my beste vriendin, wat soos 'n sussie is vir my, is gay. as gevolg van dit het ek ook baie ander gay vriende. baie mense voel gewalg as die meisies mekaar so soen in die publiek, maar ek moet byvoeg, 'n mens raak so gou gewoond daaraan, maar blykbaar, nie almal nie...
soos laas naweek weer, was daar 'n tannie, kom ons noem haar Martie. Tante Martie mag nie eintlik te veel drink nie, want dan raak sy so klein bietjie, uhm, overbaring. nou op die aand besluit Tante Martie, sy like dit nie so baie as meisies so hande vashou of soen nie, vergete gaan die klas en die ewige hoo'vaardigheid, daar klim ou dronk Tante Martie op haar barstoel en begin te skel oor die 'lelike woord' lesbians wat mekaar 'lelike woord' en 'lelike woord', en hoekom gaan 'lelike woord' hulle mekaar nie op 'n ander plek nie. net daar en dan spring die gay meisies en Tante Martie in 'n woorde wisseling.
heel onskuldig sit ek by my vriendin en haar meisie en lag oor die gebeurtenis, toe Tante Martie skielik besluit, "as jy saam met gay mense is, is jy gay." en net daar en dan word ek ook sommer bestempel as 'n gay so en so. vir 'n hele paar minute word ek toe nou mooi vertel wat Tante Martie dink van die feit dat ek ook nou gay is, nadat sy my sommer self uit die kas geruk het. nou kyk, ek sal so effens ontsteld voel as ek by 'n dronk skreeuende Tante op 'n barstoel moet uitvind my ander helfde is eintlik gay! My ou het my net aangekyk, en toe uiters sarkasties en laggend, hard genoeg gesê dat Tante Martie ook kan hoor, "Hel my engel, kon jy my nie so 'n paar maande vroeër waarsku ek mors my tyd nie?"
met daardie woorde sak Tante Martie (heel rooi in die gesig) terug in haar stoel. na nog 'n paar drankies was almal, en Tante Martie weer goeie vriende.
ek kon maar net daar sit en my kop skud terwyl ons oor die voorval lag.
kyk, ek probeer nou gald nie gay mense ophef, of goed praat nie, hoe jy oor hulle voel, is jou keuse. maar regtig, dit is moeilik genoeg vir hulle om te besluit wie hulle regtig is, en wil wees, sonder dat ander mense vir hulle preek en vinger wys.
en laastens, ja ek weet dit is seker maar verkeerd om gay mense net so as reg te aanvaar... maar, ek sien nie mense wat die Bybel uitruk en begin bid vir die ou tannies by die Kerk Basaar wat so lekker sit en skinder oor Kosie Jr wat sy vrou al weer geslaan het oordat sy hom gevang het met sy broek om die enkels by die Buurvrou nie...
coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags
gay mensies
ek is ook gay ....gay mense is nie bad nie maar mense sien net die bad in ons...judge ons voor hul ons ken