Meraai vannie baai: Homofone is woorde wat presies eenders klink, maar waarvan die betekenis en spelling verskil. Hierdie woorde sal ook nie maklik as spelfoute herken word deur 'n woordmeule/speltoetser nie.
Ingespan in versvorm, kan dit in vraestelle/oefeninge 'opgedis' word vir die jong leerling waar hulle dan die woorde moet vervang soos vereis word in die betrokke sinsgebruik. Hier is 'n voorbeeld:
Piet Skiet was 'n goeie skud
en as hy so end gaan rei
met die faal velt viets,
spring daar fier ryers
soos 'n peil uit 'n boog
in die vlaktes, langs die vly
Die biere aan die oorkant van die rand
se siviele ys in die hof, oor loot in 'n bout
het die regter met sy gestyfde boortjie,
spontaan laat skut van die lag.
Homofone gebruik:
Skut/skud
ent/end
rei/ry
vaal/faal
vier/fier
fiets/viets
peil/pyl
vlei/vly
biere/bure
rand/rant
ys/eis
boortjie/boordjie
loot/lood
bout/boud
ENGELSE VOORBEELD: Homophone Poetry
Meraai vannie baai:
Aisle try two doe this,
butt Meraai nose
and soon wood sea
eat ease knot just
won, too, free
and theirs yore poem
Rapt Inn Homophone.
©
*vir nog voorbeelde van woorde:
http://af.wikipedia.org/wiki/Homofoon
