Grys met grasie
Vandag, net so skuins voor middag, roep moeder natuur na my en ek antwoord heel getrou met ‘n besoek aan ‘witbank’ om my ekstra litertjie of wat aan die porselein ponie te skenk. Die deposito verloop glad, nes altyd, en nadat ek sake afgehandel het neem ek stelling voor die wasbak in. Ek was my hande en die eindste Eden met haar soutjies wel by my gedagtes op. Ek grinnik nog so ter na gedagtenis aan die lawwe toneel en kyk toe op na my ewebeeld daar in die spieël. Maar wag… Wat is dit daardie? Ek kyk met meer inspanning en rek vorentoe om beter te kan sien. My oë vernou vir ‘n oomblik, maar skielik rek hul wyd oop, nes een wat ‘n koorspen op ‘n plek elders as die mond ontvang. “Wat de..? Nee man!” Ek draai my kop na links en dan weer regs, seker in die hoop dat die lig dalk net snaaks val op ‘n sekere hoek en ek verkeerd kon sien, maar nee. Dis daar! My wenkbroue is besig om te vergrys!
Ek is tans agt en twintig, maar ek toon al grysheid? En nie op my hoof nie, o nee, sommer sulke prominente penvere wat laks bontstaan op my broue! Skielik slaan ‘n onbeskryflike bevlieging my beet en daar in die ‘restroom’ gebeur alles behalwe ‘n gerus en verligting en nog wat. Ek raak die twee welige stroke bo my oë aan en soos ek aan die menere vryf, spring nog een of twee asvaal gryses van agter die vars, bruin gekleurdes uit. Dis soos ‘n riller en die spieël is 'n boosaardigheid wat my aangluur! Die ding is foutief man, hy reflekteer nie sy kleurskakerings reg nie! Genade man! Slaan ouderdom dan eerste my voorkop?!
Ek vlug kantoor toe en storm daar in soos ‘n sekretaris voël op hete kole, al beduidende. “Baas! Baas kyk vir my! Wat sien jy wat anders is aan my?” Hy kyk my skepties aan en gooi so ‘n paar raaiskote in die situasie. Een van hulle heet nogal: “Jou zip?” My gedagtes is reeds ‘n warboel van wanorde en paniek en skielik wonder ek of ek die tentflap mooi toegerits het na my besigheid, toegeskryf aan ‘n paar koppies koffie vir die dag. Nie dit ook nog nie! Ek loer vining af met die hoop dat niemand sal sien nie, en verneem dat my onderkleed darem nie sigbaar is nie. Ook maar gelukkig, want ek het reeds in my geestes oog gesien hoedat ek ‘n wapperende vlag neffens my onderstel vertoon. “Nee man! Kyk weer!” Raas ek ongeduldig. Maar hy raai so mis, dat ek 'n minderwaardigheidskompleks ontwikkel as gevolg van al die tekortkominge wat hy uitwys aan my maer gestalte. Einde ten laaste verwittig ek hom maar eerder van my situasie en wys na die verwelkte haartjies. Hy lag onbedaarlik en ek staan en gorrel soos een wat sy tong raakgebyt het.
Die situasie vereis erns en my kollegas wil hul kraak van vermaaklikheid. Ek ervaar ‘n ‘mid-life crisis’ en begin te wonder of die dooie broue dalk gaan begin saad skiet omdat hulle aan die einde van hul siklus gekom het. My rasionele beding was om ‘n dame te vra van wat my te doen staan, maar dié kry ‘n permanente merkpen beet, al giggelend, om die balhorige spannetjie te verbloem. My beterwete (en die beduidings van my lynbestuurder in die kantoor langsaan) laat my teen die inkleur opsie besluit. Ek vertel my dilemma aan die hoofbestuurder en hy reken dat dit verblyk lyk as gevolg van die son se toedoen. Maar ek is daar weg, steeds ontevrede met die verduidelikings en daar broei 'n gemoeds-bevuiling in my, en dié veroorsaak so 'n diep plooi op die voorkop van pure bekommernis. Die vervlakste son... Dat hy nou so selektief net 'n paar haartjies verblyk. Kan mens sonbrandroom in jou veredos inwerk? SPF 15, 20... Nee o genade, maak dit sommer SPF BAIE. Miskien is dit 'n oplossing? Maar my gedagtes woel net om grysheid, en niks anders nie. Dis verseker die eerste tekens van my ouderdom wat my inhaal.
