Woes Forum
06, September, 2010, 01:26:56 pm *
Welcome, Guest. Please login or register.

Login with username, password and session length
News: Forums moet asseblief so na as moontlik aan die onderwerp gehou word, tensy jy daai freaky gevoel wil beleef van :   "Now you see it, Now you don't" 
Lees gerus by Sê Wie wat die vereistes is vir elke forum. As daar enige vrae is, voel asseblief vry om my te vra.   
 
Ondersteun deur
Woes.co.za - Kreatiewe platform vir Afrikaans Ruff.co.za - creative platform for English Soek-Afrikaans.co.za - Afrikaanse soekmasjien Wetmail.co.za - Free weekly diving E-zine
   Home   Help Search Login Register  
Pages: 1 [2] 3 4   Go Down
  Print  
Author Topic: Het ons die reg om ander te oordeel?  (Read 537 times)
0 Members and 1 Guest are viewing this topic.
Meraai vannie baai
Forum Mechanic
WOES!!!
*****
Posts: 3614


Gatkantland


« Reply #15 on: 29, July, 2010, 10:35:58 am »

Perdalks  icon_biggrin (lief die woord  bootyshake ) is daar nog hoop vir ons almal  sign10

Onse eie gaafste juffrou Gawiekie het weer haar breinaalde opgeneem MAAR die keer is daai kabouters lewende woelende lyfies  blob1 met name:
Jasoentjies, Kaloempie en die Professor genaamd mister D!

Oh man, oh man, ons is geseende oumense!

Meraai en Outop se kabouters gaan elkeen 'n jirsietjie ontvang, waarvan onse gaafste juffrou, elke stekie - met die liefde wat in haar ruimhart skuil, gebrei het.

Seer-seer-seer het haar nie eers gekeer en nou is daardie kleurvolle skeppings gereed vir hulle tog na Gatkantland! Ons buig laaaaag Gawie. Daar is nog mense wat omgee vir mekaar en ekke ken heeeelwat van hulle wat hier bo kom aanmeld het!  love4 En so doet ons voort. Al gaan dit soms steek vir steek  whip2  icon_biggrin

*Kom ons bou monumente met die klippe in ons hande
« Last Edit: 29, July, 2010, 10:38:24 am by Meraai vannie baai » Logged

007 Die verslaafde woorddief
Piet Magriet
WOES!!!
*
Gender: Female
Posts: 5078

Om te weet is om te verstaan.


« Reply #16 on: 29, July, 2010, 04:51:54 pm »

 icon_biggrin  Ek hou van daai "steek vir steek".   sign10 

Ag nou ja toe, laat ek dan maar hierdie klip in my hand gebruik om die eerste steen te lê!  So, klip-vir-klip sal dit darem seker nie te lank vat nie.   icon_biggrin 

Ek wil ook nog graag weet wat het jy Raaitjie, dat ek nie 'n jersiekie kry nie.   icon_biggrin  Toemaar, ek is darem een belowe vir ons babatjie wat in Desember kom.   icon_biggrin
Logged

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
Gaweline
"Quite frankly my dear. I don't give a damn.
Genie
*
Gender: Female
Posts: 1174



WWW
« Reply #17 on: 29, July, 2010, 10:24:36 pm »

Bwaaaahaaaaahaaaaa!!!! Ag aarde, ek moes lankal hier kom lees het, dan het ek al die drama by die huis veel makliker hanteer. 

My vriend met die mooi stem, hehehehe, ek het drie jirsiekies gebrei, maar hulle gaan na Meraai vannie baai se kleinkjinners toe.  Ek soek nog 'n patroon van jou girl. Volgende winter is dit jou beurt okey?

Dankie PM vir jou woorde. hehehehe ek is vreeslik naïef né, maar selfs ek laat my nie weer vang nie.

