Author Topic: WAT LEER ONS?  (Read 393 times)

Offline Driekie Grobler

  • VENUS
  • Posts: 1202
WAT LEER ONS?
« on: 20, May, 2013, 07:29:35 am »
WAT KINDERS GELEER HET:

1. Wanneer jou Ma kwaad is vir jou Pa, moenie dat sy jou hare kam nie.
2. As jou suster jou slaan, moenie terug slaan nie, hulle vang altyd
die tweede persoon.
3. Jy kan nie honde vertrou om jou kos op te pas nie.
4. Moenie nies terwyl iemand jou hare sny nie.
5. Jy kan nie 'n stukkie blomkool in jou glas melk wegsteek nie.
6. Die beste plek wanneer jy hartseer is, is op Ouma of Oupa se skoot.
7. Maak nie saak hoe jy die koeldrank meet nie, maar jou broer het
altyd meer koeldrank as jy.
8. As daar lekker nagereg is moenie laaste by die bak uitkom nie.
9. Lekkergoed is geneig om jou eetlus weg te neem en jou boude te laat brand.
10. Honde en katte hou ook nie van ertjies nie.

WAT VOLWASSENES GELEER HET:

1. Om 'n tiener groot te maak is
 soos om jellie aan 'n boom vas te kap met 'n spyker.
2. Jou ouers was reg toe hulle altyd ges het, "Wag maar, jy sal
verstaan as jy die dag kinders het."
3. Middeljare is wanneer jy jou ontbytgraan kies vir die vesel en nie
die plesier nie.
4. Jy kry jou kinders uit die huis maar nie uit jou sak nie.
5. Geduld is toe nie net 'n woord nie, dis inspanning.
6. Kinders grootmaak is nie vir sussies nie.
7. Selektiewe doofheid is nie 'n fisiologiese gebrek nie maar 'n
verdedigings-meganisme.
8. Mens wonder hoekom jou kinders jou ander helfte se humeur en geite gerf het.
9. Tieners beskryf die ouderdom tussen tien en geduld.
10. Ouers word "dommer" met elke generasie.

WAT DIE OUDERDOM ONS LEER:

1. Om oud te word, is verpligtend, om groot te word, is opsioneel.
2. Vergeet die gesondheidskosse, ek het al die preserveer middels
nodig wat ek kan inkry !
3. Wanneer jy val, wonder jy wat jy nog alles kan doen terwyl
 jy daar onder l, sodat dit minstens die moeite werd was.
4. Jy weet jy word ouer wanneer 'n skommelstoel jou dieselfde sensasie
verskaf as wat 'n "roller coaster" gedoen het jare gelede.
5. Dit is frustrerend wanneer jy al die antwoorde ken maar niemand
doen die moeite om jou te vra nie.
6. Tyd mag miskien 'n wonderlike geneser wees maar dis 'n patetiese
skoonheidskundige.
7. Wysheid is veronderstel om te kom met die grysheid, maar somtyds
kom net die grysheid.
8. Jou sig verbeter met die ouderdom want jy hou die boek al verder
weg van jou o af.
9. Die enigste een wat jou gereeld wil sien is jou dokter.
10. Plooie maak nie seer nie.


 

Ano

  • Guest
Re: WAT LEER ONS?
« Reply #1 on: 20, May, 2013, 11:35:15 am »
 :thumbsup:

Offline Elvina

  • SON
  • Posts: 2847
  • Kyk boontoe en vorentoe.
Re: WAT LEER ONS?
« Reply #2 on: 20, May, 2013, 11:53:03 am »
Ek vereenselwig my met heelparty van bogenoemde.
Werk asof jy hondred jaar gaan word, bid asof jy more sal sterwe.
~ Benjamin Franklin

Ano

  • Guest
Re: WAT LEER ONS?
« Reply #3 on: 20, May, 2013, 05:25:38 pm »
Mmm, ek het eendag so 'n aap gevoel! Ek wag in Clicks terwyl my dogter haar inkopies doen en raak aan die speel met die brille - toe ontdek ek kan skielik die kleinste skrif ook lees...blah! Skielik was my lang arms nie meer so belangrik nie.

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4620
Re: WAT LEER ONS?
« Reply #4 on: 20, May, 2013, 07:40:10 pm »
Is ek nou oud, want heelparty is op my van toepassing. :icon_scratch: