Woes Forum
06, September, 2010, 01:50:34 pm *
Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length
News: Forums moet asseblief so na as moontlik aan die onderwerp gehou word, tensy jy daai freaky gevoel wil beleef van :   "Now you see it, Now you don't" 
Lees gerus by Sê Wie wat die vereistes is vir elke forum. As daar enige vrae is, voel asseblief vry om my te vra.   
 
Ondersteun deur
Woes.co.za - Kreatiewe platform vir Afrikaans Ruff.co.za - creative platform for English Soek-Afrikaans.co.za - Afrikaanse soekmasjien Wetmail.co.za - Free weekly diving E-zine
   Home   Help Search Login Register  
Pages: [1]   Go Down
  Print  
Author Topic: [b]Christelike besprekingsforums: Deel inligting.....[/b]  (Read 126 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Gerhard Ebersöhn
Weet dinge
****
Posts: 471


« on: 24, July, 2010, 01:02:54 am »



Blogs is ongemaklik en oorgelaat aan die smaak van die blogger. As hy iets moet hanteer waarvan hy nie hou nie, plaas hy dit net nie. Soos Ds Prof Stefan Joubert se eKerk en Ds Jaco se Toringkerk blogs.

Topix is sekerlik die besigste, vinnigste en maklikste 'blog'-tipe forum op die internet, maar ek weet nie of mens daarop 'n Afrikaanse ruimte sal vind of kan volhou nie.

Phillip (Ds?) se TruthExposed is eintlik Truth Expelled en onderhewig aan sy eie gedurige opdringerigheid, en dik van soetgeit nagmaalsdruiwesap.  Vir sedepreekverslaafdes, net die forum.

Kletskerk is klaar ge-oeit. Het vir 'n paar dae weer 'n paar snakke na asem gegee, en toe blykbaar die laaste asem uitgeblaas.

Nou wie wil dieselfde lot vir WOES wens?  Nie ek nie.  So wat kan ek doen om WOES woema te gee?

Ek sal eerste van alles aanraai - vir WOES om aan te hoor of te weier: Skep 'n braaivuur NET vir Skrifbespreking en NET vir Skrifbesprekers. 

Modereer die braailat en smyt softies vir die taak ter hand uit die kring van gelowige Christen vegsmanne en -vroue.

EN SMYT PERSOONLIKE TEER-EN-VEERDERS UIT— en met grootste hardhandigheid, die silikoonliefde-smouse wat hulle nie by die onderwerp of tema van die braailat kan bepaal nie.

Met vrye gebruik van ENIGE VORM of grootte van druk of font.

Moderator, jy het weer ‘n kontrakkie vir ‘n rukkie; kom ons sien hoe lank hy kan hou.


Logged
newmancr
Nog Nat agter die Ore
**
Posts: 72


« Reply #1 on: 14, August, 2010, 04:44:14 pm »

GE skryf o.a.,
"Ek sal eerste van alles aanraai - vir WOES om aan te hoor of te weier: Skep 'n braaivuur NET vir Skrifbespreking en NET vir Skrifbesprekers.  "

Terwyl die Skrif ons oproep om mekaar se laste te dra, terwyl ons - soos God - nie mekaar veroordeel nie, maar probeer begryp en empatie he (sonder om noodwendig goed te keur!) kan sekerlik in bestaande behoeftes vervul.

Persoonlike aanvalle behoort myns insiens definitief NIE toegelaat te word NIE!  Eerder dat 'n saak in liefde aangespreek en selfs oor verskil word!

Die versoek oor lettergrootte sluit nou aan by my draad oor PASSIE.

Christene was nog altyd by verre in die minderheid en sal volgens my (verstaan van die Bybel) altyd in die minderheid wees. (Daarom dat ons des te meer 'n plek nodig het om mekaar te bemoedig!)
Logged

juenka
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Female
Posts: 1458



WWW
« Reply #2 on: 14, August, 2010, 05:34:06 pm »

Ek 'take note' en sal terugvoer gee sodra ek meer reaksie kry van mede forumlede. GE sal net Christene welkom wees?
Logged

Did I dream this believe or did I believe this dream?
Fransi
Weet dinge
****
Posts: 307


« Reply #3 on: 16, August, 2010, 09:51:14 am »

 hello
Dit sal lekker wees om êrens dalk te kan lees hoe ander sekere skrifgedeeltes sien of boodskappe wat 'n mens vir jouself kan neem. Ek onthou o.a een preek waarna ek eenkeer geluister het wat die persoon genoem het dat Petrus naak was in die skip (hulle was besig om vis te vang) en toe hy Jesus op die strand sien het hy sy bokleed aangetrek en in die water gespring en na Hom toe geswem. Sy punt was dat dit nie prakties is om aan te trek en dan in die water te spring nie, maar dat Petrus skuldig en skaam gevoel het oor sy vroeër verloëning. 'n Mens kan dit dan sien as "aantrek/bedek" uit 'n gevoel van skaamte en skuld wat onnodig is. God weet reeds hoe ons lyk, ons kan kom net soos wat ons is.
Dit het 'n groot indruk op my gemaak.

