Hoekom vra Afrikaners nie vrae nie?

Wow! Hierdie is nogal oorweldingend. Ek wou nog altyd “blog” en het nou uiteindelik ‘n lekker platvorm gevind om te kan se wat ek wil se. Ek weet regtig nie wie my blogs gaan lees nie want ek lewer komentaar en praat baie oor die mens en sy psige, my psige ook. Maar kom ons kyk…

Oe ek is so opgewonde om hierrdie te deel met wie ookal dit gaan lees. My eerste “blog” handel oor die Afrikaner wat nie maklik vrae vra nie. En die observasie van die ervaring. Dat die algemene Afrikaner net aanvaar en laat gaan, maar wat van eerder die feite uit mekaar te trek en die psige te sien agter dit alles?

Ek is ‘n vryskut aktriese wat nou die afgelope 7 maande met skool kinders werk, deeltyds. En ek het so baie geleer van myself en die afrikaanse psige in die laaste tyd ek is nog oorweldig en probeer alles op hulle plek sit en persepektief te kry. Maar waar ek wil begin is ons Afrikaanse meisies en wat ons verwagtinge is. Ons praat nie maklik oor waar ons van daan kom of wat ons huislike omstadighede is. Ons baklei net, met mekaar en oor en kompenteer met mekaar. Daar is ‘n opgestelde lys van doen en nie doen in ons Afrikaner kultuur en dit wil vir my voorkom dat die onderdrukkig so geweldig is dat die impak nogsteeds daar is sy spore in ons “girls” los.
Ek bied drama aan na skool. En dis ‘n groot wit afrikaner skool,ek het 40 kinders uit 1100 kinders… ‘n hele male ander blog vir ‘n ander dag.
Maar wat ek so ernstig agter kom in die klasse is hoe meisies hulleself sien en hoe dit die ander beinvloed. Ek het ‘n groepie graad 11 girls. Hulle is bitterlik veneinig teenoor mekaar dat my mond soms oop hang en ek het die klasse begin gebruik as refleksie en die menswees te ondersoek met die hoop dat hulle in dit sal sien wat dit is wat hulle aan mekaar doen.

