Woes Forum
09, September, 2010, 02:12:12 pm *
Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length
News: Forums moet asseblief so na as moontlik aan die onderwerp gehou word, tensy jy daai freaky gevoel wil beleef van :   "Now you see it, Now you don't" 
Lees gerus by Sê Wie wat die vereistes is vir elke forum. As daar enige vrae is, voel asseblief vry om my te vra.   
 
Ondersteun deur
Woes.co.za - Kreatiewe platform vir Afrikaans Ruff.co.za - creative platform for English Soek-Afrikaans.co.za - Afrikaanse soekmasjien Wetmail.co.za - Free weekly diving E-zine
   Home   Help Search Login Register  
Pages: [1] 2 3 4   Go Down
  Print  
Author Topic: Prentjieverhale  (Read 6784 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Mel
Forum Spietkop
Die Super Kokkedoor
***
Gender: Female
Posts: 2314



« on: 19, March, 2009, 08:00:13 am »

Okay, ons het nou titelverhale...so, dit is net regverdig vir ons storievertellers om die visuele kunste ook nader te sleep.

Ek onthou op skool (ek was biblioteek-prefek) moes ons (om onsself so bietjie besig te hou deur die jaar) 'n boek lees en 'n voorblad cover maak. Ek self is nou nie die kunstigste mens wat ek ken nie...maar die herinnering het my 'n idee gegee...

JUENKA!!! Ek het jou hulp nodig! Kan jy nie vir ons 'n nice pic laai en dan moet ons 'n kortverhaal oor die pic skryf nie? Die titel en inhoud is elke skrywer se perogative...dit moet voortvloeiend van die prent wees...net soos met die prentjiewoorde...

Is julle game?
Logged

"I hear and I forget, I see and I remember, I do and I understand" - Confucius
juenka
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Female
Posts: 1459



WWW
« Reply #1 on: 19, March, 2009, 11:58:44 am »

Goed hier kom dit. Skarlakenkoors op woes is 'n gebruiker op Deviantart. Sy staan daar bekend as Lyrica-Lee op http://lyrica-lee.deviantart.com/ Sy is 'n ongelooflike jong mens. Sy is 'n digter en een van die mees kreatiewe/intellegente mense wat ek ken. Hierdie prentjie is een van my favourites. Let wel ek plaas dit hier met haar toestemming maar alle kopiereg behoort aan haar. Kontak haar gerus as julle van haar werke wil gebruik buite hierdie projek.

Let wel dat Skarlakenkoors gebruik maak van "stock" op deviantart vir haar foto manuplilasies. Die prentjie se stock kom van die volgende devianart gebruikers.

CREDITS: Model:~savung-stock | BG:*Dracoart-Stock | Piano:~MagnoliaStock | Texture:*Liek | Brushes:~spiritsighs-stock , *gorjuss-stock , *redheadstock and =digital-amphetamine


Ek heg die prentjie aan want ek is nie so slim soos julle om dit in die teks te sit nie.

Dan as julle dalk 'n foto of iets het wat julle vir die volgende een wil gebruik stuur dit gerus na my toe by karin@juenka.co.za Ek sal dit so bietjie manupileer en dan kom plaas ons dit hier as dit vir jou goed lyk.



« Last Edit: 19, March, 2009, 03:20:33 pm by juenka » Logged

Did I dream this believe or did I believe this dream?
juenka
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Female
Posts: 1459



WWW
« Reply #2 on: 19, March, 2009, 02:53:09 pm »

Hier is myne.


Die Verlore Danser

Klara maak haar joernaal oop en blaai stadig deur dit. Sy het op ‘n stadium so pligsgetrou elke dag geskryf. Haar gevoelens, haar drome en elke enkele goue oomblik van elke dag vul die bladsye. Sy vryf sag kuns oor die laaste inskrywing. Ses maande gelede.

26 Julie 2008

“Ek kan nie glo dat hierdie dag gekom het nie. John het my sopas geskakel uit Las Vegas uit. Hy het die kontrak gekry!!! Ek het geweet hy sal dit kan doen. John het my  die wêreld belowe en vandag is die dag. Dit voel soos gister toe hy na die Giselle vertoning my ma geskakel het. Dat hy my tussen al die ander raak gesien het was ongelooflik. Ek onthou nog sy woorde,
 
“Mevrou jou dogter is die volgende Pierina Legnani”.

Nou net 2 maande later en te danke aan hom gaan ek die rol van Nikiya speel in ‘n moderne weergawe van La Bayadere. Dit gaan John se eerste produksie wees en hy sê alles waaraan hy vat verander in goud. Hy moet net my ma gerusstel dat ek veilig sal wees  alleen. Ek dink nie sy vertrou hom nie. Vir haar is 18 nog te jonk al is ek die een wat vir haar sorg. Ek wens my ma kan saam kom maar ek weet dit is ontmoontlik. Sy gaan nog besig wees met haar chemo teen die tyd wat ek gaan. Nou dat ek die woorde hier skryf wonder ek of ek nie maar eerder moet bly nie. Sê nou sy het my nodig of iets gebeur terwyl ek weg is.....Nee ek glo en vertrou dat sy sal kom kyk sodra sy weer gesond is. Ek sal elke aand vir haar dans. Sy gaan gesond word, ek weet dit, ek glo dit.”