Dit sal dus lekker wees om 'n plek te hê wat geestelik opbouend en verrykend is, sonder dat die lede mekaar of mekaar se gedagtes afbreek en aanval.
Logged
shnake
Snotneus
*
Gender: Male
Posts: 30



« Reply #4 on: 16, August, 2010, 10:51:37 am »

Man dit sal heerlik wees om so ‘n “plek” te hê. Ek sal voorstel dat as ‘n persoon Gods lasterlike kommentare op sit of ‘n ander persoon persoonlik aanvat die kommentaar verwyder word. Man in so geval moet die persoon se “access” geblok word. Ons mag nie toelaat dat ons Vader gelaster word nie en ons mag ook nie toelaat dat ‘n broer of suster afgekraak word nie.

Nou so bietjie ander nuus. Gister in die kerk het ons dominee gepraat van herlewing. Volgens hom werk dit as volg. Dit begin my jouself, dan by jou gesin, dan eers in die kerk, dan in die omgewing, dan in dorp of stad en dan in die land. Dit het nogal baie laat nadink. Veral oor hoe ek my kinders en my vrou hanteer.

Ek glo die ketting kom van God af en die mens begin op sy knee voor ons Vader en dan vloei dit verder……
Logged
Gerhard Ebersöhn
Weet dinge
****
Posts: 471


« Reply #5 on: 16, August, 2010, 09:31:37 pm »

Ek 'take note' en sal terugvoer gee sodra ek meer reaksie kry van mede forumlede. GE sal net Christene welkom wees?

GE:
Juenka, jy is sekerlik vertroud met Kletskerk. Nou dan weet jy hoe dinge daaraan toegaan waar godloenaars en sulke goggas vrye teuls gegee word.   Dit werk net nie.  Dinge bederf dadelik tot in die verderf.  Skrif raak gou vergete, en as jy Skrif wil praat, probeer maar en sien hoe ver kom jy. Daai ouens is meesters op hul gebied; hulle stuur dinge hulle kant toe soos 'n steeks muil.   Ja, beslis net Christene.  Asseblief.  En soos oom Jannie gese het: "Kom ons praat BYBEL!"

Ek het self, baie Bybel om te praat. Nou net het ek op Topix 'n uitnodiging van die hand gewys waar iemand die forum uitgenooi het om 'n webwerf te lees waarin hy 'n persoonlike kennis van hom aan die kaak sou stel vir verskeie beweerde onvergeefbare sondes: Ek het hom so, geantwoord, verskoon asseblief die Engels,

No, I won't follow your link. 'Am here for better things like looking into Bible Scriptures about the Resurrection of Jesus Christ and why his resurrection for a Christian is all important, so that he will go to Church to worship the Lord on "the Seventh Day Sabbath of the LORD God" because Christ rose from the dead "Sabbath's" Mt28:1. 

If the Lord will I shall proclaim the same truth another million times before I die.  I used to have many plans of my own of books I still wanted to write and subjects to study.  But those things no longer are my first interest; I do not have the time left for it were I to live another thirty years.  I must do what God gave me to do, and that is to reveal the Bible truths concerning the Lord's Day the Sabbath of God's own making through Christ by the resurrection of Him from the dead. I MUST SPEAK TO BELIEVERS ABOUT IT.

Dit is wat ek graag in AFRIKAANS wil doen. Ek's al so moeg vir die ewige Ingels, want daar's nerens in Afrikaans PLEK vir Bybel-gesels nie.  Veral nie oor KONTENSIEUESE onderwerpe nie, soos ek al verwys het na voorbeelde van sekere blogs-van-AANSIEN. 

Mens moet net nie dink ons is engeltjies nie; of 'beter as hulle' nie. Want waaroor mens sterk VOEL, gaan jy sterk PRAAT.  Nou is dit my ondervinding MALE SONDER TAL dat sodra iemand homself in 'n hoek gedryf bevind, dan raak hy persoonlik want hy kan nie 'n pak soos 'n man vat nie.  So; ons sal ons waan dalk moet uitwan of deur ander laat uitwan.  Wie dink iemand anders se leerproses was pynloos, terwyl dit met bloedsweet gepaard gegaan het?  Raai hoe DIT mense die josie in maak vir wie Bybelkennis en -begrip soos manna verniet opgetel of deur drome en geeste verniet toebedeel word.  Nee; onder-onsies gaan daar wees of dit so moet wees of nie so moet wees nie. 

Maar ons is mos grootmense, of hoe? 


« Last Edit: 16, August, 2010, 10:02:12 pm by Gerhard Ebersöhn » Logged
Gerhard Ebersöhn
Weet dinge
****
Posts: 471


« Reply #6 on: 16, August, 2010, 10:25:05 pm »

Ek bied dus 'n vars braaistokkie aan, ingeryg met net die keurigste stykies, vir 'n lekker gesels-braai om soetdoring- en karee-aandvuurtjie: 

"Die Sabbat is vir die mens" in Gemeentelike Aanbidding van Die Verrese Christus "gemaak".

Logged
Pages: [1]   Go Up
  Print  
 
Jump to:  



Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.4 | SMF © 2006-2007, Simple Machines LLC Valid XHTML 1.0! Valid CSS!