Daar is meisie ek sal haar ‘n skuil naam gee, Sara. Sara het groot geword sonder haar pa en sy is ‘n enkel kind. En ek kan die effekte daarvan so duidelik sien. Sy sou altyd die rolle aaneem van die van ‘n poppie of ‘n goedkoop meisie of die gevaarlike meisie. Ek was eers baie erg frustreerd daarmee maar later besef ek dis die karakter se prentjie in wat sy die gemaklikste is om te se wat sy sal wil se in die regte lewe. Haar ma is nie emosioneel beskikbaar om na haar te luister nie of leiding te gee nie. Sy het baie selfsugtig opgetree teenoor haar vriendinne en gevloek soos ‘n matroos, geniet die aandag van ouer seuns baie en sy het vreeslik met wereld baklei.
Ek het met ‘n onderwyser gepraat wat voltyds daar klas gee en al wat opmerking wat die onderwyser gemaak het is “dis groei pyne.” Ek was BRUSEND gewees, want die “groei pyne” het nodig om gereguleer te word sodat hierdie meisie die beste kan wees wat sy kan wees. En dat sy moet besef dat die dinge wat sy doen die verkeerde aandag trek. In haar het ek myself gesien. Ek het ook groot geword met die afwesigheid van ‘n pa en ek het ook baie vroeg myself groter gemaak as wat ek eintlik was as gevolg van ‘n leemte . Ek het my ontverm oor die kind en sy het dit agter gekom en as gevolg daarvan het sy so baie oop gemaak dat ek haar kon lees soos ‘n boek.
My missie was om haar te leer dat sy vir haarself kan gee wat sy so graag by ander soek. Want dit is waarna ek die meeste gehunker het, om net te hoor ek is die moeite werd. Die dag toe ek besef ek is die moeite werd het my oe oopgegaan en ek het minder begin baklei vir iemand om my raak te sien. Dar le soveel magic om vir ‘n kind te se “jy is die moeite werd” dit veroorsaak dat hulle die spieel kan terug draai en sien wat dit is wat hulle bydrae is tot hierdie wereld en duer dit sien hulle die waarde in hulle self en dan heg hulle nie hulleself so vas aan eksterne fasette nie. Dit was 3 maande wat ek daar was wat ek haar net toegelaat om haar mens te wees en te ondek waar sy staan met haarself. Toe op ‘n dag vra sy in ‘n improvisasie stuk vir een van die mede spelers “gaan ‘n men’s altyd so leeg voel” Ek het die improvisasie begin reguleer en vir die mede speller vrae gegee om vir Sara te vra. Sy het agter gekom dat sy het ‘n leemte binne haar wat nooit gevul sal word nie agevolg van die afwesigheid van haar pa en dat sy nooit gaan vertsaan hoe dit voel om werlik iemand te vertrou om daar te wees vir haar nie. En ek het dwars deur dit presies geweet waarvan sy praat en my hart het weefsels begin groei aan die kind. Ek het toe besef om dit in karakters te explore gaan nie verder werk nie ek het nodig om haar nou openlik te konfronteer as Sara oor die believe system wat sy het. Ek het na klas vir haar gevra om agter te bly en vir haar gevra mis sy haar pa. Sy het geantwoord en gese nee sy doen nie want sy weet nie wat dit is om een te he nie, so sy weet nie wat sy mis nie. Ek vra toe vir haar het sy baie kerels? En sy het gegiggel en gese ja. Die feit dat sy gegiggel het, het vir my gese dat sy dit geniet want dis al manier hoe sy die leemte kan vul van ‘n man wat vir haar vervulling bring en understanding van hoe dit voel om deur ‘n man geadmireer te word. Ek het toe vir haar uit een gesit dat sy sal nooit weet hoe dit voel om vaderlike liefde he nie en sy sal dit vir die res van haar lewe soek, al kom daar ‘n vriend oor haar pad gaan haar eerste vraag wees “is dit verhouding materiaal?” Want die onderskeid tussen vriend of boyfriend is onduidelik. En as sy vrede kan maak daarmee en haarself opbou as Sara en die beste vir haarslef doen sal sy nie so leeg voel nie.
Want sy bestee energie in ervaringe wat sy nie die vrugte van werp nie. Om in en uit in verhoudings te gaan , gaan nie reslutate lewer nie om te sien wat sy werd is nie. Om iets te kry buiten ouens om haar tyd mee te vul gaan haar soveel meer voller maak en dis iets wat sy beter mee kan word en wat sy die resultate van kan sien. Na daai dag het sy stadig begin om te praat oor kuns en hoe dit haar fasineer. Sy het kuns begin vat en die meest ongelooflikste paitings begin paint. Sy is ook nou ‘n ongelooflike aktriese.

Ek het een middag huis toe gery en begin huil in die kar en besef hoe broos ons meisies is, en veral Afrikaner meisies. Want die ding wat my die meeste gepla het is dat onderwysers en kinders in die skool so oor haar geskinder het en nooit het iemand gevra “is jy okay? Wil jy gesels?” Nee. Dit kom voor asof ons die maklikste weg vat om ‘n storie te skets van iemand en daaroor tea parties te he en dan gaan sit ons sondae in die kerk en bid vir daai ongenadiglike skets van daai persoon eerder as om te vra. Eerder as om ‘n hand of ‘n hart uit te leen.

Ek het ‘n stuk vir die groep geskryf wat hulle gaan perform wat presies hierdie onderwerp ondersoek. En dit is so lekker en bevredigend om te hoor wat hulle te se het en te sien hoe hulle oe oopgaan. Ek raak nog baie frustreerd met hulle acting metodes(haha) maar dis vir nou belangriker dat ek deel is van 1% om ‘n verskil te maak om hulle toe te laat om vrae te vra.