Klara sit haar joernaal op die grimering tafel voor haar. Sy kyk vir haarself in die beligte spieël. Sy het oud geword. In ‘n baie kort tyd het sy oud geword. Volwasse. Sy soek sonder sukses in haar handsak na ‘n pen. Haastig grou sy tussen die deurmekaar grimering tas voor haar. Sy moet iets skryf voor sy op stage gaan. Uit frustrasie gryp sy ‘n swart eyeliner en maak ‘n nuwe inskrywing.

15 Januarie 2009

Liefste ma

Ma was reg gewees oor John. Ma vergewe my asseblief. Terwyl ma in die hemel langs God sit pleit asb vir my vergifnis.

Ma ek mis jou

Jou dogter

Klara



“Come on Candy. Don’t let the customers wait. You are not being paid to sit around and do nothing.”

“Ek is oppad” mompel Klara onderlangs terwyl sy die joernaal vinnig wegsteek en haar dun bikini top regskuif.

Jones reageer vies.

“For the last time no Afrucaans.  And by the way, stop with the ballay  stuff. This is Ranchy Chicks not the Royal Alfred Hall.”

Klara staan op en loop tot reg voor Jones se dik gesig en sê:

“Royal Albert Hall jou poephol”
« Last Edit: 26, June, 2009, 03:03:59 pm by McFarlan » Logged

Did I dream this believe or did I believe this dream?
McFarlan
Guest
« Reply #3 on: 21, March, 2009, 04:31:30 pm »

 sign10 Okey hier is my storie, ek het hard probeer  icon_biggrin niemand kan sê ek het nie probeer nie.  love4

Die lieflike ballerina.

Nina lieflike ballerina
jy is die koninging
van al die ballerinas.

Nina pretty ballerina....PLAGIAAT!...ek haat plagiaat!

Verdomp! meisie dans! Lig jou kop! Skop op jou voete! en dans, dans. Breek die ketting van Nina die pretty ballerina. Omhels die wêreld met jou dans en word dié danseres.
Dans meisie dans...dans die seeweë se heimwee...

Dans meisie dans...

Ek skryf ( jy dans ) ek skryf  (jy dans) ek breek die ketting wat my gedagtes boei...
Lieflike dansende ballerina...ek het jou uit my gedagtes geskryf...Dankie tog!
Logged
Mel
Forum Spietkop
Die Super Kokkedoor
***
Gender: Female
Posts: 2314



« Reply #4 on: 23, March, 2009, 01:13:02 pm »

Tot die dood ons skei

"Ek is jammer Mevrou Van Dyk, maar ongelukkig is u medies uitgeput en het u geen ander keuse nie" en met die beslissing, word die straf my opgelê.

Ek moet vandag my man huis toe neem. Die angs skreeu weerstand teen my hartsmure uit! Benhardt sal vanaand weer die vier mure betree waar ons ons eerste huweliksnag deurgebring het. Dieselfde spasie waar al ons herinneringe saam verstrengel lê, behalwe dat...en verder hok my verstand die gevoel van benoude onwerklikheid wat my skielik wil oorval. Ek is die een wat my rasionele denke in plek moet hou, maan ek myself terwyl ek sy kamer vir hom laastens afrond…natuurlik met sy klavier in die hoek. Die geestesteuring het my vrygespring en kan ek nog die sonskyn op my ooglede voel en my plekmeter in hedendaagse bestaan bereken. Benhardt se toestand sal nooit weer normaliseer nie.

Ek glo in alle opregtheid dat ek hom in my arms sal kan hou en die seun met die wilde kuif en dimpel in sy melkbaardken nog steeds in sy oê sal vind...die passie van sy musiek nog steeds sal hoor. Ons ken en lief mekaar alreeds vanaf die brose ontwakingstyd van sestien jaar. Eerste liefde was 'n ware verhaal vir ons en een wat ons deurentyd aan ander sou voorlees. Die eksepsionele voorbeeld van sielsverbind. Die geestelike tyd van die wêreld kon ons nooit skei nie en het ons maagdelike harte tussen mekaar gedra. Die feit dat ek soms vir maande in die buiteland was op verskeie navorsingsprojekte kon geen kraak in ons liefde nalaat nie. 'n Wolk skuif voor my oê in en die verlies gee geboorte aan 'n onbeheerbare pynsvomering wat alles in my uitmekaar skeur.