Kabousie, ek oordeel nie. Werklik, ek is die heel laaste persoon wat klippe kan gooi,, maar hierdie keer, kies ek net mooi versigtig saam met wie ek in die sandput speel.  Ek het nie weer lus om f...... sand uit my bek te spoeg en die klippies tussen my tanne met 'n tandestokkie uit te grawe nie.  Ek en jy het die saak bespreek en ek dink ons weet altwee presies waar ons met mekaar staan.  EK gaan nie hier bek rek nie.

Kom ons sien die saak maar in konteks.  Elke outjie maak op sy eie werfie soos hy smaak en speel in sy speeltyd met die maatjies wat hy self kies. Ek gun 'n ieder en 'n elk die son wat oor hom skyn, maar deesdae vra ek maar net my eie ou sonkolletjie ook. Ene waar ek myself kan wees sonder om kort kort om te kyk vir onheil wat ek kon vermy.

Logged
Gaweline
"Quite frankly my dear. I don't give a damn.
Genie
*
Gender: Female
Posts: 1174



WWW
« Reply #18 on: 29, July, 2010, 10:28:18 pm »

En ek is so haastig om 'n eier te lê, ek sien nie eens die bydraes nie. PM dis 'n deal.  Die oomblik as daai kleintjie sy/haar verskyning maak en die mamma order 'n jirsie, dan maak ons so. Of 'n sweetpak of wat ookal julle order, dit sal gebeur.  Belofte is 'n belofte.

Dalk moet ek 'n manier vind om julle te wys wat op pad is na Meraai toe, dat almal getuies kan wees dis nie 'n scam nie. hie hie hie.

Ag nee sies, daar kelder ons weer die topic.  Skuus Kabousie, ek vra nederig om verskoning. Sallie weer nie.
Logged
Meraai vannie baai
Forum Mechanic
WOES!!!
*****
Posts: 3614


Gatkantland


« Reply #19 on: 29, July, 2010, 11:39:06 pm »

BAIE BAIE geluk met die ou bondeltjie vreugde wat oppad is bootyshake En vir jou juffrou Gawie los ek die lyntjie onder die eerste klip van PM se monument in wording: Kom plak daai skeppings vas Gawie dat ons almal weer kan deel in die kleur van omgee vir mekaar!  love4
Logged

007 Die verslaafde woorddief
Piet Magriet
WOES!!!
*
Gender: Female
Posts: 5078

Om te weet is om te verstaan.


« Reply #20 on: 30, July, 2010, 09:45:43 am »

Ek plaas 'n paragraaf uit 'n briefie wat ek aan Raaitjie geskryf het.  Dalk is dit hier van toepassing. 

Ek was Maandag by die tandarts en daar op my rug, lees ek teen die dak...

Lees ek:  1 Man on the cross, + 3 nails = 4giveness.  Toe lê ek daar en dink, vergifnis vir wie, vir die ou wat die sonde gepleeg het?   Vir my om te vergewe?  Wat alles het 'n invloed op hierdie klein woordjie met die groot betekenis?  Omstandighede?  Situasies?  Bedoelings?  Boetedoening?  en wat nie nog alles nie.
Moet die persoon wat verkeerd teenoor my gehandel het by my kom vergifnis soek?  Of by die kruis?  Of by homself?   Ek weet nie van ander nie, maar as ek verkeerd opgetree het sal ek omverskoning vra en dan moet ek myself vergewe en dan is die Kaap weer "hollangs".  Ek moet eers met myself vrede maak, en dit my maatjie, is nie maklik nie.  Al het jy my dalk vergewe, moet ek die saak met myself reg maak, want dan, glo ek, sal ek nooit weer dieselfde sonde pleeg nie.

Teen hierdie tyd is al die tanne in die bek gestop en ek was nie eers bewus van oom dokter en sy erge boor nie!  Ha-haaa.
Ons is tog meesters van ons eie kop.  Miskien is party van ons net meer geseënd.  Iets waarvoor ons baie dankbaar moet wees.

