Author Topic: LEKKERSTE LEKKER MELKTERT  (Read 181 times)

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4514
LEKKERSTE LEKKER MELKTERT
« on: 24, December, 2013, 02:35:27 pm »
MELKTERT

2 Pakkies Tennisbeskuitjies
1 L melk
k. suiker
1 eier
1 blikkie kondensmelk
2 t. Maiziena
bietjie sout
1 hoogvol t. vlapoeier

Maak pasta van vlapoeier, Maiziena, suiker en eier
Bring melk stadig tot kookpunt
Gooi kondensmelk by
Gooi die vla-pasta stadig by en roer gedurig
Kook vir 'n paar minute
Spuit 'n bak/pan met Spray n Cook
Plaas 'n enkel laag Tennisbeskuitjies op bodem van bak/pan
Gooi helfte van gekookte melkmengsel oor beskuitjies
Pak nog 'n laag beskuitjies en gooi res van melkmengsel oor
Strooi kaneel en gekrummelde beskuitjies oor.
Laat baie goed afkoel voor eet.

Offline Jan

  • SON
  • Posts: 4514
Re: LEKKERSTE LEKKER MELKTERT
« Reply #1 on: 25, December, 2013, 09:26:07 pm »
Nou vra ek nie of ek mag spog nie. Ek gaan spog. Opdie ingewing van die oomblik maak ek gister hierdie tert om vandag saam te neem na daar waar ons die Kersdag gaan deurbring het. Heerlik verby! Almal wil net hierdie heerlike resep by Ouvrou kry, tot sy vir hulle vertel dat hulle maar vir my moet vra. Hulle kon nie glo dat 'n man so 'n lekker tert kan maak nie.