Kringloop van die lewe.

N a soveel jare kan ek nie glo dat ek my so geheel en al misgis het nie. Ek glo mos mense het meer meer goed as kwaad in hulle, dus het ek gewoonlik verby laasgenoemnde gekyk , die kwaad.

Maar wat ‘n ontnugtering, daar lê my siel in duisend skerwe voor my en ek weet nie waar op te begin optel nie. Ek tel tien stukkies sorgvuldig op, maar nie een pas nie.

Laat ek liewers vanvooraf begin, want hierdie verhaal begin einlik baie ver in die verlede, so ver as 1975 Januarie.

Dit was ‘n rustige middag net so na nuwe jaar, om presies te wees die 4de Januarie 1975. Die somerson het warm in my klein leefvertrekkie geskyn. Ek was alleen die Saterdagmiddag, wou net gaan klere was toe my telefoon skril begin lui het. “Nou wie sou hierdie tyd bel ? “ het ek so by myself gedink terwyl ek stap om dit te beantwoord.

Dit was Mary van die Kaap, sy woon nou hier in Windhoek en wil weet of ek nie saam met hulle wil gaan braai nie.Omdat ek daardie tyd vrek bang was om saans in ‘n motor te ry na ‘n tweede motorongeluk waarin ek ‘n passasier was, het ek baie gehuiwerig. “Wat en waar wil julle gaan braai?” vra ek redelik skugter. “ Dis nie so ver van my blyplek af nie en sy sal sorg dat ek veilig terugkom”. “ Wie gaan almal saam?” vra ek, want ek het nie haar vriende kring geken nie.

So ‘n paar vriendinne en hulle ouens, maar daar is een ou wat ‘n oujongkêrel is en sy het gewonder of ek nie sy maat vir die aand sal wees nie. Weereens daardie twyfel, maar tog laat ek my ompraat. Nou ja een aand sou tog nie skade doen nie, maar dis net daar waar ek werrklik die grootste fout in my lewe gemaak het, sodat ek nogsteeds vandag die wrange vrugte daarvan pluk.

Ek het my self gou in die spieël beloer, my lang blonde hare geborsel en iets gemaklik aangetrek want hulle gaan braai by die droë rivierloop. Dit gaan maar ‘n bietjie sanderig wees, daarom trek ek net ‘n langbroek en bodyshirt ( ‘n rooi een, daai wat onder vas maak.) aan met sandale, geen grimering nie want jy sweet dit binne 15 minute af.

Sy kom haal my so vieruur die middag en ons gaan toe eers na haar woonstel waar die vriende gewag het. ... word vervolg.