HISTERIE VAN DIMENTIA; EINDE 24 Maart 2008 Paas Maandag

Nou ja, alles het 'n begin en einde, net dat ons nooit weet wanneer en hoe sekere fases in ons lewe sal eindig nie.

My sielsmaat het vertrek na sy ewigheidsbestemming.

Ek is rou, seer verlate, stukkend maar tog ook dankbaar. Geen lyding meer, hy is saggies in sy slaap weg.

My gedagtes skarrel en dwarrel met 'n verlammende hartseer wat my uitmekaar skeur.

Hy is presies nou 'n week weg. Die gemis is groot.

Hoe ek daarmee sal leef en weer voortgaan is vir my nog onbekend, alhoewel ek glo my Vader wat in die hemel is, versterk en dra my deur hierdie tydperk.

Eendag sal ek verseker kan terug kyk en sê: " Dankie Vader vir U genade en trou ! "

Jammer

Arendsnes ek is werklik jammer om dit te hoor...
Toe ek hierdie lees het alles in my sommer koud geword.
Niemand se woorde kan dinge vir jo beter maak nie,maar wees verseker jy is nie alleen nie...

Jy is in my gedagtes en gebede.

Jammer Arendsnes

So jammer om te hoor.Mag Liewe Jesus jou styf vashou in hierdie tyd en tye wat voorlê. Groete en baie sterkte!

Ek is jammer

Arendsnes toe ek hierdie gedeelte lees het alles in my geruk. Ek het met skok besef jy was baie stil die laaste ruk. Ek het nie gevra hoekom nie, maar vandag verstaan ek hoekom. Ek het nie woorde om jou te vertroos nie. Ek sal vir jou bid, dat God jou moet vashou en vertroos in die tydperk van rou. Dat Hy jou trane sal afdroog en dat jy in Hom vertroosting sal vind.

Ek dink aan jou en sal in kontak bly
jou vriend
Mcfarlan