Lepinotus Patruelis So gaan Lepinotus en Ta Saar anderdag toe WNNR toe. Dis nou daardie groot klomp geboue in Scientia waar almal wat slim is of dink hulle is slim, laboratoriums het.
Op die pakeerterrein by ontvangs waar ons ons dagpermitte kry, stap ons na die deur. Ta Saar loop effe moeilik teen die helling, dus stut Lepi haar maar. En toe stuur die duiwel sy engel. 'n Stoute kabouter gee vet toe hy ons sien, versnel en mik vir ons met 'n uitdrukking in sy gesig wat net van die duiwel self af kan wees. Ta Saar val terug en kom te lande teen 'n statiese vliegtuig. Maar Lepi trek so 'n paar meter en kraak die teerblad. (Gelukkig hou die WNNR nie die skade aan die teerblad teen hom nie.) duiwelsengel jaag weg en los net strepe op die teer.
Met 'n eina arm kom Lepinotus toe op. Hy en Ta Saar stap maar verder na die deur toe.
Binne vra die ontvangsklerk, 'n Tswana vrou, heel besorg: "Ek het die insident op kamera. Moet ons hom vang en goed opn**k?" Lepinotus vertel haar toe dis nie wat Jesus sou doen nie en dat hy sy pak wel elders sal kry. Sy gaan toe aan met die permitpapiere. So in die middel van Ta Saar se permit, lyk dit skielik of daar vir haar lig opgaan. Sy los die administrasie net so, kyk met opgewonde ogies na ons en se: "Nou verstaan ek. Daardie boy is 'n engel van die duiwel wat gestuur is om die moruti te kom doodry. Nou vanaand die duiwel gaan hom dikd*nd*r, want hy het 'n halwe job gedoen!" Ek kon nie anders as om haar interpretasie te waardeer nie...
Maar die kern van die saak? Al jaag die duiwel se engele met watter spoed ook op jou af, ons Vader se engele is sterker en dra 'n mens skadeloos daaruit.
As ek dus nog effe skeef tik, vergewe my maar, my linker pols is nog nie so soepel soos hy moet wees nie... Maar dis al wat ek oorhet van die ding.
©




