Woes Forum
06, September, 2010, 02:36:25 pm *
Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length
News: Forums moet asseblief so na as moontlik aan die onderwerp gehou word, tensy jy daai freaky gevoel wil beleef van :   "Now you see it, Now you don't" 
Lees gerus by Sê Wie wat die vereistes is vir elke forum. As daar enige vrae is, voel asseblief vry om my te vra.   
 
Ondersteun deur
Woes.co.za - Kreatiewe platform vir Afrikaans Ruff.co.za - creative platform for English Soek-Afrikaans.co.za - Afrikaanse soekmasjien Wetmail.co.za - Free weekly diving E-zine
   Home   Help Search Login Register  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic: 'n Nederlandse raai-raai  (Read 498 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Jan se Basjan
Snotneus
*
Gender: Male
Posts: 2


« on: 13, May, 2010, 09:13:50 pm »

Hello mense,

Hierdie is my eerste bydrae aan die forum (het nou-net eers geregistreer):

My ma het vir my 'n rympie/kopkrapper vanmiddag gegee. Ek neem aan dit is oorspronklik Nederlands, so verskoon maar my spelling:

"Raai raai riepa (rieppa?). Geel is die piepa, wit is die stad waarin die piepa sat."

'Piepa' weet ek beteken 'vader' of 'pappa', en 'sat' neem ek aan beteken 'sit'.

Ek sal graag, eerstens, wil weet wat die antwoord of oplossing vir die raaisel is en, tweedens, of dit 'n ou kinderrympie is (of altans, enige geskiedkundige inligting m.b.t. dit). Rympies, gesegdes en idiome het die mees interessante oorspronge.

Ek het nie my ma gevra waar sy dit gehoor het nie (dit kon dalk 567Capetalk gewees het; sy luister dit getrou), dus, kan dit net so wel iets wees wat iemand gister self opgemaak het...

Enige idees en/of kommentaar sal baie waardeer word.

Tot later dan,

Jan se Basjan
Logged
werelde weg
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Male
Posts: 1935


sou jy soms huiwer , weet jy dalk waar jy kan faal


« Reply #1 on: 13, May, 2010, 11:03:07 pm »

sjoe jan se bas ek is nou vir eers gebol
maar welkom hier op die forum  hello

ek probeer nou eers die piepa ding uitfigure...  icon_scratch
Logged

ligsinnigheid mag dalk net die andwoord wees tot die vraag...
Piet Magriet
WOES!!!
*
Gender: Female
Posts: 5078

Om te weet is om te verstaan.


« Reply #2 on: 14, May, 2010, 06:57:38 am »

Welkom Jan.

Die rympie klink so in Afrikaans.

Raai raai riepa,
Geel is die piepa,
Groen is die doedelsak
Waar die piepa aan hang. 

Weet julle nou wat dit is?  Hasies is baie lief daarvoor. 

« Last Edit: 14, May, 2010, 07:00:34 am by Piet Magriet » Logged

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
Frikkie Hubbelse
Guest
« Reply #3 on: 14, May, 2010, 08:06:21 pm »

Jan jou rympie is reg. Dit is 'n eier.
Piet Magriet s'n is 'n wortel

Daar is nog 'n paar soos bv.
Raai raai riepas
Swart is die piepas
rooi is die kuip
waar die piepas wegkruip.

(Waatlemoen)
Logged
Frikkie Hubbelse
Guest
« Reply #4 on: 14, May, 2010, 08:09:36 pm »

Skiestog Jan. Welkom en dankie vir 'n goeie, sinvolle eerste bydrae.
Logged
Jan se Basjan
Snotneus
*
Gender: Male
Posts: 2


« Reply #5 on: 16, May, 2010, 12:12:25 am »

Baie dankie julle!

Ek gaan my ma omboul met my uit-die-bloute-insig. Haha! Grap net; gaan haar definitief voorstel aan die forum (hoekom het ek nie al laaankal aangesluit nie? tsk tsk)

Dankie weereens. Julle skop gat! (soos die engelsman wens hy kon sê)

Jan se Basjan O.B.A. Jan B
Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  
 
Jump to:  



Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.4 | SMF © 2006-2007, Simple Machines LLC Valid XHTML 1.0! Valid CSS!