Author Topic: GESONDE EETGEWOONTES  (Read 7103 times)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4196
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #195 on: 05, August, 2013, 09:34:33 pm »
Wat ek Sondag gesien het lyk baie baie goed!! Vat die soetgoed stap vir stap. Elke dag bietjie minder. Gelydelik raak jy gewoond daar aan. Ek wil nou begin om gelydelik minder en minder suiker in  my koffie te gebruik. MAAR my koeksisters gee ek vir niks prys nie!!

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #196 on: 08, August, 2013, 06:30:21 am »
Dankie, Jan, jy gee my sommer weer moed. Ek probeer regtig baie hard om minder soet in te kry, wil regtig volgende week myself dwing om elke oggend 'n ent met die hond te gaan stap :)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4196
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #197 on: 08, August, 2013, 07:43:17 pm »
Ek het vandag sommer net laat los. Ons het niks gedoen by die werk nie en toe gooi ons almal iets in die pot en gaan koop 'n berg slap tjips en brood, plus 'n potjie van die sterkste sterk rissiesous. Ek het behoorlik oorboord gegaan. Maar ai, was dit lekkerrrrrrr!! Die naweek gaan onsna skoonsus op Vierfontein en sy het laat weet Sondag is daar skaapboud, braai aartappels en alles wat soet en lekker is!! Sal maar weer volgende week suffer!
Driekie, jy sal ernstig moet oorweeg om jou foto op Woes te vervang met 'n nuwe een. Daar is kilogramme verskil tussen die foto en soos wat jy nou lyk.

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #198 on: 10, August, 2013, 02:26:54 pm »
hehe, haai Jan, hoe goed laat jy my nou voel :) ek het self ook besluit om van Maandag af weer by Curves te gaan aansluit en myself te dwing om elke dag te oefen. Ek kom nie by stap uit nie, maar gaan myself nou dwing om elke oggend vir 'n halfuur te gaan oefen.
Sal eendag 'n nuwe foto op woes sit as ek die geleentheid kry om een te laat neem :)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4196
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #199 on: 10, August, 2013, 03:51:15 pm »
Ek is verskriklik lief vir oefening. Veral om te kyk hoe ander dit doen. :blob1:

Offline Elvina

  • SON
  • Posts: 2847
  • Kyk boontoe en vorentoe.
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #200 on: 11, August, 2013, 11:09:42 am »
Ja Jan ja en nee dit verveel my ook gladnie om te kyk daarna nie.
Werk asof jy hondred jaar gaan word, bid asof jy more sal sterwe.
~ Benjamin Franklin

Offline Ano

  • MERCURIUS
  • Posts: 1830
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #201 on: 11, August, 2013, 03:59:30 pm »
Skop die blok onder die bed in wanneer jy klaar is.
People talk all the time, but rarely seem to hear each other's words - let alone their unspoken messages.

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4196
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #202 on: 11, August, 2013, 08:42:26 pm »
Ek het natuurlik hierdie naweek alles oorboord gegooi. Skoonsus het ons behoorlik gevoer met al haar tuisgemaakte konfyte, chutnys, ingelegde vrugte, self gebakte koekies en beskuite. Dan haar braaiboud, braai aartappels, soetwortels en heerlike poeding vanmiddag. Op pad terug gou by ons dogter aan gegaan. Daar MOES ons saam met die kleintjies poeding eet.
TOE MY DOODSTEEK!!!  My pakkie van Ans het aangekom. Mense, as julle eers daai salami geproe het kan jy nie weer ophou eet nie!! Die kabanoisies kom more aand aan die beurt. Die beesstert sal maar eers bietjie moet wag. Na l hierdie vreterasie van die naweek sal ek beslis om die blok moet hardloop!!

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #203 on: 12, August, 2013, 10:25:21 am »
Ek het daad by woord gevoeg en vanoggend by Curves gaan aansluit :) Daardie eerste tree geneem na oefening, minder eet en gesond lewe en oudword :)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4196
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #204 on: 12, August, 2013, 07:40:22 pm »
Dawerende applous vir jou!!! Ek het 'n kg opgetel die naweek, maar dit was oor en oor die lekker eet werd. Nou werk ek weer om dit af te kry. Is egter steeds onder my teiken gewig. Nou toets ek my selfbeheersing deur net te kyk na Ans se heerlike salami en kabanoisies in die yskas!!

