HELP- DAAR IS 'N TIENER (DOGTER) IN MY HUIS!!

in

Ek is raadop, gedaan gestry en mooigepraat, hees gesê dat ek regtig lief is vir haar en net die beste wil hê vir haar. Vir haar gebid, maar dalk nog nie genoeg nie? Haar vergewe en vrygespreek, maar moeilik om in nuwe versoeke nie tog soms vorige gebeure te gebruik om te verduidelik hoekom hierdie 'n nee is nie.

Sy is dan net 14. Was verlede jaar nog in die laerskool en nou skielik groot???

Verward, verwerp deur my eie liefling dogter wat gereeld sê hoe sy my haat omdat ek glo haar lewe van haar wegneem... Dit is nou glo as ek sê "nee, jy kan nie uitgaan nie." In ag genome dat ek meer dikwels ja sê, verwar dit my heeltemal. My dogter wat nie eens saam met my wil gaan fliek nie, want sy is bang iemand sien ons saam. My liefling dogter wat nie kan wag om uit die huis te gaan nie en van ons ontslae te wees nie.

Is ek dan regtig die kluts heeltemal kwyt? Is die huidige tienerlewe dan iets waarvan ek heeltemal geen benul het nie? Of geen benul het oor wat ander ouers toelaat en wat nie? Ek is blykbaar die enigste ma wat so 'n freak is en haar kind niks gun nie....

Verwerping is maar die storie van my lewe. Die dat ek liefs maar tans anti-depressante drink om my sanity te probeer behou.

Raad??? Enige iemand wat weet??? Groot asseblief!!!!

Ousus

Miskien help my siening...

Ek is amper groot, maar kwalifiseer steeds as 'n tiener m.a.w. ek is 19.

Ek het 'n kleinsus van 16, en ja sy maak my mal. Ek stry gedurig dat daar nie 'n manier is dat ek ooit so erg kon wees nie. Ek het nie begin tjank vir niks, of my deur toe geklap dat die hele huis rattle nie. Het ek?

En die antwoord is altyd, "Jy was ERGER"

En dan gaan sit ek en dink, But WHY?? dis nie asof daar enige iets dramaties of hartverskeurend in my lewe gebeur het nie. Ek het groot geword in 'n dood normale middelklas huis.

Hoekom het ek gedink my ma is weird, en my pa is 'n ou toppie en weet nie waarvan hy praat nie. Hulle gee my dan raad voor elke kruispad in my lewe. Hoekom op dees aarde volg my liewe lawwe kleinsus nie die raad wat hulle haar bied nie?

Punt is, hulle gaan rebbeleer, hulle gaan jou ignoreer, jou "back chat" en hulle oë rol vir alles wat jy sê. Maar nooit sal hulle jou haat nie. Realiteit skop vinnig in as jy daardie laaste matriek vraestel skryf, en besef, die jol is verby.

Vat dit van iemand wat nog nou die dag haar dood geskaam het vir haar ma, en nou, elke oomblik geniet wat ek haar kan sien, en ietsie met haar deel!

HELP- DAAR IS 'N TIENER (DOGTER) IN MY HUIS!!

Dalk moet jy haar terug begin "skok". Kleur jou hare rooi of blou trek stukkende jeans aan en sê "Ek lyk "cool" nê" ,kom ons gaan fliek

Help- Daar is 'n Tiener (Dogter) in my huis!!

Ek het twee van hulle in my huis vrou. Dis g'n niks nie maklik nie. Ousus is nou so effe uit die slegte fase, maar kleinsus gaan hom nou met mening binne. Ek het ook maar nie raad nie, behalwe dat dit darem vorentoe beter gaan, so hou moed.

By ons kry ek die idee,dat dit die nuwe vriendin is wat probleme gee. Al wat ons kan doen, is bid, bid, bid. Verder drink maar jou pilletjies. Ek moes ook maar.Sterkte.

Tienerdogter in ander se huise

So gebeur dit dat wat 'n ma se nagmerrie is, my en 'n kennis se humor is. Kennis se vrou kla steen en been, want dogter en sy meet mekaar gereeld. Sy raak smoorkwaad. Maar dan moet my kennis en ek stilweg glimlag, want tiener se se triomffrase is gewoonlik: "Pa sal verstaan, ek gaan sommer nou met hom praat." Nou "Kennis" het nogal 'n manier om dieselfde ding as wat haar ma geseg het, ook te se, maar op so 'n manier dat Tiener dink pa is sooooo slim, dat dit wat hy haar vertel die wonderlikste etuk inligting is, en dan sy advies net so neem. En as Pa nie dadelik beskikbaar is nie, kom die sms na my "Pastoor, ma is vandag alweer oppad hel toe. Laat weet vir Pa" Dit is maar so dat, omdat ek en "Kennis" nou saamwerk, ons 'n kommunikasiekanaal het wat "Tiener" nie toegang tot het nie. dan laat weet ek maar vir Kennis. Blykbaar kry haar wel in die hande, want so tien minute later kry ek weer 'n sms "Pastoor moenie meer worrie nie, my ma is weer op die regte pad..."