Met bruin oë groot sit hy stil op sy stoel
en soos altyd mis hy niks van die doel
en meelewing saam met sy ouers in
hierdie gebou vol christenbouers
waar ons ons Verlosser kom ontmoet,
ons nie meer vir ons sondes moet boet.
In die aand is hy vir die donker bang en
luister nou na die lofprysing en sang.
Hier vind hy rustige en kinderlike vrede
sodat sy koppie kantel en hy sak na benede.
Hy is maar vier en kan nie lank luister nie,
maar het gehoor Jesus bring Lig in die duister.
Hy raak opgewonde oor die turtles en robocop
en vandag kan ouers maklik die toets dop.
Hoe gaan hy weet om Hom te eer en prys as
hy nie daarvan leer by hulle in die huis?
Jare gelede is dit vir ons vertel in die skool
maar vandag word daar net oor menseregte gegoël.
©
Om dankie te sê
Ek het talle lewenslesse geleer en
dit maak eeue lank baie seer.
Elke dag moet ek vasbyt
om nooit nie iemand te verwyt.
Ek weet ek moet iedere dag geniet
en dans daardeur met oorgawe,
tog is dit net moontlik deur
Sy genade wat Hy mandjiesvol
oor ons uitstort-
elke dag twaalf van hulle vol
brokstukke vir elke terugslag.
Net een lewe? Ja,
kom ons gebruik dit, kom ons leef dit
soos Hy ons beveel!
Wanneer soutdruppels op jou hande drup,
weet ek dis tyd om met my seer te vlug.
Ek deel dit wel
al is dit moeilik om te vertel
wanneer harde slae jou wese knel.
Makliker is dit om dankie te sê as
vriendskap om my vou soos
'n bokkievelkaros,
en jy in my hande lê, 'n roos.
Kom stap saam met my na die son
en vanaand wanneer die aarde rol,
kniel ons saam voor die Heer
en prys Hom dan met lof en eer.
©
*hiermee my dankie aan 'n woesvriend uit wie se gedigte ek hier en daar 'n reëltjie gebedel het.
