Huis, paleis, pandok... hoenderhok?

Ek slaan my arms op na die wolke, asseblief laat dit reën in die dorre woestyn wat ek my dorp noem!

En dan is daar nog die trekkery...

Ja, ek kan nie glo dat 'n verhuising van 'n twee blok radius so tragies kan verloop soos dit hierdie naweek verloop het nie. Hel, ja ek is opgewonde oor my nuwe huis - maar gee my kans om dit te waardeer voor jy sak en pak vir 'n vakansie kom intrek en kuier, asseblief!

So toe sit ek daar met my sentiment-gevulde goedjies om my. Soos 'n verwarde kind tussen kersgeskenke gryp ek toe maar na die grootste en begin die bokse uitpak. Ironies hoe 'n 2m x 2m woonstel se inhoud nie in 'n 650m x 650m huis inpas nie (Verskoon asseblief my onvermoë om korrekte afmetings aan te dui... ek is wiskundig gestrem) Anyway, my punt bly staan - ek sit met al die crap wat perfek in 'n pandokkie in kon pas maar wat weier om vorm te vind in die kas van die paleis waar ek dit probeer inpas. Gevolg: Donner als in en hoop dit val nie uit as jy eendag waansinnig genoeg raak om aan jou gaste te verduidelik die spaarkamer se kas is oop as hulle dalk hulle klere daarin sou wou pak nie - Met die gevolg dat jy moontlik jou naam met 'n plank sal slaan as die klere in 'n helse hoop op jou neer tuimel en jy eerder daar wil bly om jou verder vernedering te spaar nie.

Boonop voel die spaarkamer soos 'n hoenderhok. Vol strooi en elkeen try sy eier lê oor waar wat moet gaan. Ek het al gevoel ek kan eerder vir die Bulls vs. Crusaders gaan skeidsregter speel as om diè affêre te staan en aanskou.

Sowaar verloor die bulls ook nog, wou sê daars fout met my judgement.

Morphine kills the pain, but death cures the cancer