Ek vou die kombers met onvaste hande op terwyl ek sy gelaatstrekke dophou. Hy weet waar hy is, hy erken my gesig en noem my selfs op die naam. Sy geheue is in takt, alhoewel ongebalanseerd. Dit is net sodra sy onverstaanbare vereistes en herinneringstogte oor sy lippe kom dat ek verdwaas staan. Die medici reken dat dit deel van die toestand is, maar in my verdwaalde gemoed is onbegrip my maat.

"Leana...onthou jy toe jy die eerste maal voor my en pointe gedoen het? Jy het die wet van swaartekrag oorskry en my na my asem laat snak. Met my vingers op die klawers kon ek jou liggaam beheer en jy is die volmaakte danser en enigste vrou in my hart"

Ek draai my rug terwyl die trane verraad teen my wange spel. Ek het nog nooit in my lewe ballet gedoen nie…
Logged

"I hear and I forget, I see and I remember, I do and I understand" - Confucius
werelde weg
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Male
Posts: 1937


sou jy soms huiwer , weet jy dalk waar jy kan faal


« Reply #5 on: 20, May, 2009, 11:29:23 pm »

EN HIER WORD EK OOK WAKKER
NOG N INSKRYWING VIR DIE FOTO VAN DIE MIESIE MET KLAVIER

toutjie vrou...


Dans my pop vroutjie.
Ek speel met jou op die wiege van die klavier ,
met die kollig wat ophelder en jou die ster maak ;
trek ek jou in die perfekte harmonie ;net waar ek jou wil he.
Jou voete dans met geen passie maar tog dans jy nes ek dit verkies.
Ek is jou pop meester;
die klavier is my maatstaaf .
Jy het geen beheer nog konekteer ek jou, aan my wese.
Jy is my toutjie vrou
« Last Edit: 26, June, 2009, 03:04:34 pm by McFarlan » Logged

ligsinnigheid mag dalk net die andwoord wees tot die vraag...
werelde weg
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Male
Posts: 1937


sou jy soms huiwer , weet jy dalk waar jy kan faal


« Reply #6 on: 07, September, 2009, 10:29:35 pm »

stuur daar vir ons nog n prentjie toe  love4
Logged

ligsinnigheid mag dalk net die andwoord wees tot die vraag...
juenka
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Female
Posts: 1459



WWW
« Reply #7 on: 08, September, 2009, 07:40:11 am »

For you sal ek dit enige tyd doen. Hou dop ek plaas een vandag.
Logged

Did I dream this believe or did I believe this dream?
werelde weg
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Male
Posts: 1937


sou jy soms huiwer , weet jy dalk waar jy kan faal


« Reply #8 on: 20, November, 2009, 07:01:31 pm »

ai ou jinks my vinngers jeuk ....
Logged

ligsinnigheid mag dalk net die andwoord wees tot die vraag...
juenka
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Female
Posts: 1459



WWW
« Reply #9 on: 20, November, 2009, 08:53:19 pm »

WW ek sal more kom plaas want my vingers jik ok.
Logged

Did I dream this believe or did I believe this dream?
juenka
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Female
Posts: 1459



WWW
« Reply #10 on: 23, November, 2009, 08:05:13 am »

Logged

Did I dream this believe or did I believe this dream?
Mel
Forum Spietkop
Die Super Kokkedoor
***
Gender: Female
Posts: 2314



« Reply #11 on: 23, November, 2009, 09:28:25 am »

Dankie Juenka. Ek dink dit is hoogtyd! Hou ons breine besig en ons lywe uit die moeilikheid  icon_biggrin
Logged

"I hear and I forget, I see and I remember, I do and I understand" - Confucius
werelde weg
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Male
Posts: 1937


sou jy soms huiwer , weet jy dalk waar jy kan faal


« Reply #12 on: 23, November, 2009, 09:51:10 pm »

interesante een die jinks ek gaan kyk wat ek hieruit kan maak
dankie vir die moeite...

kom julle laat daai vingers wriemel en die gedagtes vloei...
Logged

ligsinnigheid mag dalk net die andwoord wees tot die vraag...
Piet Magriet
WOES!!!
*
Gender: Female
Posts: 5155

Om te weet is om te verstaan.


« Reply #13 on: 24, November, 2009, 10:29:15 am »

Aster,
jou gesiggie is verskuil agter 'n aardkorsmasker, maar die pad na jou siel lê oop en bloot
onbeskut. 
Logged

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
werelde weg
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Male
Posts: 1937


sou jy soms huiwer , weet jy dalk waar jy kan faal


« Reply #14 on: 24, November, 2009, 09:20:36 pm »

mmmm... kort en kragtig maar dit bring die boodskap  deur...

jinks ons hoor niks van jou nie?

 
Logged

ligsinnigheid mag dalk net die andwoord wees tot die vraag...
Pages: [1] 2 3 4   Go Up
  Print  
 
Jump to:  



Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.4 | SMF © 2006-2007, Simple Machines LLC Valid XHTML 1.0! Valid CSS!