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #205 on: 13, August, 2013, 01:39:37 pm »
Hehe, ek gaan vanaand myne haal, kan nie wag om te proe nie.

Ek het ook gister 'n baie belangrike besluit gemaak.

Ek is klaar met dieete, van watter soort ookal. Ek was omtrent my hele lewe op dieet, het altyd die een of ander dieet probeer, my vir maande van sekere goed ontse en dan weer weg geval en in oordaad opgemaak vir die maande se onthouding. Op die manier het ek omtrent wipplank gery, my gesondheid geknou en was ek nooit werklik maer nie, nog altyd mollig.

Nou gaan ek nie meer 'n slaaf van eet wees nie. Ek gaan my nie meer laat beheer deur ander se reels oor wanneer ek wat moet eet nie, wat ek mag en wat ek nie mag eet nie. Ek het dit nou 'n saak van gebed gemaak en die here gevra om my vry hiervan te maak.

Ek gaan vir die eerste keer in my lewe alles wat waarvoor ek lus is, wanneer ek honger is. Met ander woorde en gaan myself gun om normaal, maar gesond en binne perke te eet. my niks ontse nie en probeer gesonde keuses maak, en dan elke dag oefen.

Kos gaan nie meer my baas wees nie. Soos jy Sondag gese het Jan, jy eet net wanneer jy honger is. Ek dink dis die antwoord. Ek gaan begin luister na my liggaam en hom voed soos en wanneer hy dit nodig het.


Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4196
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #206 on: 13, August, 2013, 07:50:09 pm »
Groot applous vir jou Driekie!!!! Laat ander maak soos hulle wil, en jy maak soos wat jy gelukkig voel. Ons het 'n vriendin wat die skaal hier by die 160 kg trek. Sy eet wat sy wil, wanneer sy wil en is dood gelukkig. 'n Vriendeliker en meer behulpsame mens soos sy kry jy nie maklik nie. Sy is groot, tog eet sy nie uitermate baie nie.

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #207 on: 15, August, 2013, 04:36:15 am »
Ek glo die gereelde oefening gaan sommer gou gou die vetjies laat wegsmelt :) ek was maar redelik onaktief die laaste paar jaar, sit heeldag voor my rekenaar en staan net op om koffie te maak.
Ek het besluit om elke oggend te begin met 'n beker kookwater met heuning en suurlemoensap, het 3 uur vanoggend my eerste beker gedrink, maar nou is ek baie lus vir 'n lekker stomende koppie koffie :)

Offline Susan Leeuwner

  • JUPITER
  • Posts: 335
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #208 on: 15, August, 2013, 09:39:54 pm »
Ons eet redelik gesond in ons huis en seker maar baie ongesond ook.  Een goue reel is moet nie 'n wortel gaan eet as jy lus het vir 'n stuk sjokelade koek nie.  Later vergryp jy jou aan sjokeladekoek en wortel begin jou te walg.  Eet waarvoor jy lus het.  Ek eet net 'n wortel of blaarslaai as my liggaam vir my sÍ hy is nou lus vir dit.

Ek het bg gelees in in so rooi boek by die bib.  "dieete werk nie" en ek het begin eet waarvoor ek lus is en sowaar al amper 5 kg verloor in so drie maande se tyd.  Nie eens minder of meer gesond begin eet nie.  Ek het wel agtergekom as ek lus is vir 'n tjoklit en dit wel eet ek nie weer more en oormore lus was daarvoor nie.

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
Re: GESONDE EETGEWOONTES
« Reply #209 on: 17, August, 2013, 11:34:21 am »
Dankie Susan, dis soos ek ook nou begin dink. Ek is klaar met diete :)
Het die Here gevra om my vry te maak van dieet en die houvas wat kos op my het :)
Mens word van jongs af geprogrameer om op sekere tye, sekere kosse te eet in plaas daarvan om net na jou liggaam te luister.
Al hierdie reels en regulasies maak dat ons verslaaf raak aan dit wat ons nie< volgens die dieete > mag eet nie, vandaar die wipplank in ons gewig.
Ek gaan nou net gesond eet, eet waarvoor ek lus is, wanneer ek daarvoor lus is, en oefen elke oggend :)