Woord in Engels:
Druk asb op die 'read more' skakel
Verwysing:
Met dank aan Marci vir die leen van hierdie praglyne
Marci: welriekend beskadig
harde hemelwater en woekerwind
het na-nag die tuin verniel...
In die nuwe dag se breek,
het ek die stukkend getroos.
- gesnoei -
-bymekaar gehark...
En toe ek die hopie optel,
was my hande geurig gevlek -
jasmyn en basille.
peperment en origanum.
lavender en suurlemoenkruid
Byna simbolies
van my lewe...
Gekneus -
dog
welriekend
©