Ja Gawie, dit is so.  Ons het elkeen ons eie spasie en gelukkig ook ons eie sandpit.  Die son is ook gelukkig vir ons almal daar.  Wie het ons in elk geval geleer om in 'n ander se skadu te sit as jou hartjie gevries is?  Hier op die forum het ons ook 'n sandput en dit sal heerlik wees om saam met julle modderkoekies daarin te
bak!   love4  En woordkoekies!   icon_biggrin
Logged

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
Meraai vannie baai
Forum Mechanic
WOES!!!
*****
Posts: 3614


Gatkantland


« Reply #21 on: 30, July, 2010, 03:05:52 pm »

Dit is hoekom ek eendag as ek groot is, net weer 'n dogtertjie wil wees! PM jou woorde het my en Outop in ons spore tot stilstand geruk! Geseend is ons om julle te kan ken!

« Last Edit: 30, July, 2010, 11:19:14 pm by Meraai vannie baai » Logged

007 Die verslaafde woorddief
Lorraine
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Female
Posts: 2136


I am a pig, and as a pig, I have always stood out


« Reply #22 on: 30, July, 2010, 08:03:04 pm »

Nou toe - waarvoor wag julle? Ek sit en sonbrand kry van al die wag. Daar is rooi koeldrank in die yskas en cupcakes vir julle.
Logged
Meraai vannie baai
Forum Mechanic
WOES!!!
*****
Posts: 3614


Gatkantland


« Reply #23 on: 30, July, 2010, 11:22:20 pm »

Hie hie ..  mevrou Varkie die cupcakes het so pas minder geword  icon_biggrin en die rooi merke om ons lippe is sweerlik die rooikoeldrank se skuld icon_bigsmurf
Logged

007 Die verslaafde woorddief
Lorraine
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Female
Posts: 2136


I am a pig, and as a pig, I have always stood out


« Reply #24 on: 31, July, 2010, 08:45:56 pm »

Hi Meraai'kie - bly om jou te sien!
Logged
Piet Magriet
WOES!!!
*
Gender: Female
Posts: 5078

Om te weet is om te verstaan.


« Reply #25 on: 01, August, 2010, 05:26:55 am »

Nee man Miss Piggy!  Ek is lankal van die "cup-cakes" (skoolseuns) en rooi partytjiekoeldrank af!  Gooi daar 'n behoorlike dop rooiwyn in man!   sign10
Logged

PM sê:  "Om te weet is om te verstaan."
werelde weg
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Male
Posts: 1935


sou jy soms huiwer , weet jy dalk waar jy kan faal


« Reply #26 on: 01, August, 2010, 05:38:23 pm »

  blob1 blob1 blob1 hulle reken- 1 glas  rooi wyn per dag vir n vrou en 2 per dag vir n man, sal jou verseker van n ekstra 5 jaar lewens verlenging...
Logged

ligsinnigheid mag dalk net die andwoord wees tot die vraag...
Meraai vannie baai
Forum Mechanic
WOES!!!
*****
Posts: 3614


Gatkantland


« Reply #27 on: 02, August, 2010, 11:48:06 pm »

Ek gaan laaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaaank leef  icon_biggrin
Logged

007 Die verslaafde woorddief
werelde weg
Die Super Kokkedoor
*
Gender: Male
Posts: 1935


sou jy soms huiwer , weet jy dalk waar jy kan faal


« Reply #28 on: 03, August, 2010, 09:18:35 pm »

meraai - verbeel jou nou ;as die glase vermenigvuldig word met die aantal jare....
Logged

ligsinnigheid mag dalk net die andwoord wees tot die vraag...
Meraai vannie baai
Forum Mechanic
WOES!!!
*****
Posts: 3614


Gatkantland


« Reply #29 on: 04, August, 2010, 12:32:33 am »

O Grietjie Verdriet!!  icon_biggrin
Logged

007 Die verslaafde woorddief
Pages: 1 [2] 3 4   Go Up
  Print  
 
Jump to:  



Powered by MySQL Powered by PHP Powered by SMF 1.1.4 | SMF © 2006-2007, Simple Machines LLC Valid XHTML 1.0! Valid CSS!