knoffel roomys.

Toe kom sy terug, maak gebruik van haar wye ervaringsveld en breë kennis en sit hier 'n knoffel-webblad vir ons neer.

Wel en daar besoek ek hulle en hulle ken my suster!!!

Die knoffelklub se eienaar was my baie behulpsaam. Hulle het nie self knoffel-roomys nie (wil selfs weet of die datum dan nou 01/04/09 is - maar ek kan haar nie kwalik neem nie) en verduidelik die volgende:

Knoffel kan op verskeie maniere voorberei en gebruik word. Een van die maniere is "pickeled garlic" of Knoffel Piekels, 'n soet-suur kombinasie, wat nie so sterk en branderig soos die rou knoffelhuisies is nie.

Hulle het vier verskillende van hierdie piekels. Ek haal aan "Saam met olywe, kaas, drankies, southappies, lasagne, souttert, op stokkies, pizza, in slaai, kookvleis, saam met eier, op roosterbrood .
“With Herb” of “Black Pepper” of “Mild Spice” of "Chilli"
Die knoffel reuk is minder sterk na die kookproses. "

Die kruie een het 'n roosmaryn smaak.
Die "mild spice" bevat kaneel en gemmer met 'n titsel naaltjies.

Die stroop van die piekels behoort maklik en lekker oor die roomys te loop, terwyl die piekel knoffel self fyn gemaak kan word en ingemeng kan word in gekoopte sorbet of roomys.

Ons het toe 'n bietjie gefilosofeer oor die maniere van eet en besef dat gevulde pannekoek met knoffel (en kaneel,gemmer & naatjies) baie lekker behoort te wees.

Die van julle wat tussen 24/04 en 27/04 naby die Paarl is, gaan gerus na die kaasfees en gaan proe die knoffel produkte.

Miskien sien julle my daar.

Logged

BKY
Meraai vannie baai
Guest
« Reply #12 on: 30, March, 2009, 05:16:08 am »

007 Rapporteer terug:

 http://www.woesblog.com/forum/index.php?topic=1950.0

  book1 sunny notworthy
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  
 
Jump to:  


Dial Direct Insurance South Africa

Dial Direct E-Quote online insurance quote

Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.4 | SMF © 2006-2007, Simple Machines LLC Valid XHTML 1.0! Valid CSS!