Gekroonde lyne (5): SueEe: “Shaman”

Woord in Engels: 
Druk asb op die 'read more' skakel om SueEe se pragstuk en uiteensettings deur skrywers te lees.
Verwysing: 
Hierdie gedig is gekroon deur 007 en word met trots uitgestal in ons boekie van woorde.

SueEe: "Shaman"

Maagdelike siel verkragtend
totaal sedeloos verwagtend
in die skadu’s van belofte
by die oerknal van ons tyd
met hallusie – belaai genade
is die waarheid net te wreed?

Rookomhulsel so uit trog getrek
deur omring; dansend mini monsters
groot gevoed deur eie mag
word omsnel deur sewe (sluwe) slange
soos ‘n Rinkhals haar bespoeg
murmereer in ongekende tale
of dalk net die taal van eie moed?

Vasgevang in transendering
- net nie onderbreek kan word
diep in hierdie spioenasie visie
kan jy alles sien behalwe
om jouself te kan verstaan

Diep geleë binne die kaleidoskoop
lewe hemel ingekleurde kreature…
trek die hemel prismakyker hul na binne
lewendige Blink lig neergedaal
en bestraal die donker monsters wit
- word uit hierdie koma-web gelig
Verstaan jy nou dat
siel-verkragtend mag het?
©

Piet Magriet:
Hierdie gedig van Soentjie is diep en dit verg 'n paar keer se lees voordat 'n mens die volle omvang daarvan verstaan.
Ek nooi almal uit om te sê wat julle daaruit verstaan en ook om die struktuur van die gedig te bespreek.

Juenka se uiteensetting van SueEe se gedig:

Met die eerste lees het ek ‘n gevoel gekry dat daar ‘n battle is in die skrywer se gemoed. ‘n Innerlike oorlog as te ware. Een tussen dit wat ‘n onverstaanbare waarheid is en dit wat ‘n verstaanbare valsheid is. Toe dink ek aan verbale abuse vir een of ander rede. Iemand wat iemand anders k@k oor hulle self laat glo. Iemand wat die waarheid verdraai. Jou dinge laat sien deur hulle oë. Terwyl daar wel in die agter grond ‘n battle is met wat jy dink die waarheid is. Wat jy glo van jouself instryding met wat jou verkragte siel glo. Dit is maar my eie ek wat die verkragting van ‘n siel altyd aan ‘n abuser sal koppel. Issues en tissues.

Die konsep dat die siel verkrag word as te ware is treffend. Ek weet dit gaan nou nie goed klink nie maar soms beskou ek my siel as ‘n losvrou wat haarself uitgee aan wie ookal die beste prys kan gee. Mens gee mos maar in vir die prys wat dadelik betaal kan word(aardse lewe) en kan nie maklik inkoop op ‘n later betaler nie (ewige lewe?). Maar okay dit is nou half van die punt af hierdie.

In die lig van die naam Shaman kan mens die gedig beter verstaan. Die valse profeet gevoel. Die battle tussen goed en sleg. Ek is altyd so bietjie bekommerd oor die meer oppervlakige lesers daar buite. Hulle gaan nie die een kop nie. Dit is verseker vir ‘n meer intelligente crowd bedoel. Maar self vir die slim mense daar buite sal die een ‘n moeilik wees sonder die verduideliking van Sue. Of is dit dalk ek wat gelowig blind is?

Punt bly dit is ‘n awesome gedig.

SueEe se uitleg oor haar eie gedig:

Maagdelike siel verkragtend (‘n onskuldige siel geneem)
totaal sedeloos verwagtend (oorgeneem en met laster gevul)
in die skadu’s van belofte (met al die valse beloftes)
by die oerknal van ons tyd (wat van die begin van tyd daar was)
met hallusie – belaai genade (valse profete – prophet valse waarheid)
is die waarheid net te wreed? (die opregte waarheid bly steeds sienbaar verskuil)

Rookomhulsel so uit trog getrek (agter die rookskerms van waarheid)
deur omring; dansend mini monsters (verskuil ‘n duisend monsters)
groot gevoed deur eie mag (gevoed deur die valse denke)
word omsnel deur sewe (sluwe) slange (die slang in Eden gevolg deur gevalle engele)
soos ‘n rinkels haar bespoeg (word agteraf bespot)
murmereer in ongekende tale (praat soos by Babel in tale)
of dalk net die taal van eie moed? (of die taal van hulle heerser?)

Vasgevang in transendering (vasgevang in hierdie valsheid)
- net nie onderbreek kan word (wat net Een kan verbreek)
diep in hierdie spioenasie visie (lewe en sien soos ander wil hê die valsheid gesien moet word)
kan jy alles sien behalwe (Sien jy hul werke behalwe)
om jouself te kan verstaan (dat jy nie sonder hulp dit kan oorwin nie)

Diep geleë binne die kaleidoskoop (in hierdie mense wêreld)
lewe hemel ingekleurde kreature… (omring deur die gekleurde afgode)
trek die hemel prismakyker hul na binne (Sal God se genade hulle intrek)
lewendige Blink lig neergedaal (en slegs sy Lig sal skyn)
en bestraal die donker monsters wit (en die Satans-monsters oorwin)
- word uit hierdie koma-web gelig (word nie maklik uigehelp as jy eers vas is nie))
Verstaan jy nou dat
siel-verkragtend mag het? (dat Satan magtig is, maar God is Almagtig)

Dws…die oeroue Universal fight between good and evil…And Good sal altyd wen.

McF se uiteensetting oor SueEe se gedig:

Hieronder is hoe ek haar gedig verstaan het:

Die gedig laat my dink aan 7 sondes. Dit is mos elke jaar wat daar gekyk word na wat die grootste 7 sondes is.
Die vraagtekens in haar strofe's beteken sy vra, of bevraagteken die lewe.
Dit is ‘n diep worsteling wat gepaard gaan met verbale verkragting en hieruit word gebore, die verwagting van leë beloftes.
Dit is soos ʼn hallusinasie, ons hoor die uitspraak wat genade moet bring, maar die waarheid word bevraagteken.
Laat my dink aan ‘n persoon wat moontlik aan depressie of skisofrenie ly en daarom is daar sprake van ongekende taal. Maar die diagnose word bevraagteken, omdat dit dalk net ‘n rookskerm is waaragter die persoon skuil om nie verantwoording te doen vir sy sonde nie.
Dan laaste die vraag aan iemand kan ook die leser wees: Verstaan jy, dat verbale woorde jou siel kan knou. Dat dit die mag het om te breek, dat dit gelykstaande aan verkragting van die liggaam is maar dat die lig sterker is as die worsteling met donker monsters (satan). Die lig, is vir my ‘n aanduiding dat dit God is, wat reeds die duiwel verslaan het en nog steeds magtiger is as die donker monsters. Dit is dan ook vir my verstaanbaar dat dit hier gaan oor ‘n geveg tussen goed en kwaad.

Dit is ‘n baie diep gedig en ‘n gedig wat werklik deeglik gelees moet word om te verstaan waaroor dit gaan. Dan kan ons nog steeds verkeerd wees met wat ons verstaan, omdat slegs die skrywer van die gedig, weet wat sy met elke word bedoel het.

Ek hou van die struktuur van die gedig. Ek dink dat die leestekens (wat min is,) is baie goed gebruik.

Uitstekende gedig en die woordgebruik is baie noukeurig gekies.