Hoe stuur ek 'n woord of gesegde in vir Woordeboek?

As jy voel jy het 'n nuwe woord of gesegde wat in die Woeswoordeboek opgeneem moet word plaas jy die woord in die forum vir bespreking.
Jy gee die woord as die onderwerp se naam, en dan gee jy soveel moontlik inligting oor die woord.
Die inligting moet die volgende insluit:
Wat beteken die woord?
Hoe word hy gebruik? (Gee 'n sin of twee wat die woord bevat.)
Wat is sy Engelse woord?

Die woord is dan onder bespreking. Sodra die moderator voel dat die woord 'n bestaansreg het sal hy/sy die woord in die Woeswoordeboek opneem en die onderwerp sluit.

Volg die skakel:
Woeste Woordbesprekings