Author Topic: My lekkerste vakansie ooit  (Read 1205 times)

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
My lekkerste vakansie ooit
« on: 03, May, 2013, 09:24:26 am »
Daar is niks lekkerder as 'n vakansie waarna mens vir lank uitgesien, beplan, bespaar het nie.

Kom ons deel bietjie met mekaar spesiale vakansies.

My lekkerste vakansie ooit wat so twee jaar gelede op die MSC Sinfonia.

Dit was nog altyd my hartsbegeerte om op 'n bootreis te gaan. Een soos die Titanic (seker die hoekom ek die fliek as seker 7 keer gekyk het), maar natuurlik sonder die rampspoedige einde.

Toe my kinders nog klein was, besluit manlief en ek om met ons 10de huweliksherdenking so 'n naweek-bootrit te doen. Ons het elke maand 'n geldjie weggesit, vroegtydig bespreek om die ekstra afslag te kry en met verwagting uitgesien na die paar dae alleen op 'n boot op die wye oop see.

Twee weke voordat ons sou vertrek, bel my man my eendag by die werk en se ek moet gou die nuus luister, die boot waarmee ons sou vaar, is besig om te brand op see.

Ek dog eers hy maak 'n grap, maar moes toe later tot my skok agterkom dit het werklik gebeur, en saam met die boot wat gebrand het, het ons droomvakansie ook in rook en as opgegaan.

Die agentskap het wel 'n ander boot beskikbaar gestel, of ons kon die geld wat ons reeds betaal het, in krediet daar laat le totdat ons besluit om te gaan.

Ek het dit maar as 'n teken gesien dat die tyd vir so 'n reis nie reg was nie, en van die geld het ons nooit weer iets gehoor nie, dit le seker nogsteeds daar, wonder soms hoeveel rente dit nou al verdien het :)

Toe, so twee jaar gelede, kry ons uiteindelik die kans om op 'n bootreis te gaan. My oudste dogter en haar man het besluit om op die boot te trou en sommer die bruilof 'n hele naweek saamkuier op die boot te maak.

Dit was toe als waaroor ek vir soveel jare gedroom het. Dit was werklik ons beste vakansie ooit, en die troue van was die hoogtepunt daarvan. Dit was so spesiaal en ons het as familie en beste vriende so lekker gekuier, soveel so dat ons besluit het om dit beslis weer te doen.

Nou spaar ons kliphard om, as die Here ons spaar, weer volgende jaar te gaan, hopelik vir my seun se troue ;)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4514
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #1 on: 04, May, 2013, 12:14:31 pm »
Lekker Driekie, baie lekkerrrrrr! Vearla as mens so lank en so hard spaar vir iets. Dis nog al die jare my begeerte. Ek wil met die trein Durban toe. Vandaar met die boot Kaap toe en dan terug vlieg Jhb. toe. Wie weet, eendag...

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #2 on: 04, May, 2013, 12:40:32 pm »
Jan, ek het geleer dat mens jou eie drome moet waar maak. As mens wag vir eendag, gaan niks gebeur nie. Besluit op 'n datum, en begin beplan. Op die ou einde val als mooi in plek en glo my die Here, wat ons so goed ken, laat alles net ten goede meewerk, en voorsien op die ou end in als.
Hy se mos, ons moet die begeertes van ons hart aan Hom bekend maak :)

Ek daag jou uit. Begin daai droomvakansie beplan en bespreek en laat als in Sy hande. Voordat julle regtig te oud is om dit werklik te geniet.

Mens leef net eenkeer en werk baie hard en verdien bietjie bederf :)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4514
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #3 on: 04, May, 2013, 12:58:07 pm »
Ek wil so graag daai uitdaging aanvaar. Probleem is Ouvrou se werk. Sy mag nie verlof neem wanneer hulle "stock taking" doen nie. Hulle hoor eers sowat 2 weke voor die tyd. Dus kan ons nie werklik iets vooruit beplan of bespreek nie. Maar dis nie die einde van die wereld nie. Oor twee jaar tree sy af. Afgesien van al haar pyne, kwale en skete is ons altwee nog lekker jonk van gees. Dalk moet ek solank begin beplan vir so -iets om haar aftrede te vier.

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #4 on: 05, May, 2013, 11:13:52 am »
Baie goeie plan, twee jaar gaan gou verby, en dit gee jou genoeg tyd vir spaar en beplan :). Sy gaan dink jy is die beste man ooit :)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4514
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #5 on: 05, May, 2013, 11:39:14 am »
Ek hoor jou. Probleem is ons wil bitter graag op Albertinia gaan aftree. Dan sal dit hier verkoop en daar weer gaan koop, wees. Indien ons dit wel doen, sal ek haar maar op 'n boottrip om Robbe-eiland, daar by Mosselbaai neem!! :smileinbox:

Offline Elvina

  • SON
  • Posts: 2847
  • Kyk boontoe en vorentoe.
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #6 on: 05, May, 2013, 12:22:08 pm »
Stem saam Driekie dat 'n bootreis net die appel vir Sannie sal wees.  Geen bekommernis en net die natuur om jou.
Werk asof jy hondred jaar gaan word, bid asof jy more sal sterwe.
~ Benjamin Franklin

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #7 on: 06, May, 2013, 04:06:08 pm »
Dalk moet ons 'n Woes -bootrein leer sodat ons al die Woesters kan ontmoet en lekker woes saam kan kuier vir 3 dae terwyl ons oor die oseane vaar, dink net hoeveel gedigte en skryfwerk gaan daaruit voortspruit :)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4514
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #8 on: 06, May, 2013, 06:14:28 pm »
Vergeet van gedigte en skryfwerk. Dink julle daar sal iets van die boot oorbly met ons klomp Woesers daar op??

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #9 on: 07, May, 2013, 07:15:00 am »
Natuurlik, Jan, ons is mos ordentlike goed opgevoede mense, of nie ;)

Offline Elvina

  • SON
  • Posts: 2847
  • Kyk boontoe en vorentoe.
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #10 on: 07, May, 2013, 06:12:09 pm »
Het ek ook gedog.
Werk asof jy hondred jaar gaan word, bid asof jy more sal sterwe.
~ Benjamin Franklin

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4514
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #11 on: 07, May, 2013, 09:05:36 pm »
Opgevoede mense kan ook soms uithaak!!

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #12 on: 08, May, 2013, 06:03:18 am »
Waar ja, maar sekerlik darm tussen perke :) Die boot moet darem nog heel wees om ons terug te bring land toe hehe

Offline Elvina

  • SON
  • Posts: 2847
  • Kyk boontoe en vorentoe.
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #13 on: 08, May, 2013, 07:41:03 am »
Ek kan hoeka nie swem nie so kanoe is die een ding.
Werk asof jy hondred jaar gaan word, bid asof jy more sal sterwe.
~ Benjamin Franklin

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4514
Re: My lekkerste vakansie ooit
« Reply #14 on: 09, May, 2013, 09:12:17 pm »
Sorg net dat jy 'n lewensgordel het Elvina. Moenie worry nie, Driekie, die boot sal heel bly.Vader Jan sal daar wees om toe te sien dat alles ordelik en ordentlik verloop!!