Meraai vannie baai: 'n Groot uitdaging vir die skrywers om uit die beskikbare lys van die gekose kunstenaar(s) se titels van liedjies, dit so te rangskik (sonder om enige woorde by te voeg), sodat die eindproduk soos 'n gedig kan lees.
Dit is makliker om net twee of drie versies te skep, die uitdaging is om te sien hoeveel van die titels jy wel kan inspan ondermekaar.
Omdat daar nie reëls is in die oefening - behalwe dat daar nie ander woorde by die titels gevoeg mag word nie, kan die skrywer die titels rangskik/hergebruik na eie keuse.
Hierdie kan ook 'n lekker spanpoging word waar elke digter slegs een vers saamstel uit die lys van titels of die skrywers 'n ander struktuur se samestelling volg.
IN MY VOORBEELD HET EK SOVEEL AS MOONTLIK VAN DIE TITELS PROBEER INSPAN AS SKRYFOEFENING)
Somber deuntjie
Onthou jy nog
Droomswendelaar
Op die pad na Nooitgedacht
Onder die Suiderkruis
Nagkonsert -
Om deur te breek
Nes ek wil
Woorde
Miskien Karien
As jy my kon volg
Môreliedjie -
Sprokie vir 'n stadskind
Eendag eendag
As almal ver is;
Vier horisonne
Tien duisend jaar
Huistoe-pad
Nokturne
Teen skemer;
Skadus teen die muur
Middernag trein
Spore op die maan
Nagwag
Waar is die seer?
Stemme in die more
Die somer is verby
Tyd vir aanstryk
Ek sê ek groet
Groet sonder woorde
Skielik is jy vry
Splinterruit -
Najaarsdroom!
*Die skrywers kan ook speel met ander digvorme. Met die volgende gedig het ek die Sijo struktuur wat tradisioneel uit drie reëls en voorgestelde lettergreep-telling van 14 - 16 per reël bestaan, omskep in 'n moderne weergawe en die lettergrepe aangepas na 17 -18 per reël.
Onthou jy nog / Droomswendelaar // vier horisonne / tien duisend jaar
Sprokie vir 'n stadskind / huistoe-pad // nes ek wil / spore op die maan
Miskien Karien / as jy my kon volg // as almal ver is / eendag eendag ...
*Met die skep van hierdie gedigte het ek slegs van die titels van Koos du Plessis se liedjies geleen vir die kreatiewe skryfoefening
http://www.koosduplessis.co.za/liedjies.htm
IN DIE VOLGENDE GEDIG HET PIET MAGRIET UIT DIESELFDE LYS VAN TITELS HIERDIE PRAGSKEPPING DIE LIG LAAT SIEN:
Piet Magriet:
Skimme
Ek sê ek groet
Groet sonder woorde
Die somer is verby
Hier’s ons almal tesaam
Swerwers
Kinders van die wind
Coert Steynberg
Dick King
Irma
Herman
Karla
Jantjie van die berge
Mornay
Kinders van die wind
Onthou jy nog
Op die pad na Nooitgedacht
Skimme
Skadus teen die muur
Somber deuntjie
Sprokie vir ‘n stadskind
Skielik is jy vry
Kinders van die wind
Waar is die hartseer
Tyd vir aanstryk.
JOHANNA HET VERSKEIE KUNSTENAARS SE TITELS GENEEM VIR HAAR SKEPPING:
Hartklop
As jy vra
liefling
bly getrou aan my.
fluister ek
jakkalsdraf
poetoepap
my hart klop net vir jou.
*Bronne:
Hartklop (Die klavier skatkis deur Piet van Heerden.)
As jy vra (Arno Carsten)
liefling (Afrikaanse treffers gaan Klassiek)
bly getrou aan my (Mel Botes)
fluister ek (Boet en sus) Die Briels
jakkelsdraf (Die klavier skatkis deur Piet van Heerden.)
poetoepap (Die klavier skatkis deur Piet van Heerden.)
My hart klop net vir jou (Anita Briel)
Adelhaide:
Liefling
Ek lewe
Ek weet jy vlieg
Loslappie
Staan net 'n bietjie stil
Ou ryperd
Jaloersbokkie
Dink jy darem nog aan my
Hier is my hart
Ek dink aan jou
Hou vas jou matras
Ou maat
Daar is niks soos ware liefde
Bly getrou aan my
Winde van verandering
Dis verby