Ek kies koers foon toe. Vet weet, ek moet versterkings inroep, en wie beter as my huismaat, of soos sy in my verhale bekend staan – niggie! My vennoot in my tyd van nood, ‘phone a friend’, nes in ‘who wants to be a millionaire’
“Meisie! Ek het ‘n krisis! Alles brand!” Ja – dis nogal hoe dit gevoel het. Die astrante pluimvere lyk in elk geval na die oorskot assies van ‘n bevange vuur. Sy probeer vasstel hoekom ek dan so oorstuur is en nadat ek tot verhaal gekom het, verduidelik ek my probleem. Ek hoor ‘n geskater aan die ander kant van die lyn en seer sekerlik ly ek aan ‘n ‘sense of humour failure’. Hoe is dit dan dat elke persoon dit amusant vind? Die ding lê swaar op my gemoed en ek wonder oor my vervaldatum. Kyk, die gesegde lui mos dat jou gesig jou besigheidskaartjie na die buitewêreld is. Maar my mag, smaak my die dubbelstrook nommerplaat op my kaartjie verstryk dan al!
Na heelwat gegiggel en skater van niggie, het ons begin koukus.Vele opsies was bespreek en van dit het 'n gepluk met 'n haartangetjie behels. Maar ek weet darem nie of ek sterk genoeg is om dit deur te staan nie... Sy't my in elk geval in kennis gestel dat as ons dit sou doen, die grys, verbleikte, of wat ookal die dessitse goed is, dikker en meer gehard sou terugkeer. Bid jou aan, 'n brou so welig soos Jan se boontjie rank! Dan was daar die 'wax' opsie. Begin maai onder die hele span en dan teken ek daagliks my eie verkose styl wenkbroue! Wat?! Dis waansin! Nog opsies, nog oorwegings... Einde ten laaste het sy my oorreed om die goed te 'tint'. Dis seker net 'n netjiese woord vir kleur, want dis toe wat dit is. Soos haarkleur vir jou wenkbroue. Die ouetehuis grasperkie is vir 'n wyle eenkant toe geskuif vir 'n donkerder weergawe van my vorige stel, maar niggie het plegtig beloof dat dit net vir so twee of wat dae sal duur, dan behoort dit te verlig en meer natuurlik te lyk. O, en daar was gesê dat dit so ses weke behoort te hou. Ses weke... Ek sal maar my ses week lange jeug waardeer en daarna sal ek maar die ouderdom bevalling aanvaar. Wie weet, miskien benader ek dit met meer grasie noudat ek weet wat op my wag.
christian louboutin uk
Wholesale christian louboutin uk are even provided for VIP members. Haven't got your own christian yet? Why not come to christian louboutin outlet.The newest style of Cheap christian louboutin uk sale, shoes & wallets are supply in christian outlet store online with free and fast shipping, High quality!There's the recent christian louboutin intended for 2011 of our own Louis vuitton outlet store shopping. Most of these bags possess the top quality & lowest cost!
coach factory outlet
Once visit, you will be unable to restrain loving it. Warmly welcome all of you to the Summer Sales Promotion on coach factory outlet.coach factory outlet online is a fashion brand to ensure its quality. With designer coach shoulder bags, you will always attract people's attention. The bags will emphasize your personal style and taste.coach factory outlet store generally variety within the buying price of $120.00 in order to $450.00, however they perform possess little purses as well as scarfs which are below $100.00.
louis vuitton outlet
LV bags in the louis vuitton outlet are a feminine update on an urban classic. With plenty of room for all of your essentials this covetable carryall will take you through the weekend in style.Currently there is an immense kind of demand of the greatest looking louis vuitton bags. Therefore, if you are looking for unique kinds of purses cost effectively from louis vuitton outlet usa, we can surely do your job perfectly.louis vuitton usa are simple, cheap and quick start guide to help you choose, useful for many people. More and more beautiful handbags attract many people who pick up LV Handbags from our online shop.
coach outlet online
The Coach bag is from the latest release of Coach Bags. Its crisp, scribble material, leather handle, perfectly complements the relaxed shape of this stylish pouch. All the items of coach outlet online Store fit all of your essentials and more.Most significantly, the coach designer purses of coach factory online industry won't deteriorate your individual fashions at all. Rather they would immediately change your overall looks marvelously.Brand new bags of this season are sold on the coach online outlet online. They are made from the hottest new Coach Poppy fabric. Great looking silver and red graffiti really stands out against the black fabric.
Nothing can be in comparison
Nothing can be in comparison to this awesome post, it is just much better than purchasing designer apparel
insurance for mobile homes in alabama
I will be therefore ecstatic Today, I seriously found people by accident, as i was hunting with Askjeeve to get something different, Anyhow We are below at this moment and would certainly love to thank you for a remarkable post as well as a over-all interesting blog site. Remember to keep up the good operate.
insurance for mobile homes in alabama
coach outlet
coach outlet online
coach outlet
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach factory outlet
coach outlet
coach outlet store online
louis vuitton sale
louis vuitton outlet
coach factory outlet
coach factory online
coach factory outlet
coach factory outlet online
louis vuitton uk
louis vuitton
coach outlet online
coach outlet
coach outlet store
coach outlet store online
coach bags
coach outlet store
coach outlet
coach outlet store online
hermes birkin
hermes bags
gucci uk
gucci uk sale
louis vuitton outlet
louis vuitton bags