Gesegdes van: Michelize

* my vingers is leliewit waar dit by tuinmaak kom. Nie eens 'n groen spataar nie!

* En eish is my trademark! Eish en baaaie water so tussendeur!

* van ys by my wyn gooi kan selfs jy, PM'tjie, my min leer.

* Mijn favoriet poesje is grijs

* Ek is maar op beste 'n 'sluiper' op die forum en kies die gesprekke waaraan ek wil deelneem

* ek is al Catwoman genoem, ek is vreeslik nocturnal, nie 'n katjie om kaalhanne aan te pak nie, en, enne ...

* kyk, as hierie girly hoenerkop raak is dit 'n gevaarlike besjigheid. hic! En dit doen sy NET in BAIE bekende geselshkap. hic!

* Ek operate vanuit my gut, en basta met die res.

* Is ek altyd reg? Natuurlik! En dit tel nie dat almal nie altyd saamstem nie!

* Goeiste! Ek is nou so deurmekaar soos ... ag toemaar, net baie deurmekaar!

* Gits, PM, nou gaat jy rêrig moet help as die tamaties begin vlieg!

* Mwah, PM! Fênk u for covering my back! Noggie een tamatie my kant toe sien kom nie!

* Ooooo... ek het al vergeet hoekom luv ek die plek so!

*Ek het NIKS gewerk vandag nie! Julle is NIE goed vir my bottomline nie.

* Err... uhm. Ja

* Wie het nou iets gasê van 'n gatsêg?

* ek sal net my bietsgeit uitpak as iemand my verkeerd opvryf. Maar as hy reg vryf is ek die vredeliewendste klein hond katjie hier rond.

* Om dit nou prontuit in plein Ofrikaans te sê; ek wou iets sê, en ek het dit nou gesê. I rest my case

* ek's bevrees dié is nou 'n appeltjie wat nie te vêr gerol het nie ...

* Ooooooeeee... google issi lekker ding!

* Uitstekend. WAT vir 'n woord is dit ANYWAY?? Wat steek uit, wil ek weet???!

* ... om nie jou lang-gu-ages opgemix te kry nie wou gedoen wees!

* ... doen ons dit nie maar almal nie! Dissie sonde van ons tyd.

* dat jy my nou opgegee het vir 'n bad job kan ek met 'n stok aanvoel!

* ek was net bekommerd vir daardie oerou gogga van geskrewe komindiekassie wat sy verstand al van donkie jare af mis en soveel geraamtes laat uitkom wanneer hy die skerniere kom ratel.

* jy, met al jou grappies en gejollery dié kant én duskant die kousrek is 'n diep mens met 'n groot hart en baie insig en mensekennis.

*Vioolsonates vir die donkielong!

* Ag, maar dissi lekker plek dié

* Ons het nie geskinner nie? Ons het net so 'n bietjie gelullen!

* Ek slaap baie min, al van kleins af. Maar ek het nog nooit 'n trofee daarvoor gekry nie!

* Lekker kedoeks-broeks liefste PM!

* Ons koek en tee dan nou so lekker, ek sal mos net dik raak as dit langer so aanhou!

* En ekke kom bespreek ook my plekkie hier vorie draadloos. Skuif op Y!

* Dan wag ek maar geduldig saam met jou dat almal inklok vir diens, sodat die sports weer kan begin!

* ... of skiet ek nou vraat?

* Ekke wetie. Tel dit as besluiteloos?

* Slim taktiek. Maak die belhamels prefek!

* my beter helfte grom al vir my ek moet klaar maak!

* Baie lekker om te sien jy is weer met ons Meraai mette hoofletter nou gerehab na 'n kleinletter.

* Niemand weet wat in 'n ander se hart en in sy lewe aangaan nie.

* Ons almal probeer maar net die storms wat ons kant toe kom met waardigheid oorleef - en dit het NIKS met maskers te doen nie.

* As ek maar net die helfte indruk - nee, 'n pinkienael-grootte indruk op my kinders kan hê as wat my pa op my gehad het!

KOMMENTAAR VAN MICHELIZE TOE SY DIE WOORD-OES SIEN:
Awww... Meraai! Kyk dan nou hoe laat jy my woorde sing! Hulle klink glads bly om ingespan te wees! Baie dankie vir die heerlike voorreg om deur jou opgepik en uitgestal te wees, Meraai. Daar is aan jou geen perke nie. Jy en PM maak 'n gedugte span. (En ek is MAL oor die dose stilte wat nou daar heers... )

Drie, nee sommer vier hoerê's(1) vir ons Forummoeders!

(1) Let asb. op die klem!

It is a big different of the

It is a big different of the price about louis vuitton product between the
Louis Vuitton Online Store and exclusive agency, so many female used to buy louis vuitton handbags from Louis Vuitton Online, especially they can buy the very cheap louis vuitton items from Louis Vuitton Outlet Online,this help them to save a lot of money to buy more handbags.