Goeiste, en ek sit hier met 'n erge aanval van selfbejammering omdat ek so "hard" moet werk! Jy is 'n ou doring Gawie en ek ken jou mos so!
Ons twee groot- en twee kleinkinders kuier hier uit Dubai en ons gaan nou nou ry om goed aan te koop vir die binnetuin. Henk en Jo is uitstekende kunstenaars en ek kan nie wag om te sien waarmee hulle vorendag gaan kom nie.
Onthou jy nog van September se vakansie? Julle sal nie die woonstel ken nie. Dit is nou uitgeverf met nuwe gordyne en dit lyk te "smart"! Die agterste vertrek sal aan die beurt kom as die sitkamer en familiekamer eers uitgesorteer is. Maandag begin 'n kontrakteur met die dak se herstel, waterpype bo-gronds aan te lê, die staalwerk, buitemure en plaveisel te verf. Julle sal nie weer in 'n "nes" hoef te bly nie.

Ek is dankbaar om te hoor dit gaan so goed met jou. Dink net as jy heeldag siek in die bed moes bly!

Ook dankbaar dat jy weer kan saam kuier.